Tuesday, 01 July 2014 13:40

Schoemans Ca Newsletter July 2014

Entrepreneurs: Help SAICA and Government Help You!

  • What is to be done? SAICA 
  • What is to be done? Government 
  • Good omens
Published in Besigheid
Tuesday, 01 July 2014 13:39

Schoemans Ca Newsletter June 2014

Are You a Target for SARS' Verification and Audit Process?

  • SARS has substantially escalated the verification and audit process
  • Be warned: The rules have changed
  • What "triggers" the verification process?
  • Factors that may trigger an audit   
Published in Besigheid
Tuesday, 01 July 2014 13:34

Schoemans Ca Newsletter May 2014

Your eBooks and Music: More Expensive on 1 June!

  • Is it a new tax?
  • What services are taxable?
  • How will the VAT be collected?  
Published in Besigheid
Wednesday, 02 April 2014 10:44

Schoemans Ca Newsletter April 2014

Risk Management - A Vital Part of Your Business

  • How to respond
  • Where to start?

Franchise Agreement Renewal: A Hidden Time Bomb

  • What is the catch?
  • What it means

VAT Refunds: How the New System Works

  • How does it work?
  • What to do

 

Internet 101: Online Shopping in South Africa - There’s Opportunity Out There

  • Other factors
  • Take the opportunity
  • Time and cost 

 

And a Tax Snippet: Escalating Queries with SARS

Your Tax Deadlines For April

Read the complete newsletter

Published in Besigheid
Thursday, 22 August 2013 09:16

Schoemans Ca Newsletter August 2013

It's Tax Season Again: Must You Submit a Return This Year?

  • Individuals who must submit a return
  • Companies, Close Corporations (CCs), Trusts and Juristic Persons who must submit a return
  • When must you submit your return?

The Auditors' Report - What's It Based On and Does It Reduce My Liability?

  • What is the audit report based on?
  • What does your auditor do?
  • What is the opinion on?
  • As a business owner does this reduce my liability?

Employers: What Do The New Remuneration Thresholds Mean To You?

  • What are the protections?

Retirement 101: How the Taxman Assists You With Your Retirement

  • How the tax treatment of contributions made by employer and employee varies by different fund
  • Taxation of withdrawals

Your Tax Deadlines For August

Read the complete newsletter

Published in Besigheid
Thursday, 22 August 2013 08:33

SBN Septermber 2013

Beste Besigheids Netwerk Vriende

Hiermee die uitnodiging na ons volgende SBN byeenkoms.

Ons tema rondom die uitbreiding van mens se finansiële skerpheid is juis gekies omdat so baie mense dalk die afgelope jaar of wat 'seergekry' het agv 'Fly by night' en Get-quick-rich schemes. Dit het verseker tot gevolg gehad dat baie van ons skepties geword het en amper te bang is om nog steeds kreatief en innoverend met ons geld te werk te gaan.

Ons moet ook weet waar en by wie ons raad en hulp moet gaan vra om ons finansiële portefuelje te beplan. Verder moet ons besef dat daar deesdae nuwe benaderings is tot die uitbreiding van welvaart. En tog moet ons ook weet hoe om bedag te wees op hoe om die genoemde slenterslae en boewery waarmee ons al meer en meer gekonfronteer word, te omseil.

Ek haal graag vir Robert Kiyosaki aan: "Money does not make you rich"

Lots of people think that money is what makes a person rich. But as he explains, "Money, is simply a by-product of your financial IQ. The solution lies in that we need to get smarter with our money. Kiyosaki maintains that those with a high financial IQ are those who invest in a strong financial education to increase their financial knowledge.

If you are ready to hear more about increasing your financial agility make sure that you attend our next SBN meeting on the 11th of September at Janno's, De Bron Centre.

Our guest speaker, Dr Francois Engelbrecht is going to address us about this very important matter. See attached invitation.

Until the 11th of September!

