Hoërskool Swartland 6 September 2019

Nuusbrief vir 5 September 2019
Hoërskool Swartland

NUUS

Matriekafskeid: Rooitapyt- geleentheid
5 September 2019
Daar is 'n geleentheid om al die matrieks te sien by die aankoms by die matriekafskeid. Verskillende sitplekke moet egter vooraf
bespreek en gekoop word. Die VIP-pawiljoen sitplek is R60 per persoon, die VIP-stoelsitplek is R50 per persoon en 'n terrassitplek is R10
per persoon. Elke matriekleerder sal 2 gratis R10-bandjies ontvang. Matriekouers kry voorkeur om hul sitplekke te boek vanaf 12
Augustus - 26 Augustus. Daarna sal dit beskikbaar wees vir enigiemand anders. Besprekings en betalings kan dus vanaf 12 Augustus by
ons skool se finanskantoor gedoen word.

Voedingskema
5 September 2019
Ons bedryf tans 'n voedingskema by ons skool. Ons het tans 12 kinders wat daagliks afhanklik is van hierdie voedingskema en die getal
groei steeds. Die skool maak gebruik van vrywilligers wat bereid is om daagliks te help met kospakkies of finansiële bydraes. Indien u
belangstel om van hulp te wees, of meer inligting verlang, kontak asseblief vir Anina by 0828204525 of mev De Klerk by die skool by
022-4821469.

Eisteddfod prestasies
5 September 2019
Die volgende leerders het presteer by die afgelope Eisteddfods:
Bertus Brits (Drama, Voordrag, Prosa); Kristan Kraak ('Writing', Skryfkuns); Chrismarié Malan (Skryfkuns); Liza Eksteen (Sang); Lucia van
der Spuy ('Writing', 'Reading', Lees); Jessica Vorster (Voordrag); Christel Marais (Voordrag, Dialoog); Mia Marais ('Poetry', Dialoog); Fred
Turner ('Poetry'); Jaziél Burrows (Voordrag); Marlena Walters (Ballet groep); Gabriëlla Petersen (Ballet - solo en groep); Lize Rheeder
(Ballet groep); Jalize van Rhyn (Kuns).
Baie geluk aan al hierdie leerders met hul pragtige prestasies!

Perdry prestasies
5 September 2019
Willow de Villiers en haar perd, Barney, sowel as Daniel Basson en sy perd, Bob Marley, is gekies vir die "South African Western
Mounted Games Western Cape" spanne wat van 21 - 23 September aan die Nasionale kampioenskappe in Parys, Vrystaat sal gaan
deelneem. Willow is gekies vir die Vlak 3-span, en Daniel vir die Vlak 2-span vir hul provinsie. Baie geluk aan hierdie leerders!

Finansies - skoolfonds
5 September 2019
Daar is slegs 3 maande oor om u 2019-skoolfonds ten volle voor 20 November 2019 te vereffen.
Maak asseblief seker daar word elke maand 'n paaiement vir skoolfonds betaal. Rekeninge wat 60 dae en langer dormant is, word vir
invordering oorhandig.
Alle ouers dra reeds kennis van die finansiële prosedure en werkswyse van die skool. Indien 'n rekening vir invordering oorhandig is, is
die rekening op ons stelsel geblok en kan ons nie verder geld na daardie rekening allokeer nie. Dan moet u by Du Plessis en Mostert
prokureurs betaal. Probeer asseblief hierdie ongemaklike situasie vermy deur getrou u kind se skoolfonds te betaal.

Koshuislosiesgeld
5 September 2019
Ons vestig u aandag daarop dat daar slegs 3 maande van die jaar oor is om koshuislosiesgeld te betaal. Alle gelde vir 2019 moet teen
30 November ten volle vereffen wees. Skakel vir mev D de Klerk vir enige navrae of reëlings oor koshuisgelde.

Matriek hersieningsessies
5 September 2019
Die Pearson Instituut Durbanville kampus nooi alle 2019 matrieks om op 28 September 2019 'n hersieningsessie by te woon om só
sukses in die eksamen te behaal. Sessies sal in Afrikaans en Engels aangebied word. Besprekings is egter noodsaaklik.
Sessie 1 - 08:30-10:30 Rekeningkunde
Sessie 2 - 10:45-12:45 Wiskunde
Sessie 3 - 13:00-15:00 Fisiese Wetenskappe
Venue: Pearson Instituut Durbanville kampus, Rogersstraat 9, Tygervallei
Koste: R100 per sessie (X-kit Achieve! Eksamen Oefenboekie vir relevante vak is ingesluit)
RSVP by 021-9148000 of stuur 'n e-pos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. voor 26 September 2019.
Besoek www.pearsoninstitute.ac.za vir meer inligting oor die instituut vir hoër onderwys inligting.
Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2019
4 September 2019
Die volgende tariewe is vir 2019 goedgekeur:
Skoolfonds: R16 300 per jaar per leerder.
Koshuislosies: R27 700 per jaar per leerder. Geen subsidie of afslag is op koshuislosies van toepassing nie.
Busvervoergeld bly tans onveranderd op R8000 per jaar per leerder vir die vol roete. Enige verandering sal aan die betrokke ouers
deurgegee word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
4 September 2019
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

KALENDER vir 5 September 2019 - 12 September 2019

5th September 2019
Beheerliggaam vergader 18:00

7th September 2019
Ses-aan-'n-kant krieket

7th September 2019
Huis van Zyl dinee

10th September 2019
Formele toetse

11th September 2019
Formele toetse

 

12th September 2019
Gr 8-11 toetsreeks eindig

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Augustus 29 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5d679d388bbc7807159631.pdf
Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.
Hoërskool Swartland