Hoërskool Swartland 29 Augustus 2019

Nuusbrief vir 29 Augustus 2019
Hoërskool Swartland

NUUS

Loslitdag 6 September
29 Augustus 2019
Loslitdagplakkers teen R10 elk is nog tot Woensdag 4 September in die registerklasse te koop. Leerders moet asseblief vroegtydig hul
plakkers aanskaf aangesien ons nie laatkommers sal kan akkommodeer nie.

Klerebank tye
29 Augustus 2019
Die klerebank sal op die volgende dae gesluit wees:
30 Augustus, 2 September, 4 September
Dit sal wel op Donderdag 5 September oop wees vanaf 09:30-14:30, en dan weer gewone dae (Maandae, Woensdae, Vrydae) en tye
(09:30-14:30) verder.

Matriekafskeid: Rooitapyt- geleentheid
29 Augustus 2019
Daar is 'n geleentheid om al die matrieks te sien by die aankoms by die matriekafskeid. Verskillende sitplekke moet egter vooraf
bespreek en gekoop word. Die VIP-pawiljoen sitplek is R60 per persoon, die VIP-stoelsitplek is R50 per persoon en 'n terrassitplek is R10
per persoon. Elke matriekleerder sal 2 gratis R10-bandjies ontvang. Matriekouers kry voorkeur om hul sitplekke te boek vanaf 12
Augustus - 26 Augustus. Daarna sal dit beskikbaar wees vir enigiemand anders. Besprekings en betalings kan dus vanaf 12 Augustus by
ons skool se finanskantoor gedoen word.

Montagu Arts Festival - prestasies
29 Augustus 2019
Ons skool het 6 produksies en 20 leerders vir hierdie fees ingeskryf. Ons leerders het in totaal 'n uitstekende 11 dubbelgoud, 21 goud,
17 silwer en 6 brons toekennings behaal. Die nominasies vir die prysuitdeling het die volgende ingesluit: Me M Horn - beste regisseur;
Calvin Braaf, Jay Gordon-Turner en Graeme Watson vir beste akteur; Jenna Hopley vir beste ondersteunende aktrise; Shawn Day vir
beste ondersteunende akteur. Shawn het toe hierdie (laasgenoemde) afdeling gewen. Mnr Johann Spies en Mia Marais en Shawn Day
het 2 van die 6 produksies se tekste geskryf. Baie geluk aan ons leerders en hul afrigters met hierdie besondere prestasies!

Ons koor presteer weer
29 Augustus 2019
Ons skoolkoor het by die Paarl Vallei Eisteddfod 'n Cum Laude toekenning verwerf. Baie geluk!

Taalquiz prestasies
29 Augustus 2019
Drie van ons leerders het aan die Weskusdistrik se Afrikaanse Taalquiz deelgeneem en onder die eerste vyf in die kompetisie geëindig:
Thea Nel - eerste plek, Benjamin van Rhyn - vierde plek en Eduard Nel - vyfde plek. Hierdie leerders is uitgenooi om op 31 Augustus aan
die Provinsiale kompetisie in Parow deel te neem. Baie geluk en wel gedaan!

WOW spelkompetisie uitslae
29 Augustus 2019
Die volgende leerders het aan die distrikskompetisie deelgeneem en die volgende plekke behaal:
Afrikaans Huistaal graad 9 - Milandri Timotheus, vierde plek
Engels Eerste Addisionele taal - Graad 8 - Chloë Leng 'n tweede plek en Talita Engelbrecht 'n vierde plek
Graad 9 - Yvana Scott 'n eerste plek
Hierdie leerders dring deur na die provinsiale rondte op 7 September te Stellenbosch.

Eugene presteer
29 Augustus 2019
Eugene Vermaak, 'n graad 8-leerder, is aangewys as die Swartlandtak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se
skut van die jaar en het met trots 'n trofee hiervoor ontvang. Baie geluk, Eugene!

Eskom Expo uitslae
29 Augustus 2019
Ons skool het op 13 en 14 Augustus vir die tweede keer aan die Eskom Expo uitstalling vir jong wetenskaplikes deelgeneem. Twee
leerders het vanjaar individueel deelgeneem, Kristan Kraak en Asemahle Shiceka. Die projek moet die dag van die uitstalling op 'n groot
bord uiteengesit word en daar word met drie beoordelaars 'n mondelinge gesprek oor die projek gevoer. Kristan het 'n brons toekenning
verwerf. Wel gedaan aan hierdie leerders!

Karate prestasies
29 Augustus 2019
Die volgende leerders het aan die karate Weskusproewe deelgeneem en altesaam 10 goue medaljes in hul groep ingepalm:
Fagan Thompson, Anja Styger, Nadia Swart, Nina Janse van Rensburg, Emma Wynjeterp en Sergio Arendse. Baie geluk aan hierdie
leerders!

Taylor Blinds hokkietoernooi
29 Augustus 2019
Ons eerste seunshokkiespan het op 24 Augustus aan die Taylor Blinds hokkietoernooi deelgeneem en alhoewel hulle nie baie goed
gevaar het teenoor Paarl Boys high, Gimnasium en Hugenote nie, het hulle goeie ondervinding opgedoen en Hoërskool Swartland se
naam hoog gehou.

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2019
29 Augustus 2019
Die volgende tariewe is vir 2019 goedgekeur:
Skoolfonds: R16 300 per jaar per leerder.
Koshuislosies: R27 700 per jaar per leerder. Geen subsidie of afslag is op koshuislosies van toepassing nie.
Busvervoergeld bly tans onveranderd op R8000 per jaar per leerder vir die vol roete. Enige verandering sal aan die betrokke ouers
deurgegee word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
29 Augustus 2019
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

KALENDER vir 29 Augustus 2019 - 5 September 2019
29th Augustus 2019
BL Subkom. Dissiplinêr vergader
18:00

29th Augustus 2019
Formele toetse

29th Augustus 2019
Public speaking
17:30

30th Augustus 2019
Krieketdans

30th Augustus 2019
Uitnaweek

30th Augustus 2019
Koshuiskomitee vergader 13:00

30th Augustus 2019
Senior beplanning

30th Augustus 2019
Klerebank gesluit vir dag

31st Augustus 2019
Huis van Zyl dinee

31st Augustus 2019
Landlope (Wes-Kaap kamp, TBC)

2nd September 2019
Klerebank gesluit vir dag

2nd September 2019
Gr 12 LO eksamen

3rd September 2019
Formele toetse

4th September 2019
Formele toetse

4th September 2019
Klerebank gesluit vir dagSeptember 2019
Beheerliggaam vergader 18:00

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae

Augustus 23 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5d5e67f82720a471158949.pdf

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.

Hoërskool Swartland