Hoërskool Swartland 8 Augustus 2018

Nuusbrief vir 8 Augustus 2018
Hoërskool Swartland

NUUS

Uit die skoolhoof se kantoor
8 Augustus 2018
Ons leerders, afrigters, personeel, ouers, oudleerders en alle ander belangstellendes is tans besig met voorbereidings vir die Interskole
op Saterdag 18 Augustus by Hugenote Hoërskool in Wellington.
Die komende week is dan ook deel daarvan. Daarom nooi ons u uit om Dinsdag 14 Augustus die bring-en-braai geleentheid by die FSS
vir alle deelnemers, ouers en oudstudente by te woon. Leerders kan etekaartjies van R5 elk by die skool koop. Kom vang saam met ons
Interskole gees en geniet die aand saam met ons.
Ek herinner u ook daaraan om u Interskole toegangskaartjie van R30 vooraf by ons finanskantoor te kom koop, anders gaan u R40 by
die hekke moet betaal.
Baie sterkte aan ons leerders met die laaste voorbereidings vir die groot dag op ons kalender!

Ouers inligting by skool
8 Augustus 2018
U kontakbesonderhede as ouers verander van tyd tot tyd. Ons wil u vriendelik versoek om ons tog in te lig indien u
kontakbesonderhede, posadresse of e-posadresse verander. U kan dit op skrif skool toe stuur, of bloot kantoor toe bel en ons inlig. Dis
belangrik dat u inligting op ons databasis korrek is sodat ons u altyd kan bereik - alles tot voordeel van u kind en sodat u ingelig kan
wees oor gebeure op die skool se kalender.

WOW spelkompetisie prestasies
8 Augustus 2018
By die Kringkompetisie rondte van die WOW spelkompetisie het die volgende leerders presteer:
Graad 10: Shawn Day (goud) en Talisha van Niekerk (brons)
Graad 9: Bianca Kotze (goud), Michael le Roux (silwer), Wilmari Braxton (brons) en Imke Erasmus (4de plek)
Graad 8: Suzanne Smal en Milandri Timotheus - dring deur na die verdere Streekskompetisie.
Baie geluk en welgedaan aan hierdie leerders!

Wiskunde klasse info
8 Augustus 2018
Mnr Visser bied steeds ekstra wiskunde-klasse by die skool aan. Die dae en tye is as volg:
Maandae 15:00-16:30
Dinsdae 15:00-16:00
Donderdae 15:00-16:00
Leerders is welkom om by hom aan te meld en reëlings te tref.

Wiskunde presteerders
8 Augustus 2018
Op 19 April het 22 van ons leerders aan die UCT Wiskunde kompetisie deelgeneem. Al die leerders het in pare deelgeneem, dus was
daar 11 pare. Een van die graad 12 pare, Karel Botha en Franco Rheeder, het 'n uitstekende 3de plek, uit al die graad 12 pare wat
deelgeneem het, behaal. Hulle het hul goue sertifikate by die prysuitdelingsfunksie in die Baxter konsertsaal ontvang.
Twee van die pare het meriete toekennings gekry:
Graad 12: Stefanie Eksteen en Celize Versfeld
Graad 11: Liza Eksteen en Joubert du Bois
Baie geluk aan al hierdie leerders met hul besondere prestasies!

Stap - WP Liga
8 Augustus 2018
Na afloop van die WP Liga Stapbyeenkoms, het ons die volgende prestasies om met u te deel:
Tiaano Walters Seuns O/15 10km - 2de plek
Cara Bester Dogters O/16 5km - 1ste plek
Baie geluk aan hierdie leerders met die uitstekende prestasies!

Netbal uitslae Hopefield
8 Augustus 2018
O/18A wen 36-14, O/18B wen 28-14, O/18C wen 19-15,
O/17A verloor 18-22, O/17B vs Hopefield O/19B verloor 13-26, O/17C wen 8-6,
O/16A wen 29-19, O/16B verloor 13-16, O/16C wen 14-11, O/16D wen 10-4,
O/15A verloor 16-25, O/14A wen 17-16, O/14B wen 24-2, O/14C wen 28-7.

Netbal uitslae Tygerberg, Clanwilliam
8 Augustus 2018
HSS vs Tygerberg:
O/18A wen 33-12, O/18B wen 30-11, O/17A wen 23-13, O/17B wen 14-10, O/16A wen 31-12, O/16B wen 13-8.
O/15A wen 23-20, O/15B wen 20-6, O/15C verloor 11-14,
O/14A wen 16-13, O/14B wen 23-8, O/14C wen 16-1, O/14D verloor 4-8.
Toernooi op Clanwilliam:
HSS wen Postmasburg 28-7, HSS wen Augsburg 19-12, HSS wen Rhenish Girls 18-16, HSS verloor teen Martin Oosthuizen 16-18, HSS
verloor teen Lutzville 16-17.

Rugby uitslae
8 Augustus 2018
Swartland vs Hopefield:
O/19A verloor 14-32, O/19B wen 7-0, O/19C wen 12-8, HSS O/19D vs Curro Langebaan O/19A verloor 7-10.
O/16A verloor 10-12, O/15A verloor 17-34, O/15B verloor 19-34, O/14A verloor 31-34.
Swartland vs Strand:
O/19A verloor 16-17, O/19B wen 22-17, O/19C wen 38-5, O/16A wen 31-17, O/15A wen 36-6,
O/14A verloor 5-62.

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2018
8 Augustus 2018
Skoolfonds: R14 900 per jaar per leerder.
Per kwartaal: R3 725 per kwartaal, betaal binne die eerste 2 weke van elke kwartaal;
Maandeliks: R1 490 per maand oor 10 maande, betaal voor die 25ste van elke maand.
Koshuislosies: R25 600 per jaar per leerder, per kwartaal: R6 400; maandeliks: R2 560 per maand oor 10 maande.
Busvervoer: R2 000 per kwartaal of R800 per maand oor 10 maande.
Vir enige navrae kan mev Van der Westhuijzen (skoolfonds) en mev De Klerk (koshuislosies en busgeld) by die skool gekontak word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
8 Augustus 2018
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

KALENDER vir 8 Augustus 2018 - 15 Augustus 2018

8th Augustus 2018
Rockie Quizaand
9th Augustus 2018
Vrouedag
9th Augustus 2018
Uitnaweek
10th Augustus 2018
Skoolvakansiedag
13th Augustus 2018
Interskole personeelfunksie 19:00
FSS
14th Augustus 2018
Sing songs aand
FSS
En bring-en-braai
14th Augustus 2018
Diss. komitee vergader 18:00
15th Augustus 2018
Sosiale media praatjie
12:00-13:00
15th Augustus 2018
Interskole kultuuraand 18:00 (weg)
Hugenote

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Eksamenrooster gr 12 Sept2018
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5b6812751c9a4309319040.pdf
Toetsrooster gr 8-12 Sept2018
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5b68121865538015901864.pdf
Augustus 03 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5b62f0e193904611309455.pdf

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.
Hoërskool Swartland

Malmesbury Advertising