Kind regards
Nora and Rudolf

Published in Besigheid
Wednesday, 07 August 2013 12:06

Jannie Mouton deel sy kennis by die SBN

Jannie Mouton het vanoggend 7 Augustus die Swartland Besigheids Netwerk (SBN) kom toespreek oor sy lewe en wat mens kan doen as jy jouself in dieselfde bootjie bevind as wat hy was toe hy afgedank was deur sy vennote.

So wat maak mens as jy afgedank word? Die eerste en belangrikste ding wat jy moet doen, is om elke oggend op te staan, te stort en vir jou aantrek. Rig vir jou êrens ’n kantoor in waarna jy kan gaan al is dit in jou eie huis.

Tweedens moet jy vir jou ’n klankbord kry met wie jy kan gesels oor jou situasie en die planne wat jy kan maak. In Jannie se geval was dit sy vrou met wie hy gesels het. Evalueer en formuleer jou situasie.

Verder sê hy moet jy lees. Lees soveel jy kan. Lees boeke oor suksesvolle mense en geen negatiewe boeke nie. Terwyl jy lees moet jy neerskryf wat die mense in hulle boeke vir jou leer en opsommings maak daaroor. Jy moet swot om suksesvol te wees en wat jy kan doen om uit jou situasie uit te kom. Jy het mos nou tyd daarvoor!

Maak ’n lys van jou sterk en swak punte sodat jy jouself kan verstaan. Dit sal jou help om na die regte geleenthede te kyk wat beskikbaar is en wat vir jou sal werk. Dalk is jou sterk punte anders as wat jy in jou vorige werk gebruik het.

Werk vir jou ’n toekomsplan uit en skryf dit neer. Dink aan jou droom en skryf dit neer. Wanneer mens iets neerskryf, al is dit ’n droom, begin dit ’n werklikheid te word wanneer jy dit op papier sien.

Omring jou met kennis volle mense. Dit mag moeilik wees as jy by die huis is en nie werk het nie, maar ek dink dit val terug by die punt van lees. So as jy jou nie kan omring met die mense nie, kan jy nog steeds jou omring deur hulle boeke te lees.

Sodra jy weet wat jy wil doen, moet jy dit dadelik implementeer en nie wag nie. Praat met die mense rondom jou oor jou planne. Gesels met jou familie daaroor en kry hulle aan boord want jy moet jou produk of diens kan verkoop. Inspireer mense om te glo in jou en jou nuwe rigting.

Begin vandag en moet nie wag nie.

Verder het Jannie ook so paar goed gesê vir besighede en wat hulle kan doen om te groei. Kliënte is jou besigheid, sonder kliënte het jy nie ’n besigheid nie. Stel belang in jou kliënte en kommunikeer opreg met hulle en maak hulle gelukkig.

Vertrou goeie werknemers en plaas hulle in posisies waar hulle jou kan help groei deur vir hulle vryheid te gee om ’n bydra te maak.

Suksesvolle besighede is nooit ’n las op die gemeenskap. Ploeg terug en betaal jou belasting.

Daar is baie geleenthede waar ons nie normaalweg kyk nie. Kyk in die swart gemeenskap en in townships en jy sal verbaas wees wat jy kan leer as besigheid en oor jouself.

In moeilike tye is daar altyd geleenthede. Soek die geleenthede en kyk uit daarvoor. Afrika het nog baie potensiaal om te groei maar die risiko is hoog, so beplan net mooi.

In slotsom wat ek vir myself gekry het in sy geselsie is om leer, te lees, te beplan en als neer te skryf. Dit is die eerste stap om jou droom te verwesenlik.

Published in Besigheid
Friday, 26 July 2013 09:47

Schoemans Ca Newsletter July 2013

Hard Labour Needed at The Department of Labour

  • Where did it begin?  The discounts and the amnesty
  • What happened?  An “offer you can’t refuse”

Employers: The Polygraph – How Much Reliance Can You Place On It?

  • The risks of getting this wrong are high!
  • The bottom line

Finance 101:  Retirement Part 2 – Do You Have Enough To Retire On?

