Hoërskool Swartland 18 Julie 2019

Nuusbrief vir 18 Julie 2019
Hoërskool Swartland
 
NUUS
 
Uit die skoolhoof se kantoor
18 Julie 2019
Ek wil graag van hierdie medium gebruik maak om ons ouers te bedank. Baie dankie aan ons OOV en ander ouers wat gedurende die
vakansie, asook op huidige sportdae gereeld help met verkope en ander bydraes. Ons krieketouers is tans besig om uit eie inisiatief die
nette en krieketblad op te gradeer - baie dankie aan elkeen van u. Ons het ook 'n netbal loodskomitee wat van die grond af gekom het
en reeds baie werk gedoen het. Ook uit hokkie geledere is ouers wat ons help met die oorsig en kontrole oor die Astro-baan. Ons ouers
is op vele terreine betrokke - nogmaals baie dankie hiervoor, dit help ons baie!
Ons het komende Saterdag 'n sportdag teen HS Stellenbosch op ons velde. U word een en elkeen hartlik uitgenooi om ons leerders te
kom ondersteun en die dag saam met ons te geniet.
 
Sport vs HS Stellenbosch 20 Julie
18 Julie 2019
Saterdag 20 Julie is ons tuissportdag teen Stellenbosch. Die program vir die dag is op Bronne / "Resources" op hierdie Communicator.
 
Finanskantoor gesluit
18 Julie 2019
Let asseblief daarop dat ons skool se finanskantoor van 5 tot 8 Augustus gesluit sal wees. U sal dus vir hierdie paar dae geen kontant of
betalings by die skool kan kom doen nie.
 
Tersiêre instansies inligting
18 Julie 2019
Universiteit van Stellenbosch se sluitingsdatum vir aansoeke vir 2020: 30 Junie 2019
UCT se sluitingsdatum vir aansoeke is: 31 Julie 2019
Prestige Academy opedag: 27 Julie van 09:00 - 15:00
Funza Lushaka-beurs vir onderwys - aansoeke sluitingsdatum: 31 Julie 2019
 
Wiskunde Lenteskool vir graad 12
18 Julie 2019
Daar word gedurende September 'n Wiskunde Lenteskool vir graad 12-leerders aangebied en wel vanaf Maandag 23 September tot
Vrydag 27 September.
Die kursus behels 2 ure per dag vir die 5 dae. Tye sal ooreengekom word. Volledige opsommings, aantekeninge en oefeninge word
verskaf wat leerders tuis moet voltooi. Vir goeie resultate is dit baie belangrik dat leerders hul volle samewerking in dié verband gee. Vir
verdere besonderhede en detail kan me Elsie Oosthuizen by 082 378 6830 gekontak word. Bevestig asseblief voor of op Donderdag 12
September 2019.
 
Eisteddfod prestasies
18 Julie 2019
By die Tygerberg Internasionale Eisteddfod het die volgende leerders in Skryfkuns / 'Creative Writing' uitgeblink:
- Kristan Kraak: Opstel 92% hoogste lof, 'Essay' 93% hoogste lof
- Lucia van der Spuy: 'Essay' 90% hoogste lof
- Chrismarie Malan: Opstel 94% hoogste lof
- Jaziel Burrows: Opstel 88% lof plus
- Uné Beneke: Gedig 88% lof plus, 'Essay' 85% lof
- Jordan Diston: 'Essay' 88% lof plus
- Jalize van Rhyn: 'Poem' 85% lof, 'Essay' 82% lof
Baie geluk aan hierdie leerders met sulke pragtige prestasies!
 
WOW spelkompetisie uitslae
18 Julie 2019
Die kringkompetisie het op 16 Julie plaasgevind. Ons leerders het as volg presteer:
Graad 9: Milandri Timotheus - silwer, Johané McKinnon 'n 6de plek.
Graad 8: Uné Beneke - goud, Yvonne Bester - brons, Jean-Mari Orchard 'n 6de plek.
Hierdie leerders dring nou deur na die Weskus streekskompetisie op 23 Augustus te Citrusdal.
Baie geluk met jul mooi prestasies!
 
Rugby uitslae
18 Julie 2019
HSS vs Strand:
O/19A verloor 22-30; O/19B wen 31-10; O/19C wen 43-5; O/16A wen 22-10;
O/15A verloor 10-14; O/15B verloor 12-57; O/14A wen 42-0; O/14B gelykop 5-5.
HSS vs New Orleans:
O/19A verloor 10-37; O/19B verloor 8-31; O/16A wen 36-19; O/15A verloor 15-39; O/14A wen 54-10.
 
Hokkie uitslae
18 Julie 2019
HSS vs Strand:
Seuns: O/18A wen 1-0; O/18B verloor 0-2; O/16A verloor 0-2; O/16B gelykop 1-1.
Dogters: O/18A verloor 0-4; O/18B gelykop 1-1; O/16A verloor 0-1; O/16B wen 1-0.
 
Netbaluitslae
18 Julie 2019
HSS vs Strand:
O/18A wen 28-25; O/18B wen 23-19; O/18C wen 15-10; O/17A verloor 12-15; O/17B wen 28-5;
O/16A verloor 17-21; O/16B wen 13-12; O/16C verloor 9-18;
O/15A wen 45-4; O/15B wen 25-8; O/15C verloor 9-12; O/14A wen 26-2; O/14B wen 27-13; O/14C wen 11-10; O/14D wen 28-15.
 
Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2019
18 Julie 2019
Die volgende tariewe is vir 2019 goedgekeur:
Skoolfonds: R16 300 per jaar per leerder.
Koshuislosies: R27 700 per jaar per leerder. Geen subsidie of afslag is op koshuislosies van toepassing nie.
Busvervoergeld bly tans onveranderd op R8000 per jaar per leerder vir die vol roete. Enige verandering sal aan die betrokke ouers
deurgegee word.
 
Skool, koshuise, bus, rekening nommers
18 Julie 2019
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.
 
KALENDER vir 18 Julie 2019 - 25 Julie 2019
 
18th Julie 2019
BL Subkom. Bem., beeld, sport,
kultuur vergader
17:30
 
19th Julie 2019
Bloedskenk
 
20th Julie 2019
Landlope te Riebeek-Wes
 
20th Julie 2019
Sportdag vs Stellenbosch (tuis)
Gr 8A aan hekdiens
 
22nd Julie 2019
Gholf vs Steynville (tuis)
 
22nd Julie 2019
Gr 8-12 oueraand
Skoolsaal
17:30
 
23rd Julie 2019
Interskole foto's word geneem
 
23rd Julie 2019
Personalia vergader 18:00
 
24th Julie 2019
Wetenskapweek
SPAR - 11:00
 
25th Julie 2019
Vaste Bates vergader 18:00
 
HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Sport vs Stellenbosch (tuis) - 20 Julie 2019
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5d2d6f9801689274149762.doc
Julie 12 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5d2825bd5e605690791474.pdf
Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.
Hoërskool Swartland