Hoërskool Swartland 15 Augustus 2019

Nuusbrief vir 15 Augustus 2019
Hoërskool Swartland

NUUS

Uit die skoolhoof se kantoor (1)
15 Augustus 2019
Een van die hoogtepunte op ons kalender, Interskole, het aangebreek. Al ons rolspelers het reeds baie moeite en tyd ingesit om voor te
berei vir hierdie groot dag. Ek wil elkeen, op die veld, langs die veld, en veral al ons leerders baie sterkte toewens vir Saterdag. Vir ons
oudleerders en ondersteuners wil ek graag herinner aan goeie sportmangees en onberispelike gedrag langs die veld en teenoor die
skeidsregters se beslissings. So werk ons almal saam met ons leerders aan ons skool se beeld na buite. Baie dankie vir almal se
ondersteuning en harde werk tot dusver. Baie dankie ook vir goeie dissipline en spangees onder ons Rockies. Geniet Saterdag saam
met ons en wees deel van die goeie herinneringe wat ons vir altyd sal kan koester.

Uit die skoolhoof se kantoor (2)
15 Augustus 2019
Baie geluk aan al ons Rockies met die Kultuuraand oorwinning! Dit was 'n besondere genotvolle geleentheid.
Ek wil ook elke ouer, van OOV-werk tot die versiering van die personeelkamer, tot op sportgebied, opreg bedank vir elke inset en
bydrae. Dit word werklik waardeer. Die potensiaal van ons ouers, leerders en onderwysers is op vele terreine sigbaar en hierdie tipe
ondersteuning veroorsaak dat die potensiaal van ons hele skool verwesenlik word. Baie dankie vir elkeen se inisiatiewe, kreatiwiteit en
betrokkenheid.

Interskole parkering
15 Augustus 2019
Net die volgende belangrike inligting:
1. Indien u voor die tyd R30-kaartjies gekoop het, sal hierdie kaartjies by die hek vir ‘n bandjie omgeruil word.
2. Parkering voor die skool: slegs vir skeidsregters, afrigters en personeel van die skool.
3. Parkering by die FS-sportsentrum binne die hek: slegs vir eregaste
4. Parkering by die OOV-hek teen die boonste grondpad: slegs vir OOV-komiteelede en hul helpers met hul eie unieke kleur bandjies.
5. Publieke parkering @ R10 beskikbaar:
- Oorkant die onderste tennisbane, op die onderste hokkieveld langs die B-rugbyveld;
- Oorkant Johan Moller estate uitbreiding (“rubble parking”)
6. Gratis parkering: al die gebiede in die strate wat nie bo genoem is nie.

Ondersteuners-items by klerebank
15 Augustus 2019
Die volgende items is vir ons ondersteuners by die klerebank beskikbaar:
- Baadjies, truie, rosette, pette en plakkers
Die klerebank is hierdie week op die volgende dae en tye oop:
Maandag, Woensdag, Vrydag: 09:30 - 14:30
Dinsdag en Donderdag: 10:00 - 13:00

Finansies - wie se inbetaling?
15 Augustus 2019
Ons is nog steeds op soek na die persone wat die volgende inbetalings in die skool se rekening gedoen het:
- Op 01/08/2019 - R3 260. Die verwysing sê net: "skoolgeld"
- Op 31/07/2019 - R1 630. Die verwysing sê: "INVESTCORPBCCSA"
Indien u bewus is van hierdie inbetalings, kan u mev P van der Westhuijzen by ons finanskantoor skakel.

Skoolkoor presteer
15 Augustus 2019
Baie geluk aan ons skoolkoor wat by die Wes-Boland Eisteddfod Cum Laude behaal het. Dis 'n pragtige prestasie! Baie geluk en baie
dankie aan Anna-Maré van Staden, ons koorleidster, en Santa-Mari Walters ons begeleier. Julle harde werk word beloon. Ons is baie
trots op ons koor!

Matriekafskeid: Rooitapyt- geleentheid
15 Augustus 2019
Daar is 'n geleentheid om al die matrieks te sien by die aankoms by die matriekafskeid. Verskillende sitplekke moet egter vooraf
bespreek en gekoop word. Die VIP-pawiljoen sitplek is R60 per persoon, die VIP-stoelsitplek is R50 per persoon en 'n terrassitplek is R10
per persoon. Elke matriekleerder sal 2 gratis R10-bandjies ontvang. Matriekouers kry voorkeur om hul sitplekke te boek vanaf 12
Augustus - 26 Augustus. Daarna sal dit beskikbaar wees vir enigiemand anders. Besprekings en betalings kan dus vanaf 12 Augustus by
ons skool se finanskantoor gedoen word.

Kickboxing prestasies
15 Augustus 2019
Baie geluk aan Hennie van Zyl en Patrick Muldoon wat gekwalifiseer het om aan die Internasionale Kickboxing kampioenskappe op 18
en 19 Oktober in KwaZulu Natal gaan deelneem. Baie sterkte vir hierdie uitdaging!Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2019
15 Augustus 2019

Die volgende tariewe is vir 2019 goedgekeur:
Skoolfonds: R16 300 per jaar per leerder.
Koshuislosies: R27 700 per jaar per leerder. Geen subsidie of afslag is op koshuislosies van toepassing nie.
Busvervoergeld bly tans onveranderd op R8000 per jaar per leerder vir die vol roete. Enige verandering sal aan die betrokke ouers
deurgegee word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
15 Augustus 2019
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

KALENDER vir 15 Augustus 2019 - 22 Augustus 2019
15th Augustus 2019
BL Subkom. Bem., beeld, sport,
kultuur vergader
18:00
16th Augustus 2019
Interskole Grootbrag
Skoolsaal
08:00-13:30
17th Augustus 2019
Landlope te Paarl
17th Augustus 2019
Interskole (tuis)
Gr 8C, D, E aan hekdiens
18th Augustus 2019
Koor: Sing in harmonie
19th Augustus 2019
Personalia vergader 18:00
20th Augustus 2019
ATKV tienertoneel
15:00
20th Augustus 2019
Formele toetse
21st Augustus 2019
Formele toetse
22nd Augustus 2019
Formele toetse
22nd Augustus 2019
Gr 9 oueraand (vakkeuses)
Skoolsaal
19:00
22nd Augustus 2019
Drama-toer na Montagu
22nd Augustus 2019
Vaste Bates vergader 18:00

 

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Augustus 08 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5d4bedcd15890376328642.pdf
Interskole program
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5d4bec265fb45161150371.jpg
Interskole program
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5d4bebeb3dfa1206358117.jpg

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.
Hoërskool SwartlandNuusbrief vir 15 Augustus 2019
Hoërskool Swartland