Hoërskool Swartland 23 Augustus 2018

Nuusbrief vir 23 Augustus 2018
Hoërskool Swartland

NUUS

Uit die skoolhoof se kantoor (1)
23 Augustus 2018
My opregte dank aan elke leerder, afrigter, ouer, personeellid, oudleerder, borg of enige ondersteuner van watter aard ookal wat
bygedra het om Interskole 2018 moontlik te maak. Alle insette en bydraes word opreg waardeer. Ons leerders is afhanklik hiervan om
hulle sport te kan beoefen.
Ek wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om weer eens elke leerder wat sy/haar bes gedoen het, geluk te wens met 'n pragtige
poging. Baie dankie aan elke leerder op die pawiljoen wat met goeie samewerking en gedrag ons deelnemers ondersteun en
aangemoedig het.
Ons het ook verneem dat ons die bloedskenk wedywering met Hugenote gewen het. Baie dankie daarvoor!
En dan ook baie geluk aan ons Kultuuraand deelnemers met hul oorwinning. Ons is baie trots op julle.

Uit die skoolhoof se kantoor (2)
23 Augustus 2018
Akademie: Ons leerders het vandag met hul toetsreeks begin. Ek wil elke leerder aanmoedig om skouer aan die wiel te sit met die
akademie en ook getrou klasse by te woon om sodoende die beste resultate te behaal.
Dankie dat u as ouers ook ons leerders hierin sal ondersteun.

Interskole kultuuraand (1)
23 Augustus 2018
Ons het vanjaar daarin geslaag om Hugenote op hul eie werf te troef. Die puik optrede van die vasvra- en debatspanne, die koor en die
hoë gehalte van die items het dit werklik 'n aand gemaak om nog lank te onthou.
'n Nuwe item op die kultuurspyskaart is vyf van ons skool se kunstenaars, Lehandri, Karlea, Linei, Henry en Jana, wat, terwyl die skaak
aan die gang was, die temas 'skooltrots' en 'interskole' met hul tekenwerk uitgebeeld het. Dit was uitstekende pogings!
Die koor het, na hul optrede by die Paarl Eisteddfod, ook by die Kultuuraand opgetree. Hulle is werklik goed, en dit is dan ook waarom
hulle goud by dié Eisteddfod verwerf het.
Baie dankie ook aan Shawn, Anje, Ané, Ana en Graeme vir julle optrede - julle is besonder talentvol.

Interskole kultuuraand (2)
23 Augustus 2018
Die twee forum-debatspanne het hul baie goed van hul taak gekwyt . Die juniorspan het naelskraap met 12 punte verloor, maar daar
wag beslis 'n blink toekoms op hulle. Die seniorspan het hulle debat met 14 punte gewen.
Die twee vasvraspanne het beide gewen. Die juniorspan het met 7 punte, en die seniors met 9 punte gewen.
Swartland het uiteindelik drie van die vyf kategorieë en dus die Kultuuraand gewen. Ons kan regtig trots wees op al ons deelnemers,
julle optrede het die skool eer aangedoen.
Baie dankie aan al die leerders wat as toeskouers die aand bygewoon het - julle het ook deur jul puik optrede ons skool se beeld
uitgebou.
-M Jordaan

Interskole rugby uitslae
23 Augustus 2018
19A verloor 14-36; 19B verloor 10-14; 19C verloor 14-19; 19D wen 17-14.
16A verloor 15-32; 15A verloor 0-31; 15B verloor 0-21; 14A verloor 0-19; 14B verloor 0-53.

Interskole netbal uitslae
23 Augustus 2018
18A verloor 22-32; 18B wen 16-10; 18C wen 13-12.
17A verloor 19-29; 17B verloor 5-28; 17C verloor 6-18.
16A verloor 16-26; 16B verloor 11-20; 16C verloor 12-26; 16D verloor 5-9.
15A verloor 11-15; 15B wen 9-5; 15C verloor 6-24.
14A wen 23-17; 14B wen 15-12; 14C wen 18-8; 14D verloor 5-12; 14C vs Hugenote 15D wen 11-5.

Interskole hokkie uitslae
23 Augustus 2018
Dogters:
O.14A gelykop 1-1; O.16B verloor 0-4; O.16A verloor 1-5; O.19B verloor 0-1; O.19A verloor 0-3.
Seuns:
O.14A verloor 0-3; O.16B wen 1-0; O.16A verloor 0-2; O.19B verloor 1-3; O.19A verloor 0-4.

Interskole skaak uitslae
23 Augustus 2018
Ons het op 15 Augustus teen Hugenote gespeel en 1-7 verloor. FC Eygelaar het sy wedstryd gewen.
Daar was vanjaar ook 'n B-span met 9 spelers wat ter wille van die interskole gees deelgeneem het. Hulle het 3½-5½ verloor. Die
spelers wat hul wedstryde gewen het, is Keagan Grobler, Sachin Apolles en Shaun Day. Ruann Eloff het gelykop gespeel. Baie geluk aan
hierdie skaakspelers!

Eskom Expo
23 Augustus 2018
HS Swartland het vanjaar vir die eerste keer aan die Weskusstreek se Wetenskap Expo uitstalling deelgeneem. Daar het twee pare
deelgeneem - leerders kon individueel of in pare inskryf. Die projek moet die dag van die uitstalling op 'n groot bord uiteengesit word en
daar word met drie verskillende beoordelaars 'n mondelinge gesprek gevoer. Kristan Kraak en Johnne-Leigh Filander het brons verwerf.
Jan-Tay Esau en Tatumn Kemp het ook deelgeneem. Ons is baie trots op hierdie vier dogters wat vir die eerste keer hieraan blootgestel
was en hul so goed van hul taak gekwyt het.