  • How much do you need to retire?
  • The retirement calculation
  • Your ideal Retirement Adequacy Ratio

Tax Corner

Read the complete newsletter on http://www.schoemans.co.za/newsletters 

Published in Besigheid

Om sukses te behaal is wel vir ons almal moontlik. Die geheim lê daarin dat ons bereid moet wees om sekere veranderings (soms dramaties) moet maak om regtig effektief te wees.

Ek en jy moet egter presies weet WATTER DOELWITTE ONS WIL BEREIK en dan ons gedrag radikaal daarby aanpas en die volgende vier stappe volg (dit vorm die basis van alle suksesvolle prestasie).

1. WEET PRESIES WAT JY WIL Hê – met ander woorde, watter uitkoms wil jy bereik. Meeste van ons weet gewoonlik wat ons baie graag wil hê. Suksesvolle mense weet presies wat hulle wil hê. Dit is die uitkoms wat jy wil bereik, maar dit moet 'n werklikheid gemaak word.

Om dit reg te kry, moet jou doelwitte beantwoord aan die volgende kriteria: AKRONIEM = PSBK HEWE

  1. Positiewe stelling (jou brein kan nie negatiewe stellings verstaan nie- bv. 'ek wil nie vet wees nie' – jou brein verstaan 'ek wil vet wees'.
  2. Selfgedrewe, doen jy dit vir jouself, nie vir iemand anders nie. Is dit iets wat ek kan doen, is dit moontlik? Kan ek verantwoordelikheid neem vir my proses?
  3. Bewyse (Evidence) – hoe sal ek weet dat ek my doel bereik het? 15kg. ligter, spaar R1000 per maand, oefen drie keer per week, ens.
  4. Konteks –(context) Waar en wanneer en hoe en met of saam met wie wil jy dit bereik?
  5. Hulpbronne – (Resources): Watter hulpbronne het ek tot my beskikking? Vaardighede, toerusting, mense se ondersteuning,geld, emosionele vaardighede, ens.
  6. Waarde: Is dit goed vir my en my lewe? (wat kan ek verloor of baat indien ek slaag of nie slaag nie? Wat sal gebeur indien ek, indien ek nie my doel bereik nie?
  7. Eerste Stap. Wat is die heel eerste stap wat ek moet volg om my uitkoms te bereik.

2. NEEM AKSIE – Suksesvolle mense tree op, doen iets. Ander droom en wens, maar doen niks daaromtrent nie. Aksie en nie geluk of toeval help mens om dit wat jy baie graag wil hê te bereik. Die geheim is om so gou moontlik te begin. Sodra jy aan die gang is, word dit die momentum wat jou help vorentoe dryf om die verwagte uitkoms te bereik.

3. LET OP DIE RESULTATE WAT JY KRY – Gee noukeurig aandag en kyk gedurig of jy steeds op koers is en oppad is om die uitkoms te bereik wat jy vir jouself gestel het. Gee vir jouself gedurig 'terugvoer' met betrekking tot die proses – en vra jouself waar moet daar aanpassings gemaak moet word en wat moet jy nou doen om bv. op koers te bly.

Hiervoor moet jy jou sintuie inspan – Gebruik jou verbeelding en sien jouself in jou nuwe begeerde lyf, hoor hoe jy sal klink as 'n maerder persoon, voel hoe jy sal voel en dink hoe jy sal optree in jou nuwe gedaante. Hoe dink jy ander mense sal na jou kyk, hoe praat hul met jou, hoe beoordeel hulle jou? Hoe sal jy oor jouself voel? (Hierdie is 'n baie kragtige manier om jou te help om doelwitte te bereik)

4. AS IETS NIE WERK NIE, VERANDER JOU GEDRAG TOTDAT JY KRY WAT JY WIL Hê. Jul ken almal die spreuk wat sê, "If you do what you've always done, you'll get what you've always got".

Dit is dus voor die handliggend dat jy vir jouself meer OPSIES moet skep om jou kanse op sukses te verhoog. Indien jy dus nie suksesvol is met dit waarmee jy besig is nie, gaan vra jouself, "wat moet ek veranda," en besluit om dit wat jy tans doen en wat nie werk nie, aan te pas totdat jy kry wat vir jou werk.

