Hoërskool Swartland 27 Februarie 2020

Nuusbrief vir 27 Februarie 2020
Hoërskool Swartland
 
NUUS
 
Koor: Langtafel ete en wynveiling
27 Februarie 2020
Ons skoolkoor hou op Vrydag 28 Februarie 'n langtafel ete en wynveiling ten bate van die toer wat hulle onderneem. Dit sal by ons skool
plaasvind, 18:30 vir 19:00, en beloop R200 per persoon. Die kaartjies is by ons finanskantoor beskikbaar. Meer detail is op die kaartjie
uiteengesit.
Marita van der Vyver besoek skool
27 Februarie 2020
Marita van der Vyver, die skrywer, besoek ons skool op 5 Maart vanaf 12 uur. Ouers en belangstellendes is welkom om saam met die
leerders haar praatjie by te woon. Sy sal die volgende boeke saambring wat teen 'n baie spesiale prys te koop aangebied sal word:
"Al wat ek weet" teen R90 en "Retoer: Pretoria Provence" teen R150. Sy sal die boeke aan die einde van haar praatjie teken. Vir elke
"Retoer" boek wat verkoop word, kry die skool R40 terug.
Aangesien Marita min or meer wil weet hoeveel boeke om saam te bring, sal dit help as u mev De Klerk by die skool skakel (022-
4821469) om 'n aanduiding te gee of u sou belangstel om enigsins van hierdie boeke te koop. Ons wil net 'n aanduiding van die
belangstelling aan hulle deurgee.
27 Februarie 2020
Die hokkie winter oefenprogram begin vanaf 2 Maart. Vergewis uself van die oefentye - die rooster is op Bronne / "Resources" op hierdie
D6 Communicator program.
Atletiek prestasies
27 Februarie 2020
Na afloop van die Boland kampioenskappe het ons die volgende uitslae:
Goue medaljes: Christiaan Bester S.17 (10km stap), Cara Bester D.19 (10km stap), Emma Hartley D.15 (5km stap), Isabel du Bruyn D.15
(800m en 1500m)
Silwer medalje: Tercia Adams D.15 (1500m hindernis)
Brons medaljes: Ferial Swanepoel D.19 (100mH), Selma du Preez D.17 (800m en 1500m), Inge von Wielligh D.19 (diskus), Kristin van
der Ross D.17 (200m)
Vierde plek: Kristin van der Ross (100m & 400mH), Jay-Cee Kotze finaal gehaal in 100m en vierde in verspring
Vyfde plekke: Luzaine van der Vent S.14 (300mH), Lize-Marie Steyn (gewigstoot), FC Eygelaar (hindernis)
Baie geluk aan hierdie atlete!
Gholf uitslae
26 Februarie 2020
HS Swartland wen vir Steynville 87 punte teenoor 61. Auden Julies en Johandré Theron speel elk 38 houe en Tian van Lill 40. Wel
gedaan, manne!
 
Aksie-netbal prestasies
26 Februarie 2020
Mané en Danél Visser is gekies om Weskus Aksienetbal O/16A by die Junior Liga Interprovinsiale toernooi te verteenwoordig. Dit vind
plaas van 26 tot 31 Maart 2020 by die Hillfox Sportsarena in Gauteng. Baie geluk en baie sterkte met hierdie uitdaging!
Krieket uitslae
26 Februarie 2020
20 Februarie: O/15A vs Hopefield A. Swartland wen met 31 lopies.
O/19A/B vs Hopefield. Swartland wen met 9 lopies. André Pienaar kry 49 lopies, Billy van Zyl neem 3 paaltjies.
15 Februarie: O/19A verloor met 6 paaltjies teenoor Hugenote. André Pienaar kry 54 nie uit nie.
Wiskunde ekstra klasse
26 Februarie 2020
Ekstra Wiskunde-klasse vir graad 8 tot 12 word deur 'n gekwalifiseerde onderwyseres aangebied. Vir meer inligting en navrae oor
kostes skakel Elsie Oosthuizen by 082 378 6830.
 
