Hoërskool Swartland 8 November 2018

Nuusbrief vir 8 November 2018
Hoërskool Swartland

NUUS

Uit die skoolhoof se kantoor
8 November 2018
Ons leerders is fluks besig met die laaste eksamen van 2018. Ek wil net graag vir elkeen baie sterkte toewens en motiveer om hul bes
te doen. Baie dankie aan u as ouers wat ons leerders by die huis moed inpraat en motiveer. Harde werk beloon!

Wie se skoolfonds inbetaling is dit?
8 November 2018
Ons het die volgende inbetaling ontvang en is onseker van die allokering daarvan:
Op 01/11/2018: Annika Botha R1 490
Ons het verskeie Annika's, Anita's en Botha's!
Ons sal dit waardeer indien u mev P van der Weshuijzen sal skakel indien dit u inbetaling is. Dankie!

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2019
8 November 2018
By die begrotingsvergadering wat vir ouers op 24 Oktober 2018 gehou is, is die volgende tariewe vir 2019 voorgestel, goedgekeur en
aanvaar en is bindend op alle ouers van ons skool:
Skoolfonds: R16 300 per jaar per leerder. Indien die volle bedrag vir die jaar voor of op 28 Februarie 2019 betaal word, sal dit R15 400
beloop (R900 afslag).
Koshuislosies: R27 700 per jaar per leerder. Geen subsidie of afslag is op koshuislosies van toepassing nie.
Busvervoergeld bly tans onveranderd op R8000 per jaar per leerder vir die vol roete. Enige verandering sal aan die betrokke ouers
deurgegee word.

Prysuitdeling foto's
8 November 2018
Die proewe van die prysuitdelingfoto's wat deur mnr Cor Cronje geneem is, is by mev De Klerk se kantoor. U kan dit kom besigtig,
bestel en betaal. Die Jumbo-grootte beloop R15 elk, die A5-vergroting is R25 elk, en die A4-vergroting is R35 elk.

Klerebanktye
8 November 2018
Die normale dae en tye wat ons klerebank oop is, is Maandae, Woensdae en Vrydae 09:30 - 14:30.
Let asseblief egter op die volgende verandering in die tye:
Vanaf 5 November steeds dieselfde dae, maar 09:00 - 14:00
12 Desember (skool sluit): 09:00 - 13:00
Dan eers weer 7 en 8 Januarie 2019: 09:00 - 13:00
Indien u bewus is van nuwe leerders wat in 2019 by ons sal aansluit, sal ons dit waardeer indien u dit so aan hulle sal oordra.

Atletiek rekords spat!
8 November 2018
Tydens die pas afgelope kleure-byeenkoms is 'n hele paar rekords verbeter. Die 300m hekkies rekord van 1999 is deur Kristen van der
Ross verbeter. Sy het ook die 200m D.15 verbeter na 27,53. Dit was Lindia le Roux se rekord van 1998. 'n Rekord van 1983, 100m D.19
is deur Liezel van der Merwe verbeter (16,19). Die ou rekordhouer was Leigh-Ann van Tonder. In die 200m S.17 is die rekord van 2011
deur Louis de Jager verbeter met 'n tyd van 22:46. Die 200m S.19 rekord van Robert Moreland in 1983 is deur Wouter van der Merwe
verbeter met 'n tyd van 22:64.
Verspring S.17 het ook 'n nuwe rekordhouer, Sergio Williams, met 'n afstand van 6,64m. Die ou rekord was Le Roux van Aarde s'n in
1994. Baie geluk aan hierdie atlete, ons is trots op julle!

Karate presteerders
8 November 2018
Die volgende leerders het op 27 Oktober hul swartgordel gradering suksesvol voltooi:
Henry Hardcastle (2e Dan), Stefan Groenewald (1e Dan), Evert Pienaar (1e Dan), Fagan Thompson (1e Dan), Zachary Berman (1e Dan)
en Nina Janse van Rensburg (Junior 1e Dan). Baie geluk aan hierdie leerders!

Prestasie in moderne danse
8 November 2018
Isabella van der Vyfer het vir haar moderne danse eksamen 'n uitstekende 85% (Lof) behaal. Baie geluk, Isabella!

Krieket O/19A uitslae
8 November 2018
HSS O/19A vs Weston op 3 November 2018.
HSS kolf eerste en behaal 245 lopies vir 9 paaltjies plat na 50 boulbeurte.
Bertus Malan teken 83 lopies aan, en Bertus Brits, 54 lopies.
Weston word uitgeboul vir 22 lopies. Athabile Breakfast en Brady Lewis neem elk 4 paaltjies.
Swartland wen met 223 lopies.

Krieket O/15A uitslae
8 November 2018
HSS O/15A vs HS Piketberg O/19A op 1 November 2018:
Swartland behaal 101 vir 6 na 20 boulbeurte. AW Steyn behaal 40 lopies.
Swartland beperk Piketberg tot 87 lopies vir 5 paaltjies in 20 boulbeurte en wen met 14 lopies.
HSS O/15A vs HJS Paarl op 3 November 2018:
Swartland haal HJS uit vir 250 lopies na 42 boulbeurte.
Ian Nel vat 3 paaltjies vir 27 lopies in 10 boulbeurte.
André Pienaar vat 3 paaltjies vir 66 lopies in 10 boulbeurte.
Wiaan van Reenen vat 3 paaltjies vir 48 lopies in 10 boulbeurte.
Swartland word uitgehaal vir 86 lopies na 17 boulbeurte.
Wiaan behaal 64 lopies n.u.n. Swartland verloor met 164 lopies.

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2018
8 November 2018
Skoolfonds: R14 900 per jaar per leerder.
Per kwartaal: R3 725 per kwartaal, betaal binne die eerste 2 weke van elke kwartaal;
Maandeliks: R1 490 per maand oor 10 maande, betaal voor die 25ste van elke maand.
Koshuislosies: R25 600 per jaar per leerder, per kwartaal: R6 400; maandeliks: R2 560 per maand oor 10 maande.
Busvervoer: R2 000 per kwartaal of R800 per maand oor 10 maande.
Vir enige navrae kan mev Van der Westhuijzen (skoolfonds) en mev De Klerk (koshuislosies en busgeld) by die skool gekontak word.
Alle gelde betaalbaar aan die skool, koshuis of busdiens moet teen 30 November 2018 vereffen wees.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
8 November 2018
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

KALENDER vir 8 November 2018 - 15 November 2018

9th November 2018
Ons matrieks skryf Lew. Wet.
vraestel 1

12th November 2018
Ons matrieks skryf Lew. Wet.
vraestel 2

12th November 2018
Ons matrieks skryf IGO vraestel 1

13th November 2018
Ons matrieks skryf
Verbruikerstudie

14th November 2018
Ons matrieks skryf Afrikaans
vraestel 2

15th November 2018
Dankie-sê funksie

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
November 02 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5bdaf399ed3b0447930026.pdf

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.

Hoërskool Swartland

Malmesbury Advertising