Voorbeeld: ek is geneig om in die middae te peusel en sodra ek begin peusel, kan ek nie ophou nie. Of, ek kan glad nie sonder my wyntjie saans nie. Dink aan nuwe planne om hierdie versoekings te oorkom en doen iets anders op daardie tye wanneer jy agterkom jy handelinge uitvoer wat jou kniehalter in die bereiking van jou doelwitte.

SLOTSOM:
Indien hierdie vier stappe getrou gevolg word, sal jy jou doelwit bereik, sukses smaak en op die ou einde ervaar dat die proses die moeite werd was.

Published in Besigheid
Friday, 26 July 2013 09:37

10 Gebooie vir netwerk geleenthede

BEPLAN JOU NETWERK GELEENTHEDE

Het jy geweet dat dit nogal ‘n kuns is om suksesvol te ‘netwerk’. Baie mense daag net by netwerkgeleenthede op en hoop om munt te slaan uit die geleentheid. So ‘n benadering kan jou duur te staan kom. Al wat jy reggekry het, was om vir jou brekfis te betaal, lekker met ‘n paar mense te kuier en …..verder ‘niks’.

Om hierdie byeenkomste vir jou te laat werk, beteken dat jy vooraf moet besluit wat jy daarmee wil bereik.  Stel vir jouself ‘n paar doelwitte op en dink na oor jou uitkomste en dink dan hoe jy dit gaan aanpak.

1.      MAAK SEKER DAT JOU BEMARKING GERIG IS OP ‘N “GEPASTE TEIKENMARK’.

  • Ons is dikwels geneig om sommer enige iemand wat ons teëkom te wil bydam met dit wat ons bemark. Jy kan jouself baie tyd en moeite spaar deur op mense te fokus wat reeds in die lyn van dit wat jy bemark beweeg.  Basies beteken dit dat jy fokus op mense wat in jou ‘produk’ sal belangstel - hierdie persone is reeds ryp vir die pluk. Byvoorbeeld, as ek visnette verkoop, gaan ek nie my nette aan iemand wat nie visvang probeer bemark nie.

2.      VIND UIT OF DIT ‘N SOSIALE OF GESTRUKTUREERDE BYEENKOMS IS

  • ‘n Meer sosiale netwerk geleentheid bied aan jou die geleentheid om jouself eerder te bemark. Laat die mense toe om jou te leer ken. Onthou ons doen besigheid met mense en nie met besighede nie. Hoe meer gemaklik iemand dus met jou is, hoe beter die kanse dat hulle jou met hul besigheid sal vertrou.
  • Gestruktureerde netwerk byeenkomste  behels dat jy jouself asook jou besigheid aan potensiele vennote bekendstel. Konsentreer bv. eerder daar op om een persoon in ‘n groep te ontdek wat jou kan help om ‘n kliëntebasis op te bou. As jy byvoorbeeld in die bankwese is, mik daarna om met ‘n eiendomsagent kontakte te bou.

3.      MAAK SEKER DAT JY WEET WAT VAN JOU VERWAG WORD.

  • Wees voorbereid wanneer jy by ‘n byeenkoms opdaag. Indien jy kontant moet betaal, wees gereed met die korrekte bedrag. Daag betyds op. Wees korrek geklee. Klee jou met die ingesteldheid om ’n goeie eerste indruk skep.   Maak seker dat jy jou besigheidskaartjies gereed het.
  • Moet nooit  agter die verskoning van ‘ek het nie tyd’ skuil  nie. Niemand het regtig tyd nie, maar indien jy deel wil wees van so ‘n byeenkoms, moet jy juis bereid wees om die ekstra myl te loop.

