Hoërskool Swartland 28 September 2018

Nuusbrief vir 27 September 2018
Hoërskool Swartland

NUUS

Rapporte derde kwartaal
27 September 2018
Rapporte word Vrydag 28 September aan aanwesige leerders by die skool oorhandig. Graad 12-leerders kan hul rapporte tussen 10:30
en 11:00 kom afhaal.

Graad 12 laaste skooldag
27 September 2018
Hiermee word elke matriekleerder en sy/haar ouers uitgenooi om na afloop van die verrigtinge in die skoolsaal op Vrydag 12 Oktober,
gesellig te kom verkeer in die FS sportsentrum. Die graad 8 OOV ouers maak gereed om julle te ontvang en te trakteer op ietsie te eet
en te drink. Dit is 'n lekker geleentheid om vir oulaas hierdie jaar saam te kuier met mede-klasmaats en ouers saam met wie u 'n lang
pad gestap het! Ons hoop om u almal daar te sien.

Damesoggend met Leandie Du Randt Bosch
27 September 2018
As 'n fondsinsamelingspoging vir ons 2019 matriekafskeid word bogenoemde funksie aangebied.
Datum en tyd: 27 Oktober 2018, 09:00 vir 09:30
Plek: NG kerk Swartland-Noord kerksaal
Drag: Vrolik Vroulik
Kaartjies: volwassenes R150, kinders R100
Kaartjies is by ons skool se finanskantoor by mev P van der Westhuijzen beskikbaar.

Reünies
27 September 2018
Ons 1978-reünie het baie goed afgeloop. Dit was 'n lekker gesellige klompie bymekaar en ons glo dit was 'n onvergeetlike dag vir almal.
Hulle het ook die staptog deur die skool baie interessant gevind. Ons wil graag hierdie groep bedank vir die Geelhoutboom wat hulle vir
ons geskenk het. Dit sal ons altyd aan hulle herinner. Baie dankie aan al ons groepe wat hierdie jaar reünie gehou het. Dit was telkens
vir ons lekker om u hier by die skool te ontvang. Ons oudstudentebond onder leiding van Hendrik Spies (voorsitter) is ook nou al sterk
op die been met allerhande projekte en inisiatiewe. Indien ons oudleerders wat hierdie nuus lees by die oudstudentebond wil aansluit of
enige navrae oor reünies het, kan u mev De Klerk by die skool skakel.

Tennis uitslae
27 September 2018
Ons eerste dogterstennisspan het verlede naweek aan die Westman Tennistoernooi op Ceres deelgeneem.
Agt dogterspanne, verdeel in twee poele, het aan die toernooi deelgeneem. In die eerste poel was Swartland, DF Malan, Belville B en
Melkbos. Die tweede poel was Charlie Hofmeyr, Bellville A, StCyprians en 'n gekombineerde span. Elke rondte het uit 6 wedstryde
bestaan - 4 enkel en 2 dubbel wedstryde. Swartland het hul poel oortuigend gewen en in die proses net 1 uit 18 wedstryde afgestaan.
Die 2 poele het daarna oorkruis teen mekaar gekompeteer en ons het Charlie Hofmeyr in die semi-finaal met 5-1 geklop. DF Malan het
toe vir StCyprians geklop en ons moes weer in die finaal teen hulle speel. HSS het hulle toe 4-2 gewen. Baie geluk aan ons dogters met
hul puik vertoning!

Finesse werkswinkel: studieprogram
27 September 2018
Finesse bied 'n werkswinkel vir ouers onder leiding van dr. Deon van Wyk en dr. Jena Raubenheimer aan. Dié studieprogram genaamd
'Bly kalm en leer slim-studieprogram' word op Donderdag 18 Oktober 17:30 vir 18:00 in die Kaap by NG Vredelust in Bellville aangebied.
U word op VIP behandeling getrakteer, en ontvang die studieprogram (DVD's en handleiding) ter waarde van R1000 gratis.
Die doel van die werkswinkel is om ouers te leer hoe om saam met hul kinders die gewoontes van suksesvolle leer te bemeester.
Kaartjies beloop R50 per persoon en R75 per ouerpaar. Kaartjies kan gekoop word by: kalender.voelgoed.co.za
Vir meer inligting kan u die Finesse Voelgoed tydskrif se Facebook bladsy besoek, of in die nuwe uitgawe van Finesse kyk vir detail.

Handboeke - bestellings vir 2019
27 September 2018
Ons leerders het elkeen 'n handboeklys vir 2019 ontvang. Die bestellings vir 2019 se handboeke kan by mev Van der Westhuijzen se
kantoor ingehandig word.
U kan die bewys van u elektroniese inbetaling, saam met die bestelvorm, in 'n koevert, of die korrekte bedrag in kontant en die
bestelvorm in 'n koevert in die houer by die finanskantoor plaas. Onthou asseblief om u kind se naam en van op die bestelling en
inbetaling aan te dui.
Hoe vroeër u bestel, hoe vroeër sal die leerders die boeke vir die 2019 akademiese jaar kan ontvang.
Baie dankie vir u samewerking.

Hokkie afrigters 2019
27 September 2018
Ons benodig hokkie afrigters vir die 2019-seisoen. Indien u belangstel, of weet van iemand wat sou belangstel, kan u vir mnr Rowan
McLachlan 'n e-pos stuur by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2018
27 September 2018
Skoolfonds: R14 900 per jaar per leerder.
Per kwartaal: R3 725 per kwartaal, betaal binne die eerste 2 weke van elke kwartaal;
Maandeliks: R1 490 per maand oor 10 maande, betaal voor die 25ste van elke maand.
Koshuislosies: R25 600 per jaar per leerder, per kwartaal: R6 400; maandeliks: R2 560 per maand oor 10 maande.
Busvervoer: R2 000 per kwartaal of R800 per maand oor 10 maande.
Vir enige navrae kan mev Van der Westhuijzen (skoolfonds) en mev De Klerk (koshuislosies en busgeld) by die skool gekontak word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
27 September 2018
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

KALENDER vir 27 September 2018 - 4 Oktober 2018

27th September 2018
Matriekafskeid

27th September 2018
SGOS vergadering 14:30

28th September 2018
Skole sluit 10:30
Rapporte aan ouers

28th September 2018
Personeel vergader

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Netbalpos beskikbaar
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5ba4b2e9819f1497530933.pdf
September 21 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5ba38e06252d0725434047.pdf

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.

Hoërskool Swartland

Malmesbury Advertising