Hoërskool Swartland 22 Augustus 2019

Nuusbrief vir 22 Augustus 2019
Hoërskool Swartland

NUUS

Uit die skoolhoof se kantoor
22 Augustus 2019
Na afloop van al die opgewondenheid en hoogtepunte van die afgelope tyd, is dit nou tyd om ons leerders te motiveer en aan te moedig
om skouer aan die wiel te sit met hul akademie. Die toetsreeks het reeds begin en ons wil graag ons leerders aanmoedig om regtig erns
te maak met hul akademie. Dankie dat ons weet dat u as ouers ons hande hierin sal vat.

Graad 9 vakkeuse-aand
22 Augustus 2019
Ons herinner u aan die graad 9 vakkeuse-aand vir al ons graad 9-leerders en hul ouers. Dit vind plaas op 22 Augustus om 19:00 in ons
skoolsaal.
Leerders moet in skoolklere geklee wees, en dis verpligtend vir al ons graad 9-leerders. U moet asb 'n pen saambring.

Klerebank tye
22 Augustus 2019
Die klerebank sal op die volgende dae gesluit wees:
30 Augustus, 2 September, 4 September
Dit sal wel op Donderdag 5 September oop wees vanaf 09:30-14:30, en dan weer gewone dae (Maandae, Woensdae, Vrydae) en tye
(09:30-14:30) verder.

Ons koor presteer
22 Augustus 2019
Ons skoolkoor het Sondag aan die finale rondte van die "Sing in Harmonie" kompetisie by die Hugo Lambrechts sentrum in Parow
deelgeneem. Hulle het 'n trofee gewen vir die beste nie-Afrikaanse lied, asook 'n trofee vir die algehele derde plek in die Mikro-afdeling
van die semi-finaal. Daarby is hulle gekies om saam met Nadine Blom 'n TV kersprogram te doen. Baie geluk aan ons koor met hierdie
besondere prestasie!

Baie geluk Chrismarié, orkes en dirigente
22 Augustus 2019
Baie geluk en dankie aan ons rosette-meisie, Chrismarié Malan wat ons skool se naam met trots hoog gehou het - jy het werklik pragtig
gelyk en jou rol met waardigheid en grasie vertolk. Ons is trots op jou!
Aan ons orkes en dirigente - ook hartlik geluk en baie dankie vir 'n uitstekende vertoning en deursettingsvermoë. Julle was 'n inspirasie
vir ons leerders en 'n plesier vir die toeskouers!

Interskole rugby uitslae
22 Augustus 2019
O.19A wen 8-6; O.19B wen 19-10; O.19C wen 20-10; O.16A gelykop 22-22; O.16B verloor 7-29; O.15A verloor 10-15; O.14A wen 22-12;
O.14B verloor 7-14.

Interskole netbal uitslae
22 Augustus 2019
O.18A wen 28-22; O.18B wen 21-12; O.18C wen 14-9; O.17A verloor 20-25; O.17B wen 19-17;
O.16A verloor 12-13; O.16B verloor 10-16; O.16C verloor 7-13; O.15A wen 23-20; O.15B wen 21-15; O.15C verloor 4-16;
O.14A verloor 14-16; O.14B wen 14-9; O.14C verloor 12-13; O.14D verloor 11-26.

Interskole hokkie uitslae
22 Augustus 2019
Dogters:
O.18A verloor 0-2; O.18B verloor 0-1; O.16A wen 1-0; HSS O.16B vs Hugenote O.14A verloor 0-2; O.16B verloor 0-1; O.16C wen 4-0.
Seuns:
O.18A verloor 0-2; O.18B verloor 1-2; O.16A wen 1-0; O.16B verloor 0-1; HSS O.16B vs Hugenote O.14A verloor 0-3.

