Hoërskool Swartland 6 September 2018

Nuusbrief vir 6 September 2018
Hoërskool Swartland

NUUS

Uit die skoolhoof se kantoor
6 September 2018
Skoolbywoning van leerders:
Dit is steeds kommerwekkend om te sien dat sommige leerders net eenvoudig sonder rede afwesig is van toetse en skoolbywoning as
geheel. Dit is vir ons uiters belangrik dat leerders getrou hul klasse sal bywoon en nie sonder 'n geldige rede afwesig sal wees nie.
Indien 'n leerder werklik nie 'n toets kan skryf nie, word daar vereis dat 'n doktersertifikaat ingehandig word met die kind se terugkeer
skool toe. Ons vra regtig u samewerking as ouers om ons te help om ons leerders hierdie werksetiek en verantwoordelikheid te leer.

Sportfoto- bestelling
6 September 2018
Die leerders het al die bestelkoeverte vir sportfoto's ontvang. Volg asseblief die instruksies wat op die koevert uiteengesit word. Die
laaste datum vir betalings is 7 September 2018. Alle gelde moet by mev Van der Westhuijzen by die finanskantoor inbetaal word.

Atlete presteer
6 September 2018
Tiaano Walters en Cara Bester het op 1 September aan die WP-stap Ligabyeenkoms te Groenpunt stadion deelgeneem. Tiaano het 'n
tweede plek in die 10km, en Cara 'n eerste plek in die 5km behaal. Hulle het hul baie goed van hul taak gekwyt. Baie geluk!

Handboeke - bestellings vir 2019
6 September 2018
Ons leerders het elkeen 'n handboeklys vir 2019 ontvang. Die bestellings vir 2019 se handboeke kan by mev Van der Westhuijzen se
kantoor ingehandig word.
U kan die bewys van u elektroniese inbetaling, saam met die bestelvorm, in 'n koevert, of die korrekte bedrag in kontant en die
bestelvorm in 'n koevert in die houer by die finanskantoor plaas.
Hoe vroeër u bestel, hoe vroeër sal die leerders die boeke kan ontvang en die 2019 akademiese jaar kan Januarie dadelik afskop.
Byvoorbaat baie dankie vir u samewerking.

WOW spelkompetisie prestasies
6 September 2018
Ons leerders het aan die WOW-spelkompetisie, geloods deur die Afrikaans-Nederlandse Departement van die Universiteit van
Stellenbosch, deelgeneem en as volg presteer:
Kringkompetisie: Gr 9- Bianca Kotzé (goud), Michael le Roux (silwer), Wilmari Braxton (brons), Imke Erasmus (4de). Gr 10- Shawn Day
(goud), Talisha van Niekerk (brons).
Distrikskompetisie: Gr 10- Shawn Day (goud). Gr 9- Wilmarie Braxton (brons). HIerdie leerders het deurgedring na die provinsiale ronde
in Stellenbosch.
Daar is ook vanjaar 'n Engelse deel en die volgende leerders het by die Distrikskompetisie goed gevaar:
Gr 8- Yvana Scott (goud), Anna-Nelle Smuts (silwer).
Gr 9- Anita September (goud), Mihle Bentele (silwer), Ischa Lottering (brons), Gladys Matewa (4de).
Hulle dring ook deur na die provinsiale ronde.

Ballet Eisteddfod presteerders
6 September 2018
Ons het die volgende uitslae na afloop van die Wes-Boland ballet eisteddfod ontvang:
Gabriella Petersen: 15-16 jr. Solo Pointe Goud, Solo Neo Classical Cum Laude, Solo ballet Cum Laude.
Lize Rheeder: 15-16jr trio Goud en 13-14jr solo Cum Laude.
Lize-Mari Steyn: 15-16jr trio Goud en 13-14jr solo Silwer.
Jaziel Burrows: 15-16jr trio Goud en solo Silwer.
Marlena Walters: 13-14jr duet Goud, solo Goud en trio Silwer.
Linda van Wyk: 13-14jr duet Goud, solo Goud en trio Silwer.
Michaela Smit: 13-14jr trio Silwer en solo Brons.
Baie geluk aan hierdie dogters!