4.      WEES ALTYD GEREED OM JOUSELF BEKEND TE STEL

  • Dit is bv. ‘n goeie idee om nooit alleen by so ‘n geleentheid op te daag nie. Reël met ‘n gewillige vriend of venoot om mense in die vertrek van jou bewus te maak. Maak jy weer ‘n punt daarvan om mense van hom/haar bewus te maak. (So was die een hand die ander hand).
  • Praat duidelik genoeg sodat enige iemand wat dalk binne hoorafstand verbyloop kan hoor wat gesê word (binne perke natuurlik). Jy wil ook nou nie aanstoot gee nie, maar praat darem hard genoeg sodat dit as ‘n ‘oop gesprek’ ervaar kan word en ‘n verbyganger kan voel hy/sy is welkom om deel van die gesprek te word.  En……moenie vergeet om so nou en dan te lag en te glimlag nie. So gaan jy verseker ook meer mense na jou toe aantrek.

5.      WEES ALTYD GEREED OM EEN VAN DIE VOLGENDE DRIE BEKENDSTELLINGS TE KAN DOEN

  • Van aangesig tot aangesig– dit is wanneer jy jouself aan iemand voorstel en gevra word ‘wat jy doen’. Probeer om nie soos ‘n grammofoon af te gaan en jou ‘advertensie’ af te rammel nie.  Wees kreatief en oorspronklik. Stel jouself so bekend dat dit hul prikkel om meer te wil hoor. Bv. “My besigheid is om jou besigheid meer sigbaar te maak”.
  • Jou ‘elevator pitch’ (blits bekendstelling???) – Jou storie moet slegs ‘n paar kort sinne met ‘n bietjie detail bevat en kan selfs met ‘n vraag eindig.  Voorbeeld:  “My besigheid is om jou besigheid sigbaar te maak met behulp van ‘n verskeidenheid middels in die mark. Het jy dalk ‘n idee van enige besigheidseienaar wat daarmee sukkel dat kliente hul afsprake nakom”?
  • Voorlegging – Moenie jou gehoor oorweldig met alles waarby jy betrokke is nie. Behou die aandag deur die lig op een van jul fokusareas te laat val .  Fokus bv. op ‘n nuwe produk, diens of selfs een teikengroep.

6.      MOENIE JOU PRODUK ONMIDDELLIK AAN ‘N POTENSIëLE KLIëNT PROBEER ‘VERKOOP’ NIE

  • Neem jou tyd om potensiële netwerke te bou.

7.      INDIEN JY IEMAND MET ‘N PERSOON IN AANRAKING WIL BRING (VERWYSINGS MAAK), MAAK SEKER DAT JY HUL VOORAF IN KENNIS STEL

  • Mense haat dit as hulle name sonder hul toestemming uitgedeel word en hul dan moet sukkel om van die sg. agent ontslae te raak.
  • Laat weet hul liewers vooraf deur middel van  ‘n epos, sms of telefoon.  Vra eerder toestemming om hul naam aan iemand te gee; jy wil nie jou eie brue verbrand nie.

8.      MAAK SEKER DAT JY ‘N BEHOORLIKE OPVOLGPLAN HET

  • Maak na die tyd weer kontak met ‘n nuwe kontak om ‘dankie’ te sê en te noem ‘hoe bly jy is dat jul ontmoet het’. Doen dit binne 48 uur. Sosiale media is ‘n uitstekende manier om hiervoor te gebruik.
  • Maak seker dat jou besigheidskaartjie ‘n foto’tjie van jou op het.  Dit verhoog die kans dat hul jou gaan onthou met 80%.
  • Vra altyd toestemming of jy jou nuwe kontak op jou databasis mag plaas.
  • Om hul een of twee keer per maand te kontak, is heel voldoende. Pasop vir ‘oordoen’.

9.      BIED ‘N VOORBEELD (SAMPLE) VAN JOU PRODUK OF    DIENS

  • Laat hulle toe om te proe, sien en voel. Dit maak jou produk soveel meer ‘werklik’.
  • Lig hulle in en voed hul op.

10.    GENIET DIE ERVARING EN WYS JOU ENTOESIASME!

  • Gesindheid is aansteeklik en mense voel aangetrokke tot iemand wat positiewe energie uitstraal. 
Published in Besigheid
Page 1 of 2

Malmesbury Advertising