Hoërskool Swartland 26 Julie 2018

Nuusbrief vir 26 Julie 2018
Hoërskool Swartland

NUUS

Uit die skoolhoof se kantoor
26 Julie 2018
Ons het komende Saterdag 28 Julie 'n tuissportdag teen Tygerberg. U word hartlik uitgenooi om ons leerders te kom ondersteun en die
dag saam met ons te geniet. Die program vir die dag is onder Bronne / "Resources" op hierdie Communicator.

Oueraand 30 Julie - BELANGRIK!
26 Julie 2018
Let asseblief daarop dat die oueraand van Maandag 30 Julie op vooraf afsprake sal geskied. Elke kind sal teen 25 Julie 'n afspraakvorm
ontvang. U sal vooraf afsprake met die onderwysers vir wie u graag sal wil sien, kan maak. Kyk na die vorm wat u kind huis toe sal
bring, en skakel die kantoor vir enige verdere navrae of onduidelikhede.

Finansies
26 Julie 2018
Aan al die ouers wie se skoolfonds maandeliks getrou betaal word, 'n groot dankie. HS Swartland hef skoolfonds wat aangewend word
om kwaliteit onderrig aan u kind te verskaf.
Ouers wie se rekeninge egter 60 dae plus nie betaal is nie, word eersdaags, sonder verdere kennisgewing, aan die prokureurs vir
invordering oorhandig. U het hierdie onderneming met die skool aangegaan met die teken van die 2018-skoolfonds kontrolevorm.
Indien u bewus is van 'n onbetaalde rekening, moet u voor 3 Augustus 2018 skriftelike afbetaalreëlings met die beheerliggaam tref om
te voorkom dat u rekening oorhandig word.
Rekeninge wat oorhandig is, moet direk by Du Plessis en Mostert prokureurs betaal word.
Baie dankie byvoorbaat vir u samewerking.

Skaak prestasie
26 Julie 2018
FC Eygelaar het vroeër vanjaar aan die Weskus Individuele kampioenskappe in Langebaan deelgeneem. Hy is in die Weskusspan
opgeneem wat die naweek van 18 Mei aan die Wes-Kaap Individuele skaaktoernooi in Kleinmond deelgeneem het. Hy het 'n pragtige
sertifikaat vir sy prestasie ontvang. Baie geluk, FC, ons is trots op jou!

Hokkie prestasies
26 Julie 2018
Die volgende hokkiespelers het Boland verteenwoordig en as volg presteer:
Erwin Meyer, AW Steyn en André Beukes (O/14) - behaal 2de plek by die streekstoernooi in Bloemfontein
Linica Rhoda - verteenwoordig Boland by O/18C streekstoernooi
Hassaanah Skippers - verteenwoordig Boland by die O/16 Interprovinsiale toernooi A.
Baie geluk aan hierdie leerders!

Netbal uitslae vs Tygerberg
26 Julie 2018
Op 23 Julie:
O/19A - HSS 33, Tygerberg 12
O/19B - HSS 30, Tygerberg 11

Rugby uitslae New Orleans
26 Julie 2018
O/19A wen 14-12; O/19B verloor 20-26; O/16A verloor 12-17;
O/15A wen 35-14; O/14A verloor 5-75.

Matriek- sertifikate 2015, 2016, 2017
26 Julie 2018
Die matrieksertifikate van 2017 is by die skool se ontvangs gereed om afgehaal te word. Daar is ook nog heelwat sertifikate van 2015
en 2016 wat nog nie afgehaal is nie. U kan vir ons help om die nuus te versprei. Dankie!

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2018
26 Julie 2018
Skoolfonds: R14 900 per jaar per leerder.
Per kwartaal: R3 725 per kwartaal, betaal binne die eerste 2 weke van elke kwartaal;
Maandeliks: R1 490 per maand oor 10 maande, betaal voor die 25ste van elke maand.
Koshuislosies: R25 600 per jaar per leerder, per kwartaal: R6 400; maandeliks: R2 560 per maand oor 10 maande.
Busvervoer: R2 000 per kwartaal of R800 per maand oor 10 maande.
Vir enige navrae kan mev Van der Westhuijzen (skoolfonds) en mev De Klerk (koshuislosies en busgeld) by die skool gekontak word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
26 Julie 2018
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

KALENDER vir 26 Julie 2018 - 2 Augustus 2018

26th Julie 2018
Interskole foto's word geneem
HSS

26th Julie 2018
SGOS vergadering 14:30

26th Julie 2018
Finansies vergader 19:00

27th Julie 2018
Groepfoto's word geneem
HSS

27th Julie 2018
Netbaltoernooi Clanwilliam

28th Julie 2018
Rugby, hokkie, netbal vs
Tygerberg (tuis)
HSS

30th Julie 20183rd Augustus 2018
Gospelweek

30th Julie 2018
Oueraand vir alle grade
Skoolsaal

30th Julie 20183rd Augustus 2018
Wetenskapweek

30th Julie 2018
Personeel ontwikkeling
14:15

30th Julie 2018
Wes-Boland Eisteddfod sang met
klavier

31st Julie 2018
Wetenskapweek - demonstrasie
SPAR
SPAR
11:00

31st Julie 2018
ARTHSS inoefening
14:15-15:30

31st Julie 2018
Gospelaand
18:30-20:30

31st Julie 20181st Augustus 2018
Boekuitstalling in biblioteek

1st Augustus 2018
ARTHSS 19:00

2nd Augustus 2018
Diss. komitee vergader 18:00

2nd Augustus 2018
Wes-Boland fotografie

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Sport vs Tygerberg 28 Julie (tuis)
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5b55d33a7cc94854624408.pdf
Julie 20 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5b5051bd91189171179331.pdf

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.
Hoërskool Swartland

Malmesbury Advertising