Hoërskool Swartland 31 Januarie 2019

Nuusbrief vir 31 Januarie 2019
Hoërskool Swartland

NUUS

Uit die skoolhoof se kantoor
31 Januarie 2019
Graad 12-oueraand: Baie dankie aan elkeen wat by die graad 12-oueraand betrokke was met die reëlings, sowel as almal wat dit
bygewoon het. Dit was 'n suksesvolle geleentheid waar baie belangrike inligting aan ons leerders en ouers deurgegee is.
Somersport: Baie dankie aan ons afrigters, leerders, beamptes en organiseerders wat by ons somersport afrigting, wedstryde en
byeenkomste betrokke is, en wat so getrou op hul pos is. Dit word raakgesien en waardeer.

E-posse verander
31 Januarie 2019
Ons wil net weer u aandag daarop vestig dat ons e-pos adresse verander het. Die agterste gedeelte verander na .co.za en NIE meer die
org.za NIE.
Wanneer u dus die woord 'finansies' intik en die rekenaar outomaties die e-pos optel, maak seker dit eindig op .co.za U kan ook nie
bloot op vorige e-posse 'reply' nie, u moet seker maak dat dit die nuwe e-pos adres is wat eindig op .co.za
Mev Van der Westhuijzen (finansies) is: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Mev Hamman (ontvangs) is: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Mev De Klerk is nou: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Baie dankie en jammer vir die ongerief.

Skoolfonds
31 Januarie 2019
Wanneer u u kind(ers) se skoolfonds betaal, gebruik asseblief die leerder(s) se leerdernommer en nie die lukrake familiekode nie. Die
leerdernommers begin onderskeidelik met 219..., 20..., 21..., 22... en 23... .
U kan ook nét na die nommer die leerder se VAN gebruik en as daar nog karakters oor is, die NAAM of VOORLETTERS. Dit skakel
verwarring uit, veral waar leerders dieselfde vanne en voorletters het.
Indien u oor iets twyfel of 'n vraag het, is u welkom om mev Van der Westhuijzen by ons finanskantoor te skakel.
Daar was op 7 Januarie 'n kaartbetaling van R1 400 wat ons nie kan allokeer nie. Indien dit u inbetaling was, kan u ook mev Van der
Westhuijzen kontak.

Nuwe aansoeke vir 2020
31 Januarie 2019
Voornemende aansoekers vir 2020 kan vanaf 15 Februarie 2019 'n aanlyn-aansoek indien deur die volgende skakel te gebruik:
https://admissions.westerncape.gov.za/qaadmissions/login
U kan ons help deur hierdie nuus aan belangstellendes oor te dra.

Toneeluitstappies
31 Januarie 2019
Daar is 'n geleentheid op 13 Februarie by die Baxter en 8 Maart in Stellenbosch om toneelstukke te gaan kyk.
13 Februarie is 'Krotoa' teen R50 'n kaartjie. Op 8 Maart is 'Ou Blou' waarin ons eie mede-leerder, Graeme Watson, speel teen R70 per
kaartjie.
Hierdie geleenthede is slegs vir Hoërskool Swartland leerders en die kaartjies is by ons skool se finanskantoor beskikbaar. Daar is 'n
beperkte aantal kaartjies.

Pathcare geleentheid
31 Januarie 2019
Pathcare, Neels Bothma straat, Goodwood, bied Laboratorium toere en "Job shadowing" aan vir leerders in graad 10 - 12 wat
geïnteresseerd is in 'n mediese laboratorium beroep, soos byvoorbeeld mediese tegnologie, patologie, ontleding ens. Dit word op die
volgende datums aangebied: 22 Februarie, 26 April, 26 Julie, 27 September en 29 November. Vir meer inligting oor die plek en tye, kan
u 'n e-pos rig aan: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Universiteit Stellenbosch Ingenieurswese opedag
31 Januarie 2019
Die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Ingenieurswese hou op Saterdag 23 Februarie van 08:30-16:00 hul jaarlikse opedag. Dit sal by
die Ingenieurswese gebouekompleks aangebied word. Vir verdere inligting rakende registrasie, tye ensovoorts kan juf Greeff genader
word.

Dans prestasies
31 Januarie 2019
Ons het die volgende prestasies van Move Dansskool, vir moderne danse eksamens, ontvang:
Hip-hop Vlak 4 - Zoë Ferreira en Romi Parsons - albei 'Honours' (85%)
Modern - graad 8 - Clarize Nel - 'Honours' (85%)
Modern - graad 10 - Corli de Clercq en Isabella van der Vyver - albei 'Honours' (85%) en Luka le Roux - 'Highly Commended' (80%).
Baie geluk aan hierdie dogters met pragtige uitslae!

Gholf interskole uitslae
31 Januarie 2019
Swartland het die gholf interskole 2019 gewen! Die A-span wen met 46 punte teen Hugenote se 16 punte. Ons B-span wen ook met 38
punte teenoor 23 punte van Hugenote. Tian van Lill was die ster van die dag en het 36 houe gespeel en 18 punte aangeteken. Baie
geluk aan ons gholfspelers!

