Hoërskool Swartland 17 Januarie 2019

Nuusbrief vir 17 Januarie 2019
Hoërskool Swartland

NUUS

Moontlike optog
17 Januarie 2019
Vrydag se optog: Maksimum 200 optoggangers, onluste polisie in beheer, buite die skoolterrein, skool en onderrig gaan soos normaal
voort.

Buitemuurse program
17 Januarie 2019
Die buitemuurse program vir kwartaal 1 is onder Bronne / "Resources" op hierdie communicator.
U moet die Communicator aflaai om al die opsies te sien en oop te maak. Sien 'link' hieronder by 'School communicator Mobile App.

Huis van Zyl toesig
17 Januarie 2019
Ons het dringend 'n dame by die dogterskoshuis, Huis van Zyl, nodig om deel te wees van die diensdoenende, toesighoudende
personeel. Indien u geroepe voel om daar diensbaar te wees en 'n paar ekstra rand te verdien, of indien u weet van iemand wat sou
belangstel, is u welkom om mev Gerber by die skool of die koshuis te kontak, of die skoolhoof self.

Tweedehandse handboeke
17 Januarie 2019
Ons het enkele tweedehandse handboeke (allerhande grade en vakke) by ontvangs teen 'n baie billike prys beskikbaar. Indien u weet
van iemand wat nog sou belangstel kan u mev Hamman by die kantoor kontak.
Mev De Klerk het ook 'n graad 8 Afrikaanse Lewensoriëntering handboek in haar kantoor teen R80.

Identiteits- dokumente
17 Januarie 2019
Leerders wat 16 jaar en ouer is en nog nie 'n identiteitsdokument het nie, moet asseblief so spoedig moontlik SELF daarvoor aansoek
doen. Die naaste Binnelandse Sake kantore aan ons, is in Atlantis of Paarl. Die kinders het dit nodig om aansoek te doen vir 'n rybewys,
asook vir hul graad 12 eindeksamens.

Kwartaaldatums 2019
17 Januarie 2019
Eerste kwartaal: 9 Januarie - 15 Maart
Tweede kwartaal: 2 April - 14 Junie
Derde kwartaal: 9 Julie - 20 September
Vierde kwartaal: 1 Oktober - 4 Desember

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2019
17 Januarie 2019
Die volgende tariewe is vir 2019 goedgekeur:
Skoolfonds: R16 300 per jaar per leerder. Indien die volle bedrag vir die jaar voor of op 28 Februarie 2019 betaal word, sal dit R15 400
beloop (R900 afslag).
Koshuislosies: R27 700 per jaar per leerder. Geen subsidie of afslag is op koshuislosies van toepassing nie.
Busvervoergeld bly tans onveranderd op R8000 per jaar per leerder vir die vol roete. Enige verandering sal aan die betrokke ouers
deurgegee word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
17 Januarie 2019
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

School Communicator Mobile App
17 Januarie 2019
Besoek hierdie skakel op u selfoon en laai die skool se Communicator af. Blackberry, iPhone en Android toestelle.
http://school-communicator.com/download.php
Indien u liewer verkies om elke Vrydag 'n harde kopie van die nuusbrief op papier te ontvang, kan u kind hierdie nuusbrief elke Vrydag
by mev De Klerk se kantoor gaan afhaal. Slegs 'n beperkte aantal harde kopieë word gemaak.

Welkom by die Hoërskool Swartland Kommunikeerder
17 Januarie 2019
Hierdie Kommunikeerder is 'n gebruikersvriendelike program wat inligting aktief in die rigting van die ouers stoot.
http://www.swartlandhs.co.za/Algemene_nuus/School%20Communcator%20Launch%20Eng_Afr.pdf

KALENDER vir 17 Januarie 2019 - 24 Januarie 2019

17th Januarie 2019
BL skakel met personeel en gades
FSS
18:00
17th Januarie 2019
Netheid inspeksie
18th Januarie 2019
Uitnaweek
18th Januarie 2019
Koshuiskomitee vergader 13:00
18th Januarie 2019
Bloedskenk
19th Januarie 2019
Toutrek te Jan Kriel
19th Januarie 2019
Krieket O/15A (weg)
vs Dirkie Uys
19th Januarie 2019
Krieket O/19A (tuis)
vs Klein Nederburg
21st Januarie 2019
Graad 8 Baadjieseremonie
19:00
21st Januarie 2019
Gholf vs Boland Landbou (weg)
22nd Januarie 2019
Personalia vergader 18:00
23rd Januarie 2019
Tennis 1e seuns vs Hopefield (tuis)
23rd Januarie 2019
Erekleurekomitee vergader
18:00
24th Januarie 2019
Vaste Bates vergader 18:00
24th Januarie 2019
Swem aflosgala te Bloemhof

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Januarie 11 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5c3748ad107d0999313663.pdf

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.

Hoërskool Swartland

Malmesbury Advertising