Hoërskool Swartland 19 Julie 2018

Nuusbrief vir 19 Julie 2018
Hoërskool Swartland

NUUS

Uit die skoolhoof se kantoor
19 Julie 2018
Baie welkom terug aan al ons ouers, leerders en personeel vir die derde, en baie besige kwartaal. Ons vertrou u het lekker uitgerus, en
is gemotiveerd en vol ywer vir al die bedrywighede wat voorlê!

Graad 11-ouers vergader
19 Julie 2018
Ons vestig u aandag daarop dat ALLE graad 11-ouers op Donderdag 19 Julie om 17:30 VOOR die skool bymekaar sal kom vir 'n
vergadering. Dis belangrik aangesien uiters belangrike inligting rakende die matriekafskeid aan u deurgegee sal word.

Rugby vs New Orleans (tuis) 19 Julie
19 Julie 2018
Sien program onder Bronne / "Resources" op hierdie Communicator.

Netbal en hokkie vs Strand (weg) - 21 Julie
19 Julie 2018
Sien programme hiervoor op Bronne / "Resources" op hierdie Communicator.

Selma presteer in Biathle
19 Julie 2018
Selma du Preez het op 23 Junie aan die SA Biathle Kampioenskappe in PE deelgeneem. Sy het 'n algehele 8ste plek verower vir dogters
O/17. Baie geluk met hierdie pragtig prestasie, Selma!

Rugby prestasies
19 Julie 2018
Logan Lewis - O/13 Boland Cravenweek
Louis de Jager en Lyle Booyse - O/16 Boland Grant Khomo
JP Groenewald - O/18 Boland Cravenweek
Baie geluk aan hierdie seuns met hul prestasies!

Rugby uitslae
19 Julie 2018
Wintertoernooi uitslae:
Op 11 Julie: O/15A: Swartland 35 en Vredendal 17
Op 12 Julie: O/16A: Swartland 43 en Monument Park 10
Op 12 Julie: O/19A: Swartland 49 en Pates Grammar school 14
Op 14 Julie: O/15A: Swartland 12 en Bredasdorp 24
Op 14 Julie: O/16A: Swartland 5 en DF Malan17
Op 14 Julie: O/19A: Swartland 52 en Labori 21

Matriek- sertifikate 2015, 2016, 2017
19 Julie 2018
Die matrieksertifikate van 2017 is by die skool se ontvangs gereed om afgehaal te word. Daar is ook nog heelwat sertifikate van 2015
en 2016 wat nog nie afgehaal is nie. U kan vir ons help om die nuus te versprei. Dankie!

Skoolkalender vir 2019
19 Julie 2018
Hier is die skoolkalender vir 2019 volgens die WKOD se webtuiste.
Eerste kwartaal: 9 Januarie tot 15 Maart
Tweede kwartaal: 2 April tot 14 Junie
Derde kwartaal: 9 Julie tot 20 September
Vierde kwartaal: 1 Oktober tot 4 Desember

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2018
19 Julie 2018
Skoolfonds: R14 900 per jaar per leerder.
Per kwartaal: R3 725 per kwartaal, betaal binne die eerste 2 weke van elke kwartaal;
Maandeliks: R1 490 per maand oor 10 maande, betaal voor die 25ste van elke maand.
Koshuislosies: R25 600 per jaar per leerder, per kwartaal: R6 400; maandeliks: R2 560 per maand oor 10 maande.
Busvervoer: R2 000 per kwartaal of R800 per maand oor 10 maande.
Vir enige navrae kan mev Van der Westhuijzen (skoolfonds) en mev De Klerk (koshuislosies en busgeld) by die skool gekontak word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
19 Julie 2018
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

KALENDER vir 19 Julie 2018 - 26 Julie 2018

19th Julie 2018
Gr 11-ouers vergader
HSS
Kom om 17:30 VOOR die skool bymekaar.
ALMAL welkom!

19th Julie 2018
Netheid inspeksie
19th Julie 2018
Rugby vs New Orleans (tuis)
HSS

19th Julie 2018
Bemarking sport, kultuur vergader
18:00

20th Julie 2018
Tygerberg Eisteddfod kuns en
fotografie inhandiging

21st Julie 2018
Netbal, hokkie vs Strand (weg)
Strand

23rd Julie 2018
Wes-Boland Eisteddfod voordrag
en onvoorbereide lees

23rd Julie 2018
Netbal O/19A en B vs Tygerberg
(weg)
Parow

23rd Julie 2018
Puntebespreking onderwysers

24th Julie 2018
Sangfees te Piketberg

24th Julie 2018
Personalia vergader 18:00

25th Julie 2018

Vaste Bates vergader 18:00

25th Julie 2018
Studiekursus 18:00

26th Julie 2018
Finansies vergader 18:00

26th Julie 2018
Interskole foto's word geneem
HSS

26th Julie 2018
SGOS vergadering 14:30

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Rugby vs New Orleans (tuis) 19 Julie
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5b4dc3e7acc0e658104930.doc
Netbal vs Strand (weg) - program 21 Julie
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5b4dbf1eb38ea386486704.pdf
Hokkie vs Strand (weg) 21 Julie
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5b4dbeeaacee5885520114.pdf

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.

Hoërskool Swartland

Malmesbury Advertising