Hoërskool Swartland 8 Augustus 2019

Nuusbrief vir 8 Augustus 2019
Hoërskool Swartland
 
NUUS
 
Uit die skoolhoof se kantoor
8 Augustus 2019
Met die aanloop tot die Interskole wil ek net elke betrokkene - leerders, ouers, afrigters en personeel - sterkte toewens met die laaste
voorbereidings en afrondingswerk. Baie dankie vir soveel hulp wat ons van ons ouers ontvang - ons waardeer dit dat u bereid is om ons
hande te vat om hierdie belangrike gebeurtenis op ons kalender volgens plan te laat verloop. Ons sien uit na 'n besige, maar genotvolle
volgende week.
 
Interskole program
8 Augustus 2019
Die interskole program is reeds al vir geruime tyd op sosiale media beskikbaar, maar ons het dit nou op hierdie program by Bronne /
'Resources' ook.
 
Interskole kaartjies
8 Augustus 2019
Die interskole toegangskaartjies beloop R40 per persoon as dit by die hekke betaal word. Indien u voor die tyd by die skool wil koop,
beloop dit R30 elk. U kan dit vanaf Maandag 12 Augustus by ons skool se finanskantoor kom koop. Let wel: Dit is slegs toegang - nie 'n
sitplek op die pawiljoen nie.
 
Matriekafskeid: Rooitapyt- geleentheid
8 Augustus 2019
Daar is 'n geleentheid om al die matrieks te sien by die aankoms by die matriekafskeid. Verskillende sitplekke moet egter vooraf
bespreek en gekoop word. Die VIP-pawiljoen sitplek is R60 per persoon, die VIP-stoelsitplek is R50 per persoon en 'n terrassitplek is R10
per persoon. Elke matriekleerder sal 2 gratis R10-bandjies ontvang. Matriekouers kry voorkeur om hul sitplekke te boek vanaf 12
Augustus - 26 Augustus. Daarna sal dit beskikbaar wees vir enigiemand anders. Besprekings en betalings kan dus vanaf 12 Augustus by
ons skool se finanskantoor gedoen word.
 
Rugby uitslae
8 Augustus 2019
HSS vs Tygerberg:
O/19A wen 31-29, O/19B verloor 14-29, O/19C gelykop 5-5, O/16A wen 26-7, O/15A verloor 5-19, O/15B verloor 10-12, O/14A verloor 0-
10, O/14B verloor 5-24.
 
Netbal uitslae
8 Augustus 2019
HSS vs Tygerberg:
O/18A wen 36-22, O/18B wen 24-7, O/18C wen 15-5, O/17A wen 23-13, O/17B wen 18-12;
O/16A wen 31-2, O/16B wen 23-7; O/16C verloor 13-17;
O/15A wen 18-11, O/15B wen 24-7, O/15C verloor 11-31, O/14A verloor 14-16, O/14B wen 17-7, O/14C verloor 12-15, O/14D wen 22-13.
 
Hokkie uitslae
8 Augustus 2019
HSS vs Tygerberg:
Seuns: 19A wen 7-0.
Dogters: 19A wen 2-0, 19B wen 1-0, 16A gelykop 0-0, 16B wen 1-0.
 
Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2019
8 Augustus 2019
Die volgende tariewe is vir 2019 goedgekeur:
Skoolfonds: R16 300 per jaar per leerder.
Koshuislosies: R27 700 per jaar per leerder. Geen subsidie of afslag is op koshuislosies van toepassing nie.
Busvervoergeld bly tans onveranderd op R8000 per jaar per leerder vir die vol roete. Enige verandering sal aan die betrokke ouers
deurgegee word.
 
Skool, koshuise, bus, rekening nommers
8 Augustus 2019
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.
 
KALENDER vir 8 Augustus 2019 - 15 Augustus 2019
 
9th Augustus 2019
Uitnaweek
 
9th Augustus 2019
Vrouedag
 
12th Augustus 2019
Gr 12 CAT toets
 
12th Augustus 2019
Interskole personeelfunksie
18:30
 
13th Augustus 2019
Sing Songs aand
 
13th Augustus 2019
Netheid-inspeksie
 
14th Augustus 2019
Interskole kultuuraand (tuis)
Skoolsaal
18:00
 
15th Augustus 2019
BL Subkom. Bem., beeld, sport,
kultuur vergader
18:00
 
HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Interskole program
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5d4bec265fb45161150371.jpg
Interskole program
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5d4bebeb3dfa1206358117.jpg
Augustus 02 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5d42c8c22bb7a549816277.pdf
 
Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.
 
Hoërskool Swartland