Hoërskool Swartland 30 Augustus 2018

Nuusbrief vir 30 Augustus 2018
Hoërskool Swartland

NUUS
Uit die skoolhoof se kantoor
30 Augustus 2018
Toetsreeks: Soos u reeds weet, is ons leerders druk besig met hul toetsreeks. Ons sit steeds met leerders wat sonder geldige rede
afwesig is en nie 'n vraestel kom skryf nie. Let asseblief daarop dat elke afwesigheid met 'n geldige doktersertifikaat opgevolg moet
word. Ons wil ook nie leerders toelaat om, na afloop van 'n toets, uit te teken nie. Die skooldag met klasonderrig gaan normaal voort na
die toets en ons wil u vriendelik versoek om enige afspraak van watter aard ookal, waar u kind betrokke is, na skool te maak. Ons
leerders se getroue klasbywoning is van kardinale belang vir hul akademiese vordering. Baie dankie dat u ons hierin sal ondersteun.

VIA- DSTV opname
30 Augustus 2018
Ons sê baie dankie aan al ons leerders, sowel as die personeel wat betrokke was by die opname van die VIA, kanaal 147 op DSTV
selfoon skolekompetisie. Dis die heel eerste kompetisie van sy soort en die produksie sal vir reklame gebruik word.

Bloedskenk by skool
30 Augustus 2018
Daar is weer 'n geleentheid vir bloedskenk by die skool op Vrydag 31 Augustus van 10:00 - 14:00.
Dit vind in die skool se biblioteek plaas en enige persoon bo die ouderdom van 16 is welkom.
Nuwe skenkers is ook welkom.

Loslitdag 7 September
30 Augustus 2018
Vrydag, 7 September is Loslitdag. Plakkers teen R10 elk is vanaf Maandag 3 September tot Donderdag 6 September in die
registerperiode in die klasse te koop.

Matriekafskeid: Gr 11 en 12-leerders
30 Augustus 2018
Die graad 11-leerders wat kelners is, sowel as die graad 12-leerders wat nog kaartjies moet koop, moet asseblief daarop let dat al
hierdie geld teen Vrydag 31 Augustus by ons finanskantoor betaal moet wees.

Sportfoto- bestelling
30 Augustus 2018
Die leerders het al die bestelkoeverte vir sportfoto's ontvang. Volg asseblief die instruksies wat op die koevert uiteengesit word. Die
laaste datum vir betalings is 7 September 2018. Alle gelde moet by mev Van der Westhuijzen by die finanskantoor inbetaal word.

Handboeke - bestellings vir 2019
30 Augustus 2018
Ons leerders het elkeen 'n handboeklys vir 2019 ontvang. Die bestellings vir 2019 se handboeke kan by mev Van der Westhuijzen se
kantoor ingehandig word.
U kan die bewys van u elektroniese inbetaling, saam met die bestelvorm, in 'n koevert, of die korrekte bedrag in kontant en die
bestelvorm in 'n koevert in die houer by die finanskantoor plaas.
Hoe vroeër u bestel, hoe vroeër sal die leerders die boeke kan ontvang en die 2019 akademiese jaar kan Januarie dadelik afskop.
Byvoorbaat baie dankie vir u samewerking.

Hokkie afrigters 2019
30 Augustus 2018
Ons benodig hokkie afrigters vir die 2019-seisoen. Indien u belangstel, of weet van iemand wat sou belangstel, kan u vir mnr Rowan
McLachlan 'n e-pos stuur by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Hokkie toernooi uitslae
30 Augustus 2018
Op 24 en 25 Augustus het ons (voorlopige, voorgestelde) eerste seunshokkiespan vir 2019 aan die Taylor Blinds toernooi in
Stellenbosch deelgeneem. Die seuns het baie goed gevaar met 'n uiteindelike 5de plek uit 12 skole wat deelgeneem het. Die resultate
is as volg:
Wen HS Stellenbosch 3-1, wen HS Hottentots Holland 3-0, Gelykop teen Paarl Gimnasium 1-1, verloor teen Parel Vallei 1-5, wen Charlie
Hofmeyr 5-1 en wen Hugenote Hoërskool 2-1. Baie geluk, seuns!

Rugby: Boland 7's uitslae
30 Augustus 2018
Gedurende die naweek van 25 Augustus het ons seuns aan 'n Boland sewestoernooi deelgeneem en as volg gevaar:
Wen Paulus Joubert 31-7, wen Dirkie Uys 24-5, gelykop teen Hermanus 17-17, verloor Drostdy 20-26 en verloor Hopefield 14-34. Wel
gedaan, seuns!

Wiskunde Lenteskool gr 12
30 Augustus 2018
Daar sal gedurende Oktober 'n Lenteskool vir graad 12-leerders aangebied word en wel vanaf Maandag 1 Oktober tot Vrydag 5 Oktober.
Die kursus behels 2 ure per dag vir die 5 dae. Tye sal ooreengekom word.
Volledige opsommings, aantekeninge en oefeninge word verskaf wat leerders tuis moet voltooi. Vir goeie resultate is dit baie belangrik
dat leerders hul volle samewerking in hierdie verband gee.
Vir verdere navrae en kostes hieraan verbonde kan u me Elsie Oosthuizen by 082 378 6830 skakel. Bevestig met haar voor of op
Donderdag 20 September 2018.

