Hoërskool Swartland 21 September 2018

Nuusbrief vir 20 September 2018
Hoërskool Swartland

NUUS

Reünies
20 September 2018
Ons 1968- en 1988- reünies het baie goed afgeloop. Almal het heerlik saamgekuier en gelag en dit 'n onvergeetlike dag gemaak. Ons
1978-groep het komende Saterdag, 22 September hul reünie. Hierdie groep gaan ook 'n staptog deur die skool onderneem. Ons
ontvang graag ons reünie-groepe by die skool en is baie dankbaar vir die persone in die groepe wat inisiatief neem en raakvat om die
reünies te reël. Ons oudstudentebond onder leiding van Hendrik Spies (voorsitter) is ook nou al sterk op die been met allerhande
projekte en inisiatiewe. Indien ons oudleerders wat hierdie nuus lees by die oudstudentebond wil aansluit of enige navrae oor reünies
het, kan u mev De Klerk by die skool skakel.

Handboeke - bestellings vir 2019
20 September 2018
Ons leerders het elkeen 'n handboeklys vir 2019 ontvang. Die bestellings vir 2019 se handboeke kan by mev Van der Westhuijzen se
kantoor ingehandig word.
U kan die bewys van u elektroniese inbetaling, saam met die bestelvorm, in 'n koevert, of die korrekte bedrag in kontant en die
bestelvorm in 'n koevert in die houer by die finanskantoor plaas. Onthou asseblief om u kind se naam en van op die bestelling en
inbetaling aan te dui.
Hoe vroeër u bestel, hoe vroeër sal die leerders die boeke vir die 2019 akademiese jaar kan ontvang.
Baie dankie vir u samewerking.

Onderwyser sukses
20 September 2018
Mnr Martin Dyason is verkies as afrigter van SARU se O/16 Elite-kamp wat by Paarl Gimnasium sal plaasvind. Baie geluk en sterkte, mnr
Dyason!

Stap prestasies
20 September 2018
Tiaano Walters en Cara Bester het verlede Vrydag aan die Boland Stapkampioenskappe te Dal Josafat, Paarl deelgeneem. Albei het
goue medaljes in hul afdelings losgeslaan. Wel gedaan!

Prestasie in Gymkana (perdry)
20 September 2018
Danyn White is verkies om vir WP aan die Suid-Afrikaanse "Western Mounted Games" (SAWMGA) vlak 2 deel te neem. Hierdie Nasionale
kampioenskappe word van 29 September tot 1 Oktober by die Afridome skougronde in Parys, Vrystaat gehou. Slegs die beste
perd/ruiter kombinasies in die verskillende vlakke in elke provinsie is gekies om aan hierdie kampioenskappe deel te neem. Baie geluk,
Danyn, en baie sterkte vir die volgende uitdaging!

Elrie presteer in viool
20 September 2018
Elrie Hattingh het tydens die Wes-Boland Eisteddfod 2 silwer toekennings vir haar vioolsolo's ontvang. Baie geluk met hierdie pragtige
prestasie, Elrie!

HS Swartland wen Eisteddfod trofee
20 September 2018
Hoërskool Swartland het vir die sewende agtereenvolgende jaar die Wes-Boland Eisteddfod trofee vir die Hoërskool wat die meeste
pryse verower het, gewen. Baie geluk, en baie dankie aan al ons leerders wat ons skool se naam gehou het met hierdie harde werk wat
ingesit is vir die verskillende Eisteddfods die afgelope tyd. Ons is baie trots op julle!

Hokkie afrigters 2019
20 September 2018
Ons benodig hokkie afrigters vir die 2019-seisoen. Indien u belangstel, of weet van iemand wat sou belangstel, kan u vir mnr Rowan
McLachlan 'n e-pos stuur by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2018
20 September 2018
Skoolfonds: R14 900 per jaar per leerder.
Per kwartaal: R3 725 per kwartaal, betaal binne die eerste 2 weke van elke kwartaal;
Maandeliks: R1 490 per maand oor 10 maande, betaal voor die 25ste van elke maand.
Koshuislosies: R25 600 per jaar per leerder, per kwartaal: R6 400; maandeliks: R2 560 per maand oor 10 maande.
Busvervoer: R2 000 per kwartaal of R800 per maand oor 10 maande.
Vir enige navrae kan mev Van der Westhuijzen (skoolfonds) en mev De Klerk (koshuislosies en busgeld) by die skool gekontak word.

 

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
20 September 2018
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

KALENDER vir 20 September 2018 - 27 September 2018

20th September 2018
Gr 8-11 toetsreeks eindig

21st September 2018
Gr 9 vakkeuses voltooi

21st September 2018
Gr 12 eksamen eindig

22nd September 2018
1978 matrieks reünie

24th September 2018
Erfenisdag

26th September 2018
Puntebespreking onderwysers

26th September 2018
Gr 12 Drama prakties

27th September 2018
Matriekafskeid

27th September 2018
SGOS vergadering 14:30

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
September 14 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5b9a3d8bb639d144891782.pdf

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.
Hoërskool Swartland

Malmesbury Advertising