Universiteit Stellenbosch algemene opedag
26 Februarie 2020
Hierdie opedag is op 29 Februarie 08:00-15:00. Bywoning is gratis en registrasie word nie vooraf benodig nie.
Let wel: Dit sluit die Ingenieurswese se opedag in.
Die beginpunt waar u 'n inligtingspakket oor die roete en sessies kan ontvang, is in die markiestent op die hoek van Banghoekweg en
Joubertstraat in Stellenbosch. Vir verdere navrae kan u die inligtingskantoor skakel by 021-8089111.
 
Skoolfonds vir 2020
26 Februarie 2020
Die volgende skoolfonds en resolusies is bevestig en goedgekeur:
Skoolfonds van R17 900 per jaar per leerder. Dit word eenmalig vooruit gehef en is vooruitbetaalbaar.
U kan op drie maniere betaal:
R17 000 voor 28 Februarie 2020, OF R4 475 binne die eerste 14 dae van elke kwartaal, OF R1 790 per maand oor 10 maande met die
laaste paaiement vóór 30 November 2020.
Alle nié-betalers tot en met die 31 Maart 2020-rekonsiliasie word outomaties vir invordering aan ons prokureurs oorhandig.
Alle rekeninge wat vir 60 dae en langer dormant en onbetaald is, word outomaties vir invordering aan ons prokureurs oorhandig.
Let wel- spesiale betaalreëlings mag slegs deur beheerliggaam (skriftelik) goedgekeur word.
 
Koshuislosies vir 2020
26 Februarie 2020
Die volgende koshuislosies en resolusies is vir 2020 bevestig en goedgekeur:
Losies: R30 100 per jaar per kind - vooruitbetaalbaar op drie maniere:
Eenmalig vir die jaar voor die einde van die eerste kwartaal, naamlik 31 Maart 2020; OF
R7 525 per kwartaal binne die eerste twee weke van elke kwartaal; OF
R3 010 per maand oor 10 maande, voor die 25ste van elke maand, met die laaste betaling vóór 30 November 2020.
Oorhandiging aan prokureurs van 'n kwartaal agterstallige rekening en uitsetting van sodanige kosganger uit die koshuis vanaf die
daaropvolgende kwartaal. Die ouer bly aanspreeklik vir agterstallige losies, al is die leerder in so 'n geval uit die koshuis uit.
 
Skool, koshuise, bus, rekening nommers
26 Februarie 2020
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.
School Communicator Mobile App
26 Februarie 2020
Besoek hierdie skakel op u selfoon en laai die skool se Communicator af. Blackberry, iPhone en Android toestelle.
Indien u liewer verkies om elke Vrydag 'n harde kopie van die nuusbrief op papier te ontvang, kan u kind hierdie nuusbrief elke Vrydag
by mev De Klerk se kantoor gaan afhaal. Slegs 'n beperkte aantal harde kopieë word gemaak.
 
KALENDER vir 27 Februarie 2020 - 5 Maart 2020
27th Februarie 2020
Opedag
27th Februarie 2020
Swem Aflosgala HJS Paarl
28th Februarie 2020
Detensie 14:00
28th Februarie 2020
Koorete
29th Februarie 2020
Krieket O/19A weg
vs Montana
29th Februarie 2020
Krieket O/15A tuis
vs RPC
29th Februarie 2020
Toutrek te Westcliff
29th Februarie 2020
Hopefield sportdag
Rugby 19A en B, Netbal 19A en 16A
2nd Maart 2020
HSS en LSS BL-vergader
LS Swartland
3rd Maart 2020
Engels Olimpiade 11:00-14:00
3rd Maart 2020
Formele toetse
3rd Maart 2020
Finanskomitee vergader 18:00
3rd Maart 2020
Drama na Fugard
4th Maart 2020
Formele toetse
4th Maart 2020
Tennis 2de S en D vs Vredenburg
weg
5th Maart 2020
Formele toetse
5th Maart 2020
Gr 11 Landboutoer na Robertson
 
HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Hokkie winter oefentye
Februarie 21 Nuusbrief
 Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.

Hoërskool SwartlandNuusbrief vir 27 Februarie 2020
Hoërskool Swartland