Hoërskool Swartland 18 April 2019

Nuusbrief vir 18 April 2019
Hoërskool Swartland

NUUS

Uit die skoolhoof se kantoor
18 April 2019
Wintersdrag: Let asseblief daarop dat ons leerders vanaf Dinsdag 23 April winterskooldrag sal dra. Vir hierdie doel sal die klerebank
vandag (Donderdag) van 12:30-14:00 oop wees.
Paasnaweek: Mag u elkeen 'n geseënde Paastyd beleef. Wees oplettend en veilig op die paaie en geniet u tyd saam met familie en
vriende.

Landlope uitslae
18 April 2019
Tydens die Landloopbyeenkoms op Porterville op 13 April het die volgende leerders goed gevaar:
Chloë Lottering: D.14, 4km, tyd: 20:38 - aantal atlete: 65
Japie du Bruyn: S.15, 4km, tyd: 15:19 - aantal atlete: 82
Jacques Haasbroek: S.15, 4km, tyd: 16:46 - aantal atlete: 82
Wel gedaan aan hierdie leerders!

Rugby uitslae
18 April 2019
HSS vs Parel Vallei:
O/19C wen 42-7; O/16B verloor 5-22; O/15B verloor 19-21.

Vakveranderinge 2019
18 April 2019
Neem asseblief kennis van die volgende sperdatums:
Graad 12 - geen verdere vakveranderinge vir 2019
Graad 11 - geen verdere vakveranderinge vir 2019
Graad 10 - Mag maksimum van 2 vakke verander - sluitingsdatum 23 April 2019.

Tersiêre instansies se opedae
18 April 2019
Op 11 Mei het die volgende instansies hul jaarlikse opedae:
CPUT, Prestige Academy, AFDA
Dis vir graad 11 en 12 leerders.

Eisteddfod sluitingsdatums
18 April 2019
17 Mei: Paarl Vallei inskrywings sluit (navrae: Mev Hunlun-van Zyl)
10 Julie: Paarl Vallei inskrywings - alle kunswerke en skryfstukke ingelewer by mev Hunlun-van Zyl
18 April: Wes-Boland alle inskrywings sluit (mev B Turner)

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2019
18 April 2019
Die volgende tariewe is vir 2019 goedgekeur:
Skoolfonds: R16 300 per jaar per leerder.
Koshuislosies: R27 700 per jaar per leerder. Geen subsidie of afslag is op koshuislosies van toepassing nie.
Busvervoergeld bly tans onveranderd op R8000 per jaar per leerder vir die vol roete. Enige verandering sal aan die betrokke ouers
deurgegee word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
18 April 2019
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

 

School Communicator Mobile App
18 April 2019
Besoek hierdie skakel op u selfoon en laai die skool se Communicator af. Blackberry, iPhone en Android toestelle.
http://school-communicator.com/download.php
Indien u liewer verkies om elke Vrydag 'n harde kopie van die nuusbrief op papier te ontvang, kan u kind hierdie nuusbrief elke Vrydag
by mev De Klerk se kantoor gaan afhaal. Slegs 'n beperkte aantal harde kopieë word gemaak.

KALENDER vir 18 April 2019 - 25 April 2019

18th April 2019
Koshuiskomitee vergader 13:00

18th April 2019
Eisteddfod Wes-Boland
inskrywings sluit

18th April 2019
Uitnaweek

19th April 2019

Goeie Vrydag

22nd April 2019
Gesinsdag

23rd April 2019
Subkom. Fondse en oudstudente
vergader 18:00

23rd April 2019
Rugby vs Schoonspruit (weg)

24th April 2019
Swartland's got Talent

25th April 2019
Dissiplinêre komitee vergader
18:00

25th April 2019
UCT Wiskunde kompetisie

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
HSS vs Schoonspruit (weg)
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5cb81efd23041851259515.doc
April 12 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5caf1698eff86148173711.pdf

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.
Hoërskool Swartland

Malmesbury Advertising