Hokkie afrigters 2019
6 September 2018
Ons benodig hokkie afrigters vir die 2019-seisoen. Indien u belangstel, of weet van iemand wat sou belangstel, kan u vir mnr Rowan
McLachlan 'n e-pos stuur by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Matriekafskeid kaartjies toeskouers - Terras
6 September 2018
Terraskaartjies: Dié kaartjies kos R10 elk en is terselfdertyd 'n toegangskaartjie by die hek. Hierdie toeskouers moet self sorg vir 'n
kampstoel of kombers om op te sit. Geen sitplekke / stoele / pawiljoen gaan verskaf word nie. Hierdie kaartjies sien dan ook die
aankoms van die matrieks van 'n bietjie verder af as die VIP kaartjies, omtrent so 80 meter van die rooitapyt af. Die terrasse is op
verskillende vlakke - almal sal dus goed kan sien.
Die kaartjies is by mev Van der Westhuijzen by die finanskantoor te koop.

Matriekafskeid kaartjies toeskouers - VIP sitplekke
6 September 2018
VIP kaartjies: Dié kaartjies kos R30 elk en is ook terselfdertyd 'n toegangskaartjie. Hierdie sitplekke is egter vooraf genommer en
uitgemerk volgens die kaartjie, en is teenaan die rooitapyt waar die matrieks natuurlik van naby gesien kan word, soos in 'n
modeparade. Elke VIP toeskouer kry ook 'n komplimentêre botteltjie water, asook 'n houer met springmielies. Daar is nog 'n paar van
hierdie kaartjies oor en dis by mev Van der Westhuijzen by ons skool se finanskantoor te koop.

Wiskunde Lenteskool gr 12
6 September 2018
Daar sal gedurende Oktober 'n Lenteskool vir graad 12-leerders aangebied word en wel vanaf Maandag 1 Oktober tot Vrydag 5 Oktober.
Die kursus behels 2 ure per dag vir die 5 dae. Tye sal ooreengekom word.
Volledige opsommings, aantekeninge en oefeninge word verskaf wat leerders tuis moet voltooi. Vir goeie resultate is dit baie belangrik
dat leerders hul volle samewerking in hierdie verband gee.
Vir verdere navrae en kostes hieraan verbonde kan u me Elsie Oosthuizen by 082 378 6830 skakel. Bevestig met haar voor of op
Donderdag 20 September 2018.

Wiskunde klasse info
6 September 2018
Mnr Visser bied steeds ekstra wiskunde-klasse by die skool aan. Die dae en tye is as volg:
Maandae 15:00-16:30
Dinsdae 15:00-16:00
Donderdae 15:00-16:00
Leerders is welkom om by hom aan te meld en reëlings te tref.

Binnenshuise hokkie toernooi
6 September 2018
Daar sal proewe vir die kies van 'n span vir die Nasionale byeenkoms gehou word, by die volgende geleenthede:
7,8 September - Kleinplasie, Worcester
15 September - HS Swartland se Astro-baan. Spelers mag soveel proewe bywoon as wat hul wil.
Onthou die volgende as u wil registreer vir proewe:
Die nasionale byeenkoms sal in Kaapstad gedurende Desember gehou word:
O/12 - O/14: 13-17 Des. 2018
O/16 & O/18: 17-21 Des. 2018
Kostes vir inslaapgeriewe: ±R5500, Kit uitgesluit
Kostes vir nie inslaap: ±R4500, Kit uitgesluit
Kit: ±550, hang af van jou bestelling
Afrigtingsessies sal binne spanverband gereël word.
Spanne moet deelneem aan die 'superfives' (2 dae) gedurende die Oktober vakansie @ R450 per speler.
Die registrasievorm is by: https://goo.gl/forms/qshOgmin8DkwRslJ2
Navrae: R McLachlan

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2018
6 September 2018
Skoolfonds: R14 900 per jaar per leerder.
Per kwartaal: R3 725 per kwartaal, betaal binne die eerste 2 weke van elke kwartaal;
Maandeliks: R1 490 per maand oor 10 maande, betaal voor die 25ste van elke maand.
Koshuislosies: R25 600 per jaar per leerder, per kwartaal: R6 400; maandeliks: R2 560 per maand oor 10 maande.
Busvervoer: R2 000 per kwartaal of R800 per maand oor 10 maande.
Vir enige navrae kan mev Van der Westhuijzen (skoolfonds) en mev De Klerk (koshuislosies en busgeld) by die skool gekontak word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
6 September 2018
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

KALENDER vir 6 September 2018 - 13 September 2018

7th September 2018
Formele toetse
7th September 2018
Loslitdag
Plakkers @ R10 by registerklasse te koop.
9th September 2018
Hoofdesimposium
11th September 2018
Formele toetse
12th September 2018
Formele toetse
13th September 2018
Formele toetse
13th September 2018
Netheid inspeksie

Augustus 31 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5b87c8208a30f668960231.pdf
Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.
Hoërskool SwartlandNuusbrief vir 6 September 2018
Hoërskool Swartland

Malmesbury Advertising