Hoërskool Swartland 7 Maart 2019

Nuusbrief vir 7 Maart 2019
Hoërskool Swartland

NUUS

Uit die skoolhoof se kantoor
7 Maart 2019
Sport: Ons het op Saterdag 9 Maart 'n sportdag teen DF Malan hier by ons skool. U is een en elkeen baie welkom om ons leerders te
kom ondersteun en die dag saam met ons te geniet. Baie dankie aan ons organiseerders, afrigters, personeel en ouers wat die dag vir
ons kinders moontlik maak.

Skoolfonds inbetalings
7 Maart 2019
Ons wil ons ouers vriendelik versoek om u kind se leerdernommer saam met die inbetaling van skoolfonds te gebruik (en van en
voorletters of naam).
Ons het 'n inbetaling van S Cloete op 28 Februarie ontvang. Sal die ouers asseblief vir mev Van der Westhuijzen by ons finanskantoor
kontak om te bevestig.
Indien u enige navrae het oor die leerdernommer of enige ander skoolfondsnavrae, is u welkom om mev Van der Westhuijzen te kontak.
Die korrekte verwysing by inbetalings is van kardinale belang.
Ons wag nog vir die Februarie bankstate en kan dus nog nie state uitstuur nie. Daar is 'n hele aantal ouers wat die verkeerde bedrag
inbetaal. Die maandelikse paaiement is R1 630 oor 10 maande. Indien u nog geen staat vir die jaar ontvang het nie, kontroleer asb u epos
adres met ons finanskantoor.

Klerebank gesluit 11 Maart
7 Maart 2019

Let asseblief daarop dat die klerebank op Maandag 11 Maart vir die dag gesluit sal wees.

Hokkie oefentye 4-8 Maart 2019
7 Maart 2019
Sien die hokkie oefentye vir volgende week onder "Resources / Bronne" op hierdie communicator onder die hofie "Sportprogramme".

Swem uitslae en prestasies
7 Maart 2019
By die seshoekige gala te Worcester het HSS 'n 2de plek behaal in die dogtersafdeling, 'n 4de plek in die seunsafdeling, en 'n algehele
3de plek in die gemengde afdeling. Daar was vyf skole wat deelgeneem het. Selma du Preez het 3 eerste plekke behaal en Toné
Malherbe het 2 eerste plekke behaal.
Die volgende swemmers het tweede plekke behaal: Tristan Thomas, Ryan Brewer, Selma du Preez, Jamie Hartman, die dogters O/14
wisselslagaflos, die dogters O/16 beide aflosse, Toné Malherbe (2 tweede plekke) en Schalk Burger (2 tweede plekke).
By die Bridgehouse Mile te Boschendal het Schalk Burger uit die ±300 deelnemers 30ste gekom (19de in die mansafdeling) met 'n tyd
van 27:40.
Baie geluk aan al ons swemmers met hierdie puik prestasies!

Eisteddfod sluitingsdatums
7 Maart 2019
14 Maart: Paarl Vallei inskrywings - musiek en lees - sluit
17 Mei: Paarl Vallei inskrywings sluit (navrae: Mev Hunlun-van Zyl)
10 Julie: Paarl Vallei inskrywings - alle kunswerke en skryfstukke ingelewer by mev Hunlun-van Zyl
18 April: Wes-Boland alle inskrywings sluit (mev B Turner)
6 Maart: Tygerberg - alle inskrywings sluit (mev M Kreuiter)

Hokkie-afrigters
7 Maart 2019
Ons skool benodig nog hokkie-afrigters. Indien u geroepe voel om ons hiermee te help, sal ons dit waardeer indien u ons skool se
kantoor sal kontak. U kan ook die boodskap oordra aan iemand wat u dink dalk 'n geskikte kandidaat hiervoor sal wees.

Nog instansies se opedae
7 Maart 2019
CPUT: 11 Mei
AFDA: 18 Mei
Bellville Hotel school: 9 Maart

Pathcare geleentheid
7 Maart 2019
Pathcare, Neels Bothma straat, Goodwood, bied Laboratorium toere en "Job shadowing" aan vir leerders in graad 10 - 12 wat
geïnteresseerd is in 'n mediese laboratorium beroep, soos byvoorbeeld mediese tegnologie, patologie, ontleding ens. Dit word op die
volgende datums aangebied: 22 Februarie, 26 April, 26 Julie, 27 September en 29 November. Vir meer inligting oor die plek en tye, kan
u 'n e-pos rig aan: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2019
7 Maart 2019
Die volgende tariewe is vir 2019 goedgekeur:
Skoolfonds: R16 300 per jaar per leerder.
Koshuislosies: R27 700 per jaar per leerder. Geen subsidie of afslag is op koshuislosies van toepassing nie.
Busvervoergeld bly tans onveranderd op R8000 per jaar per leerder vir die vol roete. Enige verandering sal aan die betrokke ouers
deurgegee word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
7 Maart 2019
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

School Communicator Mobile App
7 Maart 2019
Besoek hierdie skakel op u selfoon en laai die skool se Communicator af. Blackberry, iPhone en Android toestelle.
http://school-communicator.com/download.php
Indien u liewer verkies om elke Vrydag 'n harde kopie van die nuusbrief op papier te ontvang, kan u kind hierdie nuusbrief elke Vrydag
by mev De Klerk se kantoor gaan afhaal. Slegs 'n beperkte aantal harde kopieë word gemaak.

KALENDER vir 7 Maart 2019 - 14 Maart 2019
7th Maart 2019
Huis van Zyl modeparade
7th Maart 2019
Toutrek SA's te Oudtshoorn
7th Maart 2019
Gholf vs Parel Vallei (tuis)
8th Maart 2019
Detensie
14:00-16:00
9th Maart 2019
Sportdag vs DF Malan (tuis)
9th Maart 2019
Krieket streekwedstryde
11th Maart 2019
Klerebank gesluit vir dag
11th Maart 2019
Beheerliggaam vergader 18:00
11th Maart 2019
Gr 8-12 Afrikaans vraestel 3
13th Maart 2019
Rugby O/15A vs Curro Langebaan
(tuis)

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Hokkie oefentye 4-8 Maart 2019
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5c78e8aadfbea497051699.docx
Maart 01 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5c77cb55b687d816834839.pdf

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.
Hoërskool Swartland

Malmesbury Advertising