Hoërskool Swartland 24 Januarie 2019

Nuusbrief vir 24 Januarie 2019
Hoërskool Swartland

NUUS

Uit die skoolhoof se kantoor
24 Januarie 2019
Baadjieseremonie graad 8: 'n Groot dankie aan elke personeellid, grondpersoneel, ouers en leerders wat hierdie funksie vir ons moontlik
gemaak het. Dit was 'n pragtige geleentheid en ons graad 8's is reeds trotse Rockies.
Ons leerders het alreeds aan wedstryde in verskillende sportsoorte deelgeneem en is getrou aan die oefen. Baie dankie aan al ons
afrigters wat so getrou lang ure afstaan aan die afrigting en baie dankie aan elke leerder wat met oorgawe en toewyding die oefeninge
en byeenkomste bywoon. Hou so aan!

Finansies
24 Januarie 2019
Indien u enige ander geld as skoolfonds in die skool se rekening inbetaal, moet u beskrywing / verwysing anders lui as wanneer u
skoolfonds inbetaal. Bv Boeke Koos le Roux OF Rugbytoer Sarel Botha OF Netbal Santie Smit OF Klerebank Tienie Marsh. Indien die
leerder se naam alleenlik daar staan, word dit outomaties vir skoolfonds geallokeer. Die korrekte verwysing vir skoolfonds is:
Leerdernommer, bv 219001, en dan die leerder se van en dan die naam. Bv 219001 Le Roux Sannie.
Baie dankie vir u samewerking in dié verband.

Malmesbury skole bidgroep (MSB)
24 Januarie 2019
Daar is tans 'n skole bidgroep in Malmesbury wat op gereelde basis bymekaarkom, en wel elke Dinsdag van 08:00-09:00. Enige
belangstellende kan Talitha by 084 519 7109 kontak vir verdere inligting.

Gholf uitslae
24 Januarie 2019
Ons het Maandag teen Boland Landbou gespeel. Ons het 47 punte, en hulle 54 punte behaal. Tian van Lill het die beste telling van die
dag behaal - 26 houe en 18 punte vanaf 'n 0 voorgee. Baie geluk!

Tennis uitslae
24 Januarie 2019
Ons tweede tennisspanne het teen Curro se eerstespanne gespeel. Die dogters het 5-11 verloor en die seuns het 7-10 verloor.
Sewe van die twaalf wedstryde het in valbylpotte geëindig. Die spelers wat hul enkelwedstryde gewen het, was Bea Bester. Sy en
Amelié van Lill het ook hul dubbelwedstryd gewen. By die seuns het Fred Turner en Marc Green hul enkelwedstryde gewen. Baie geluk
aan elkeen wat deelgeneem het!

Binnenshuise hokkie prestasies
24 Januarie 2019
Tien van ons leerders het in Desember 2018 aan die binnenshuise hokkie Nasionale kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem. Juan-
Jacques Schep en Albert van Zyl was as skeidsregters betrokke en die ander ag spelers was:
Nico van Zyl (O.14) en reserwe vir O.16.; Hernu Schep (O.16); Ulrich Lesch (O.16); Stefanie Eksteen (O.18); René Joubert (O.18); Liza
Eksteen (O.18); Marné van Heerden (O.18); Melissa Tharratt (O.18). Hierdie spanne het teen ses ander spanne van regoor Suid-Afrika
meegeding asook 'n span van Namibië en een van Zimbabwe.
Wel gedaan aan hierdie leerders wat hierdie uitdaging met groot sukses meegemaak het!

Mediaverklaring deur BL-voorsitter
24 Januarie 2019
Sien 'n mediaverklaring deur die BL-voorsitter op Bronne op hierdie Communicator program.
Please see a media release from the SGB chairperson under Resources on this Communicator programme.

Buitemuurse program
24 Januarie 2019
Die buitemuurse program vir kwartaal 1 is onder Bronne / "Resources" op hierdie communicator.
U moet die Communicator aflaai om al die opsies te sien en oop te maak. Sien 'link' hieronder by 'School communicator Mobile App.

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2019
24 Januarie 2019
Die volgende tariewe is vir 2019 goedgekeur:
Skoolfonds: R16 300 per jaar per leerder. Indien die volle bedrag vir die jaar voor of op 28 Februarie 2019 betaal word, sal dit R15 400
beloop (R900 afslag).
Koshuislosies: R27 700 per jaar per leerder. Geen subsidie of afslag is op koshuislosies van toepassing nie.
Busvervoergeld bly tans onveranderd op R8000 per jaar per leerder vir die vol roete. Enige verandering sal aan die betrokke ouers
deurgegee word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
24 Januarie 2019
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

School Communicator Mobile App
24 Januarie 2019
Besoek hierdie skakel op u selfoon en laai die skool se Communicator af. Blackberry, iPhone en Android toestelle.
http://school-communicator.com/download.php
Indien u liewer verkies om elke Vrydag 'n harde kopie van die nuusbrief op papier te ontvang, kan u kind hierdie nuusbrief elke Vrydag
by mev De Klerk se kantoor gaan afhaal. Slegs 'n beperkte aantal harde kopieë word gemaak.

Welkom by die Hoërskool Swartland Kommunikeerder
24 Januarie 2019
Hierdie Kommunikeerder is 'n gebruikersvriendelike program wat inligting aktief in die rigting van die ouers stoot.
http://www.swartlandhs.co.za/Algemene_nuus/School%20Communcator%20Launch%20Eng_Afr.pdf

KALENDER vir 24 Januarie 2019 - 31 Januarie 2019

24th Januarie 2019
Vaste Bates vergader 18:00
24th Januarie 2019
Swem aflosgala te Bloemhof
25th Januarie 2019
Detensie
14:00-16:00
26th Januarie 2019
Krieket O/19A (tuis)
vs Piketberg
26th Januarie 2019
Krieket O/15A (weg)
vs Charlie Hofmeyr
26th Januarie 2019
Toutrek te Paarl Boys High
28th Januarie 2019
SGOS vergadering 14:30
28th Januarie 2019
Interskole gholf
29th Januarie 2019
Subkom. Fondse en oudstudente
vergader
18:00
29th Januarie 2019
Graad 12 oueraand
30th Januarie 2019
Dissiplinêre komitee vergader
18:00
30th Januarie 2019
Interskole atletiek
30th Januarie 2019
Tennis 1e, 2e S en D vs Piketbeg
(weg)
31st Januarie 2019
HSS BL vergader met LSS BL

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Belangrike HSS mediaverklaring 15Jan19
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5c41c6f58af65735521944.pdf
Januarie 18 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5c407bf195369763343458.pdf

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.

Hoërskool Swartland

 

Malmesbury Advertising