Interskole kultuuraand
22 Augustus 2019
Die Kultuuraand was weereens 'n reuse sukses en veral omdat dit die derde jaar in 'n ry is wat ons vir Hugenote kous oor die kop huis
toe kon stuur. Die junior forum-debatspan het hulle debat met 10 punte gewen terwyl die seniorspan ongelukkig hul debat met 8 punte
verloor het. Die twee vasvraspanne se toewyding het beslis vrug afgewerp. Die juniorspan het met 8 punte gewen en die seniors het
met 2 punte gewen. Swartland het uiteindelik die aand met 413 teenoor Hugenote se 401 punte gewen. Baie dankie aan al ons spanne,
asook ons kunstenaars en die koor wat opgetree het. Julle is besonder talentvol. Baie dankie aan elke personeellid, die klankmanne en
al die leerders wat deur hul hulp, optrede of samewerking van die Kultuuraand 2019 'n reuse sukses gemaak het.

Interskole skaak uitslae
22 Augustus 2019
Agt van ons spelers het teen Hugenote gespeel. Ons het egter hierdie kragmeting 7-1 verloor. Albert Bester het sy wedstryd gewen.
Daar was ook vanjaar 'n B-span met agt spelers wat ter wille van die interskole gees deelgeneem het. Hulle het 4½-3½ gewen. Die
spelers wat hulle wedstryde gewen het, is Xavier Leander, Christiaan Kriel, Curtley Parker en Billy van Zyl. Mandisa Nyadenga het
gelykop gespeel. Baie geluk aan al ons skaakspelers.

Finansies - wie se inbetaling?
22 Augustus 2019
Ons is nog steeds op soek na die persone wat die volgende inbetalings in die skool se rekening gedoen het:
- Op 01/08/2019 - R3 260. Die verwysing sê net: "skoolgeld"
- Op 31/07/2019 - R1 630. Die verwysing sê: "INVESTCORPBCCSA"
Indien u bewus is van hierdie inbetalings, kan u mev P van der Westhuijzen by ons finanskantoor skakel.

Matriekafskeid: Rooitapyt- geleentheid
22 Augustus 2019
Daar is 'n geleentheid om al die matrieks te sien by die aankoms by die matriekafskeid. Verskillende sitplekke moet egter vooraf
bespreek en gekoop word. Die VIP-pawiljoen sitplek is R60 per persoon, die VIP-stoelsitplek is R50 per persoon en 'n terrassitplek is R10
per persoon. Elke matriekleerder sal 2 gratis R10-bandjies ontvang. Matriekouers kry voorkeur om hul sitplekke te boek vanaf 12
Augustus - 26 Augustus. Daarna sal dit beskikbaar wees vir enigiemand anders. Besprekings en betalings kan dus vanaf 12 Augustus by
ons skool se finanskantoor gedoen word.

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2019
22 Augustus 2019
Die volgende tariewe is vir 2019 goedgekeur:
Skoolfonds: R16 300 per jaar per leerder.
Koshuislosies: R27 700 per jaar per leerder. Geen subsidie of afslag is op koshuislosies van toepassing nie.
Busvervoergeld bly tans onveranderd op R8000 per jaar per leerder vir die vol roete. Enige verandering sal aan die betrokke ouers
deurgegee word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
22 Augustus 2019
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

KALENDER vir 22 Augustus 2019 - 29 Augustus 2019
22nd Augustus 2019
Gr 9 oueraand (vakkeuses)
Skoolsaal
19:00
22nd Augustus 2019
Vaste Bates vergader 17:30
22nd Augustus 2019
Drama-toer na Montagu
23rd Augustus 2019
WOW-spelkompetisie
Te Citrusdal
24th Augustus 2019
Huis van Zyl dinee
26th Augustus 2019
Finanskomitee vergader 18:00
26th Augustus 2019
Gr 12 eksamen begin
27th Augustus 2019
Formele toetse
27th Augustus 2019
BL Subkom. Fondse en
oudstudente vergader
18:00
28th Augustus 2019
Formele toetse
29th Augustus 2019
BL Subkom. Dissiplinêr vergader
18:00
29th Augustus 2019
Formele toetse
29th Augustus 2019
Public speaking
17:30

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Augustus 16 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5d55006b57912654206333.pdf

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.