Hoërskool Swartland 7 Februarie 2019

Nuusbrief vir 7 Februarie 2019
Hoërskool Swartland

NUUS

Toetsrooster 1e kwartaal
7 Februarie 2019
Sien asseblief die toetsrooster vir die eerste kwartaal 2019 onder "Resources / Bronne" op hierdie Communicator.
Let wel: Dis die nuwe rooster - daar was 'n verandering by graad 12 se 6 en 7 Maart vakke. Maak seker dat u die korrekte rooster het.

Bus vertrek met Drama leerders
7 Februarie 2019
Die drama-leerders moet asseblief kennis neem daarvan dat die bus op Donderdag 7 Februarie om 17:50 na die Baxter toe vertrek.
Wees asseblief stiptelik.

Toneeluitstappies
7 Februarie 2019
Daar is 'n geleentheid op 13 Februarie by die Baxter en 8 Maart in Stellenbosch om toneelstukke te gaan kyk.
13 Februarie is 'Kretoa' teen R50 'n kaartjie. Op 8 Maart is 'Ou Blou' waarin ons eie mede-leerder, Graeme Watson, speel teen R70 per
kaartjie.
Hierdie geleenthede is slegs vir Hoërskool Swartland leerders en die kaartjies is by ons skool se finanskantoor beskikbaar. Daar is 'n
beperkte aantal kaartjies.
Vir meer besonderhede, kontak mev M Horn.

Nuwe aansoeke vir 2020
7 Februarie 2019
Voornemende aansoekers vir 2020 kan vanaf 15 Februarie 2019 'n aanlyn-aansoek indien deur die volgende skakel te gebruik:
https://admissions.westerncape.gov.za/qaadmissions/login
U kan ons help deur hierdie nuus aan belangstellendes oor te dra.

Buitemuurse program
7 Februarie 2019
Die buitemuurse program vir kwartaal 1 is onder Bronne / "Resources" op hierdie communicator.
U moet die Communicator aflaai om al die opsies te sien en oop te maak. Sien 'link' hieronder by 'School communicator Mobile App.

Krieket O/19 uitslae
7 Februarie 2019
HSS vs Vredenburg:
Vredenburg kolf eerste en behaal 129 lopies almal uit. Wiaan van Reenen en Atabile Breakfast neem 3 paaltjies elk.
HSS behaal 130 vir 3. Wiaan van Reenen en Ian Nel was ons beste kolwers van die dag. HSS wen die wedstryd met 7 paaltjies.
Wel gedaan!

Krieket O/15A uitslae
7 Februarie 2019
HSS vs Hopefield:
Hopefield kolf eerste en teken 81 lopies aan, almal uit na 17 boulbeurte. Stefan von Wielligh neem 4 paaltjies, en Lincoln Swarts neem 3
paaltjies.
Swartland teken 61 lopies aan almal uit, na 20 boulbeurte en verloor dus die wedstryd met 20 lopies.
HSS vs Vredenburg:
Vredenburg kolf eerste en word uitgehaal vir 15 lopies na 13 boulbeurte. Stefan von Wielligh het 'n puik vertoning gelewer met 6
paaltjies vir 4 lopies. André Beukes neem 3 paaltjies vir 6 lopies. Swartland behaal die telling in die derde boulbeurt en wen dus met 10
paaltjies. Wel gedaan!

Pathcare geleentheid
7 Februarie 2019
Pathcare, Neels Bothma straat, Goodwood, bied Laboratorium toere en "Job shadowing" aan vir leerders in graad 10 - 12 wat
geïnteresseerd is in 'n mediese laboratorium beroep, soos byvoorbeeld mediese tegnologie, patologie, ontleding ens. Dit word op die
volgende datums aangebied: 22 Februarie, 26 April, 26 Julie, 27 September en 29 November. Vir meer inligting oor die plek en tye, kan
u 'n e-pos rig aan: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Universiteit Stellenbosch algemene opedag
7 Februarie 2019
Universiteit Stellenbosch se algemene opedag is op Saterdag 23 Februarie vanaf 08:30 tot 16:00. Ons moedig ons graad 11-leerders
veral aan om dit by te woon. Ander is ook natuurlik welkom.

Universiteit Stellenbosch Ingenieurswese opedag
7 Februarie 2019
Die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Ingenieurswese hou op Saterdag 23 Februarie van 08:30-16:00 hul jaarlikse opedag. Dit sal by
die Ingenieurswese gebouekompleks aangebied word. Vir verdere inligting rakende registrasie, tye ensovoorts kan juf Greeff genader
word.

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2019
7 Februarie 2019
Die volgende tariewe is vir 2019 goedgekeur:
Skoolfonds: R16 300 per jaar per leerder. Indien die volle bedrag vir die jaar voor of op 28 Februarie 2019 betaal word, sal dit R15 400
beloop (R900 afslag).
Koshuislosies: R27 700 per jaar per leerder. Geen subsidie of afslag is op koshuislosies van toepassing nie.
Busvervoergeld bly tans onveranderd op R8000 per jaar per leerder vir die vol roete. Enige verandering sal aan die betrokke ouers
deurgegee word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers

7 Februarie 2019
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

School Communicator Mobile App
7 Februarie 2019
Besoek hierdie skakel op u selfoon en laai die skool se Communicator af. Blackberry, iPhone en Android toestelle.
http://school-communicator.com/download.php
Indien u liewer verkies om elke Vrydag 'n harde kopie van die nuusbrief op papier te ontvang, kan u kind hierdie nuusbrief elke Vrydag
by mev De Klerk se kantoor gaan afhaal. Slegs 'n beperkte aantal harde kopieë word gemaak.

Welkom by die Hoërskool Swartland Kommunikeerder
31 Januarie 2019
Hierdie Kommunikeerder is 'n gebruikersvriendelike program wat inligting aktief in die rigting van die ouers stoot.
http://www.swartlandhs.co.za/Algemene_nuus/School%20Communcator%20Launch%20Eng_Afr.pdf

KALENDER vir 7 Februarie 2019 - 14 Februarie 2019
7th Februarie 2019
Formele toetse
8th Februarie 2019
Detensie
14:00-16:00
9th Februarie 2019
Atletiek Wes-Boland te Porterville
9th Februarie 2019
Toutrek te HTS Drostdy
9th Februarie 2019
Krieket O/15A (weg)
vs Piketberg
9th Februarie 2019
Krieket O/19A (tuis)
vs Labori
11th Februarie 2019
Swem vs Hugenote (tuis)
11th Februarie 2019
Gholf vs Bridgehouse (tuis)
12th Februarie 2019
Beheerliggaam vergader 18:00
12th Februarie 2019
Swem aflosgala te Girls High
12th Februarie 2019
Formele toetse
13th Februarie 2019
Formele toetse
13th Februarie 2019
Tennis vs Hugenote
tuis / weg
14th Februarie 2019
Bemarking sport, kultuur vergader
18:00
14th Februarie 2019
Valentynsbal
14th Februarie 2019
Netheid inspeksie
14th Februarie 2019
Krieket O/19B (weg)
vs Hugenote
14th Februarie 2019
Krieket O/15B (tuis)
vs Hugenote

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Toetsrooster 1e kwartaal 2019
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5c57ebe54e8ac569119379.pdf
Februarie 01 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5c52f35ec7c95793593729.pdf

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.

Hoërskool Swartland

Malmesbury Advertising