Matriekafskeid kaartjies toeskouers - Terras
23 Augustus 2018
Ons vestig u aandag op die volgende inligting rondom kaartjies vir toeskouers by die aankoms van die matrieks by die skool:
Terraskaartjies: Dié kaartjies kos R10 elk en is terselfdertyd 'n toegangskaartjie by die hek. Hierdie toeskouers moet self sorg vir 'n
kampstoel of kombers om op te sit. Geen sitplekke / stoele / pawiljoen gaan verskaf word nie. Hierdie kaartjies sien dan ook die
aankoms van die matrieks van 'n bietjie verder af as die VIP kaartjies, omtrent so 80 meter van die rooitapyt af. Die terrasse is op
verskillende vlakke - almal sal dus goed kan sien.
Die kaartjies is by mev Van der Westhuijzen by die finanskantoor te koop.

Matriekafskeid kaartjies toeskouers - VIP sitplekke
23 Augustus 2018
VIP kaartjies: Dié kaartjies kos R30 elk en is ook terselfdertyd 'n toegangskaartjie. Hierdie sitplekke is egter vooraf genommer en
uitgemerk volgens die kaartjie, en is teenaan die rooitapyt waar die matrieks natuurlik van naby gesien kan word, soos in 'n
modeparade. Elke VIP toeskouer kry ook 'n komplimentêre botteltjie water, asook 'n houer met springmielies.
Hierdie R30, sowel as R10 Terras toeskouerkaartjies, kan by mev Van der Westhuijzen by ons skool se finanskantoor gekoop word.

Hokkie 'Taylor Blinds Cup' toernooi
23 Augustus 2018
Die 'Taylor Blinds Cup' toernooi vind op 24 en 25 Augustus by Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes plaas. Swartland is by albei dae
betrokke.
Kyk asseblief onder Bronne / "Resources" op hierdie Communicator vir die volledige program en verdere reëlings in dié verband.
Vir navrae kan mnr R McLachlan by die sportkantoor gekontak word.

Binnenshuise hokkie toernooi
23 Augustus 2018
Daar sal proewe vir die kies van 'n span vir die Nasionale byeenkoms gehou word, by die volgende geleenthede:
7,8 September - Kleinplasie, Worcester
15 September - HS Swartland se Astro-baan. Spelers mag soveel proewe bywoon as wat hul wil.
Onthou die volgende as u wil registreer vir proewe:
Die nasionale byeenkoms sal in Kaapstad gedurende Desember gehou word:
O/12 - O/14: 13-17 Des. 2018
O/16 & O/18: 17-21 Des. 2018
Kostes vir inslaapgeriewe: ±R5500, Kit uitgesluit
Kostes vir nie inslaap: ±R4500, Kit uitgesluit
Kit: ±550, hang af van jou bestelling
Afrigtingsessies sal binne spanverband gereël word.
Spanne moet deelneem aan die 'superfives' (2 dae) gedurende die Oktober vakansie @ R450 per speler.
Die registrasievorm is by:
Navrae: R McLachlan

Wiskunde klasse info
23 Augustus 2018
Mnr Visser bied steeds ekstra wiskunde-klasse by die skool aan. Die dae en tye is as volg:
Maandae 15:00-16:30
Dinsdae 15:00-16:00
Donderdae 15:00-16:00
Leerders is welkom om by hom aan te meld en reëlings te tref.

Gratis skakel vir Microsoft Office
23 Augustus 2018
Vir die leerders wat navraag gedoen het oor hierdie skakel, hier is dit weer. Dit is 'n skakel / "link" wat julle kan gebruik (na registrasie),
vir gratis Microsoft Office:
https://mahala.ms/Home.aspx

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2018
23 Augustus 2018
Skoolfonds: R14 900 per jaar per leerder.
Per kwartaal: R3 725 per kwartaal, betaal binne die eerste 2 weke van elke kwartaal;
Maandeliks: R1 490 per maand oor 10 maande, betaal voor die 25ste van elke maand.
Koshuislosies: R25 600 per jaar per leerder, per kwartaal: R6 400; maandeliks: R2 560 per maand oor 10 maande.
Busvervoer: R2 000 per kwartaal of R800 per maand oor 10 maande.
Vir enige navrae kan mev Van der Westhuijzen (skoolfonds) en mev De Klerk (koshuislosies en busgeld) by die skool gekontak word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
23 Augustus 2018
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

KALENDER vir 23 Augustus 2018 - 30 Augustus 2018

24th Augustus 2018
Gr 8-12 Afrikaans vraestel 3
25th Augustus 2018
AA-hulp opleiding
08:00
27th Augustus 2018
Gr 8-12 Engels vraestel 3
27th Augustus 2018
Wes-Boland Eisteddfod toneel
27th Augustus 2018
Finansies vergader 18:00
Oor skoolgeld
28th Augustus 2018
Formele toetse
29th Augustus 2018
Formele toetse
30th Augustus 2018
Diss. komitee vergader 18:00
30th Augustus 2018
Formele toetse

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Augustus 17 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5b75440f3ccd1916310733.pdf
Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.
Hoërskool Swartland

Malmesbury Advertising