Krieket O/19A uitslae
31 Januarie 2019
HSS vs Klein Nederburg:
Swartland kolf eerste en teken 249 lopies aan vir 9 paaltjies na 50 boulbeurte. André Pienaar teken 76 lopies aan en AW Steyn teken 55
lopies aan (nie uit nie). Klein Nederburg word uitgeboul vir 234 lopies. Brady Lewis neem 3 paaltjies vir 26 lopies in 10 boulbeurte.
Swartland wen dus met 15 lopies.
HSS vs Porterville:
Swartland kolf eerste en teken 264 almal uit aan. André Pienaar teken 48 lopies aan. Bertus Malan teken 65 lopies aan. Wiaan van
Reenen teken 68 lopies aan. Porterville word uitgehaal vir 73 lopies. Reuben Tharratt neem 4 paaltjies en Wiaan van Reenen neem 5
paaltjies. Swartland wen met 191 lopies.

Krieket O/15A uitslae
31 Januarie 2019
HSS vs Dirkie Uys:
Swartland haal Dirkie Uys uit vir 154 lopies na 35 boulbeurte. Jan-Paul Bester neem 4 paaltjies vir 36 lopies in 6 boulbeurte. Swartland
word uitgehaal vir 134 lopies na 34 boulbeurte en verloor dus met 20 lopies.
HSS vs Charlie Hofmeyr:
Swartland haal Charlie Hofmeyr uit vir 114 lopies na 26 boulbeurte. Lincoln Swarts neem 3 paaltjies en André Beukes neem 4 paaltjies.
Swartland word uitgehaal vir 84 lopies na 27 boulbeurte, en verloor dus die wedstryd met 30 lopies.

Malmesbury skole bidgroep (MSB)
31 Januarie 2019
Daar is tans 'n skole bidgroep in Malmesbury wat op gereelde basis bymekaarkom, en wel elke Dinsdag van 08:00-09:00. Enige
belangstellende kan Talitha by 084 519 7109 kontak vir verdere inligting.

Toetsrooster
31 Januarie 2019
Sien die eerste kwartaal se toetsrooster onder "Bronne / Resources" op hierdie Communicator.

Buitemuurse program
31 Januarie 2019
Die buitemuurse program vir kwartaal 1 is onder Bronne / "Resources" op hierdie communicator.
U moet die Communicator aflaai om al die opsies te sien en oop te maak. Sien 'link' hieronder by 'School communicator Mobile App.

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2019
31 Januarie 2019
Die volgende tariewe is vir 2019 goedgekeur:
Skoolfonds: R16 300 per jaar per leerder. Indien die volle bedrag vir die jaar voor of op 28 Februarie 2019 betaal word, sal dit R15 400
beloop (R900 afslag).
Koshuislosies: R27 700 per jaar per leerder. Geen subsidie of afslag is op koshuislosies van toepassing nie.
Busvervoergeld bly tans onveranderd op R8000 per jaar per leerder vir die vol roete. Enige verandering sal aan die betrokke ouers
deurgegee word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
31 Januarie 2019
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

School Communicator Mobile App
31 Januarie 2019
Besoek hierdie skakel op u selfoon en laai die skool se Communicator af. Blackberry, iPhone en Android toestelle.
http://school-communicator.com/download.php
Indien u liewer verkies om elke Vrydag 'n harde kopie van die nuusbrief op papier te ontvang, kan u kind hierdie nuusbrief elke Vrydag
by mev De Klerk se kantoor gaan afhaal. Slegs 'n beperkte aantal harde kopieë word gemaak.

Welkom by die Hoërskool Swartland Kommunikeerder
31 Januarie 2019
Hierdie Kommunikeerder is 'n gebruikersvriendelike program wat inligting aktief in die rigting van die ouers stoot.
http://www.swartlandhs.co.za/Algemene_nuus/School%20Communcator%20Launch%20Eng_Afr.pdf

KALENDER vir 31 Januarie 2019 - 7 Februarie 2019
31st Januarie 2019
HSS BL vergader met LSS BL
1st Februarie 2019
Detensie
14:00-16:00
1st Februarie 2019
Wiskundetoets
1st Februarie 2019
Atletiek Swartlandsone (tuis)
2nd Februarie 2019
Krieket O/19A (weg)
vs Vredenburg
2nd Februarie 2019
Krieket O/15A (tuis)
vs Vredenburg
2nd Februarie 2019
Toutrek te Helderberg
4th Februarie 2019
Erekleuretoekenning
4th Februarie 2019
Personeel ontwikkeling 14:15
5th Februarie 2019
Formele toetse
5th Februarie 2019
Finansies vergader 18:00
6th Februarie 2019
Formele toetse
6th Februarie 2019
Tennis 1e, 2e S en D vs Dirkie Uys
(weg)
7th Februarie 2019
Formele toetse
7th Februarie 2019
Studiekursus 18:00

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Eerste kwartaal toetsreeks 2019
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5c51490c78ceb915288545.pdf
Januarie 25 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5c49abefd6bdb529599760.pdf

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.

Hoërskool Swartland

Malmesbury Advertising