Hoërskool Swartland 2 Augustus 2018

Nuusbrief vir 2 Augustus 2018
Hoërskool Swartland

NUUS

Uit die skoolhoof se kantoor (1)
2 Augustus 2018
Ons het op 1 Augustus 'n baie suksesvolle ARTHSS aand beleef. Baie dankie aan al ons ouers, leerders en personeel wat hard gewerk
het en tot die sukses van hierdie funksie bygedra het. Dit was werklik 'n pragtige geleentheid. Baie geluk aan die volgende leerders wat
aangewys is as:
Mej HSS - Mischke Barlow, Mnr HSS - Tertius Nel
Eerste prinses - Aluve Gweba, eerste prins - Dewald Willemse
Tweede prinses - Chanté Retief, tweede prins - Stehan Swanepoel
Al ons deelnemers was sterre op die loopplank!
'n Opregte dank aan al ons borge wat hierdie aand vir ons moontlik gemaak het. Sonder u ondersteuning sou dit nie moontlik gewees
het nie!

Uit die skoolhoof se kantoor (2)
2 Augustus 2018
Komende Saterdag 4 Augustus het ons 'n sportdag teen HS Hopefield op hulle velde. U is welkom om ons leerders te kom ondersteun
en aan te moedig, en die dag saam met ons te kom geniet.

Interskole kaartjies
2 Augustus 2018
Ons interskole vind vanjaar op 18 Augustus by Hugenote Hoërskool in Wellington plaas. U kan toegangskaartjies by mev Van der
Westhuijzen by ons finanskantoor kom koop teen 'n spesiale prys van R30 per kaartjie. Indien u op 18 Augustus by die hek sal wil koop,
sal dit egter R40 per kaartjie beloop.

Ouers inligting by skool
2 Augustus 2018
U kontakbesonderhede as ouers verander van tyd tot tyd. Ons wil u vriendelik versoek om ons tog te verwittig indien u
kontakbesonderhede, posadresse of e-posadresse verander. U kan dit op skrif skool toe stuur, of bloot kantoor toe bel en ons inlig. Dis
belangrik dat u inligting op ons databasis korrek is sodat ons u altyd kan bereik - alles tot voordeel van u kind en sodat u ingelig kan
wees oor gebeure op die skool se kalender.

Noodhulp Vlak 3
2 Augustus 2018
Die volgende leerders het tydens die afgelope vakansie hul Noodhulp Vlak 3 kursus (teorie en prakties) met sukses geslaag (alfabeties):
Anita Botha, Jaime Hartman, Ammi le Roux, Storm Liedeman, Meagan May, Andrea Nel, Asemahle Shiceka en Lieze Terblanche.
Baie dankie aan Eben Sieberhagen van "First care medics" wat dit vir ons leerders aangebied het.

Wiskunde presteerders
2 Augustus 2018
Karel Botha en Anton Bredell het op 20 Julie aan die uitdunrondte van 'n landswye Wiskundekompetisie deelgeneem. Dit is geborg deur
Die Burger, Beeld en Volksblad, in samewerking met Netwerk24. Karel en Anton het onder die top 20-kandidate in die Wes-Kaapstreek
geëindig en het deurgedring na die volgende rondte van die kompetisie. Baie geluk, seuns!

Wiskunde klasse info
2 Augustus 2018
Mnr Visser bied steeds ekstra wiskunde-klasse by die skool aan. Die dae en tye is as volg:
Maandae 15:00-16:30
Dinsdae 15:00-16:00
Donderdae 15:00-16:00
Leerders is welkom om by hom aan te meld en reëlings te tref.

Rugby uitslae
2 Augustus 2018
Swartland vs Tygerberg:
O/19A wen 13-12, O/19B wen 31-14, O/19C wen 24-5
O/16A wen 34-24, O/15A wen 12-7, O/14A wen 31-29, O/14B verloor 0-7

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2018
2 Augustus 2018
Skoolfonds: R14 900 per jaar per leerder.
Per kwartaal: R3 725 per kwartaal, betaal binne die eerste 2 weke van elke kwartaal;
Maandeliks: R1 490 per maand oor 10 maande, betaal voor die 25ste van elke maand.
Koshuislosies: R25 600 per jaar per leerder, per kwartaal: R6 400; maandeliks: R2 560 per maand oor 10 maande.
Busvervoer: R2 000 per kwartaal of R800 per maand oor 10 maande.
Vir enige navrae kan mev Van der Westhuijzen (skoolfonds) en mev De Klerk (koshuislosies en busgeld) by die skool gekontak word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
2 Augustus 2018
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

KALENDER vir 2 Augustus 2018 - 9 Augustus 2018

2nd Augustus 2018
Diss. komitee vergader 18:00

2nd Augustus 2018
Wes-Boland fotografie

3rd Augustus 2018
Gr 10 Landbou skaapstudiegroep
08:00

3rd Augustus 2018
AA-aansoek sluit

3rd Augustus 2018
Wetenskap vasvra
Moorreesburg
By Dirkie Uys

4th Augustus 2018
Rugby, hokkie, netbal vs Hopefield
(weg)
Hopefield

6th Augustus 2018
Erekleuretoekenning

6th Augustus 2018
Wes-Boland kore

6th Augustus 2018
Beheerliggaam vergader 18:00

7th Augustus 2018
Wiskunde toets

7th Augustus 2018
Rugby vs Strand (weg)
Strand

8th Augustus 2018
Koor Wes-Boland Eisteddfod

8th Augustus 2018
Rockie Quizaand

8th Augustus 2018
Netheid inspeksie

9th Augustus 2018
Vrouedag

9th Augustus 2018
Uitnaweek

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Julie 27 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5b599cbaabab6528652075.pdf

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.
Hoërskool Swartland

Malmesbury Advertising