Matriekafskeid kaartjies toeskouers - Terras
30 Augustus 2018
Terraskaartjies: Dié kaartjies kos R10 elk en is terselfdertyd 'n toegangskaartjie by die hek. Hierdie toeskouers moet self sorg vir 'n
kampstoel of kombers om op te sit. Geen sitplekke / stoele / pawiljoen gaan verskaf word nie. Hierdie kaartjies sien dan ook die
aankoms van die matrieks van 'n bietjie verder af as die VIP kaartjies, omtrent so 80 meter van die rooitapyt af. Die terrasse is op
verskillende vlakke - almal sal dus goed kan sien.
Die kaartjies is by mev Van der Westhuijzen by die finanskantoor te koop.

Matriekafskeid kaartjies toeskouers - VIP sitplekke
30 Augustus 2018
VIP kaartjies: Dié kaartjies kos R30 elk en is ook terselfdertyd 'n toegangskaartjie. Hierdie sitplekke is egter vooraf genommer en
uitgemerk volgens die kaartjie, en is teenaan die rooitapyt waar die matrieks natuurlik van naby gesien kan word, soos in 'n
modeparade. Elke VIP toeskouer kry ook 'n komplimentêre botteltjie water, asook 'n houer met springmielies. Daar is slegs 31 van
hierdie kaartjies oor en dis by mev Van der Westhuijzen by ons skool se finanskantoor te koop.

Binnenshuise hokkie toernooi
30 Augustus 2018
Daar sal proewe vir die kies van 'n span vir die Nasionale byeenkoms gehou word, by die volgende geleenthede:
7,8 September - Kleinplasie, Worcester
15 September - HS Swartland se Astro-baan. Spelers mag soveel proewe bywoon as wat hul wil.
Onthou die volgende as u wil registreer vir proewe:
Die nasionale byeenkoms sal in Kaapstad gedurende Desember gehou word:
O/12 - O/14: 13-17 Des. 2018
O/16 & O/18: 17-21 Des. 2018
Kostes vir inslaapgeriewe: ±R5500, Kit uitgesluit
Kostes vir nie inslaap: ±R4500, Kit uitgesluit
Kit: ±550, hang af van jou bestelling
Afrigtingsessies sal binne spanverband gereël word.
Spanne moet deelneem aan die 'superfives' (2 dae) gedurende die Oktober vakansie @ R450 per speler.
Die registrasievorm is by: https://goo.gl/forms/qshOgmin8DkwRslJ2
Navrae: R McLachlan

Wiskunde klasse info
30 Augustus 2018
Mnr Visser bied steeds ekstra wiskunde-klasse by die skool aan. Die dae en tye is as volg:
Maandae 15:00-16:30
Dinsdae 15:00-16:00
Donderdae 15:00-16:00
Leerders is welkom om by hom aan te meld en reëlings te tref.

Gratis skakel vir Microsoft Office
30 Augustus 2018
Vir die leerders wat navraag gedoen het oor hierdie skakel, hier is dit weer. Dit is 'n skakel / "link" wat julle kan gebruik (na registrasie),
vir gratis Microsoft Office:
https://mahala.ms/Home.aspx

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2018
30 Augustus 2018
Skoolfonds: R14 900 per jaar per leerder.
Per kwartaal: R3 725 per kwartaal, betaal binne die eerste 2 weke van elke kwartaal;
Maandeliks: R1 490 per maand oor 10 maande, betaal voor die 25ste van elke maand.
Koshuislosies: R25 600 per jaar per leerder, per kwartaal: R6 400; maandeliks: R2 560 per maand oor 10 maande.
Busvervoer: R2 000 per kwartaal of R800 per maand oor 10 maande.
Vir enige navrae kan mev Van der Westhuijzen (skoolfonds) en mev De Klerk (koshuislosies en busgeld) by die skool gekontak word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
30 Augustus 2018
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

KALENDER vir 30 Augustus 2018 - 6 September 2018

30th Augustus 2018
Diss. komitee vergader 18:00

30th Augustus 2018
Formele toetse

31st Augustus 2018
Koshuiskomitee vergader 13:00

31st Augustus 2018
Bloedskenk
HS Swartland biblioteek 10:00-14:00

31st Augustus 2018
Formele toetse

31st Augustus 20181st September 2018
Senior beplanning personeel

31st Augustus 2018
Uitnaweek

3rd September 2018
Gr 12 eksamen begin

3rd September 2018
Beheerliggaam vergader 18:00
Oor skoolgeld

4th September 2018
Formele toetse

5th September 2018
Formele toetse

5th September 2018
Gr 10, 11 Landbou na
Swartlandskou
10:00

6th September 2018
Formele toetse

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Augustus 24 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5b7e9c4a36b4a568027767.pdf

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.
Hoërskool Swartland

Malmesbury Advertising