Hoërskool Swartland 14 September 2018

Nuusbrief vir 13 September 2018
Hoërskool Swartland

NUUS

Reünies
13 September 2018
Ons 1968- en 1988-matriekgroepe het Saterdag 15 September hul reünies. En die 1978-groep het op 22 September hul reünie. Hierdie
groepe gaan ook 'n staptog deur die skool onderneem. Ons ontvang hulle graag by die skool en is baie dankbaar vir die persone in die
groepe wat inisiatief neem en raakvat om die reünies te reël. Daar is elke jaar heelwat groepe wat reünies hou. Ons oudstudentebond
onder leiding van Hendrik Spies (voorsitter) is ook nou al sterk op die been met allerhande projekte en inisiatiewe. Indien ons
oudleerders wat hierdie nuus lees by die oudstudentebond wil aansluit of enige navrae oor reünies het, kan u mev De Klerk by die skool
skakel.

Boekbestelling onvolledig
13 September 2018
Ons uitgewers, Books 24/7 het 'n inbetaling met slegs die naam MICHAELA op hul bankstaat ontvang. Geen e-pos is saam met die
bestelling ontvang nie. Die persoon wat hierdie geld inbetaal het, moet asseblief die skool skakel sodat die bestelling en die bewys van
betaling aan die uitgewers gestuur kan word.
Onthou asseblief, dat u vir elke elektroniese inbetaling die bestelvorm en die bewys van betaling in die boks by die finanskantoor moet
kom gooi. Sit ook asseblief 'n volledige naam op die bestelling en inbetaling. Dankie!

Parel Vallei Eisteddfod uitblinkers
13 September 2018
Kyra Barendse en Annaliese Smal het pryse by die Parel Vallei Eisteddfod ontvang vir hul topprestasies in Skryfkuns en Digkuns. Baie
geluk met jul pragtige prestasies!

Tygerberg Eisteddfod pryswenners
13 September 2018
Die volgende leerders het toekennings by die Tygerberg Eisteddfod se Prestige-aand ontvang:
Jaziel Burrows, Anje Botha, Ané Spies, Kristan Kraak. Wel gedaan!

Wes-Boland Eisteddfod pryswenners
13 September 2018
Die volgende leerders het medaljes by die Wes-Boland Eisteddfod ontvang:
Suzaan Smal (Poem); Meagan May (Poem); Jenewieve Hopley (Reading); Kristan Kraak (Skryfwerk); Liza Eksteen (Gedig en Poem); Anje
Botha (Tweesang); Shawn Day (Sang en gedig); Chrismarié Malan (Skryfwerk en fotografie); Ané Spies (Tweesang en gedig). Baie geluk
aan hierdie leerders!

WOW spelkompetisie verdere prestasies
13 September 2018
Na afloop van die volgende ronde van bogenoemde kompetisie het ons die volgende uitslae ontvang:
Shawn Day - brons (Graad 10 Afrikaans)
Anita September - goud (Graad 9 Engels tweede taal)
Gladys Matewa - brons (Graad 9 Engels tweede taal)
Anna-Nelle Smuts - goud (Graad 8 Engels tweede taal)
Mihle Bentele - vierde plek (Graad 9 Engels tweede taal)
Baie geluk aan hierdie leerders!

Hokkie: vergadering verslag 5 September
13 September 2018
Sien die verslag van die hokkie vergadering gehou op 5 September onder 'Bronne / Resources' op hierdie Communicator program.

Matriekafskeid kaartjies toeskouers - Terras
13 September 2018
Terraskaartjies: Dié kaartjies kos R10 elk en is terselfdertyd 'n toegangskaartjie by die hek. Hierdie toeskouers moet self sorg vir 'n
kampstoel of kombers om op te sit. Geen sitplekke / stoele / pawiljoen gaan verskaf word nie. Hierdie kaartjies sien dan ook die
aankoms van die matrieks van 'n bietjie verder af as die VIP kaartjies, omtrent so 80 meter van die rooitapyt af. Die terrasse is op
verskillende vlakke - almal sal dus goed kan sien.
Die kaartjies is by mev Van der Westhuijzen by die finanskantoor te koop.

Matriekafskeid kaartjies toeskouers - VIP sitplekke
13 September 2018
VIP kaartjies: Dié kaartjies kos R30 elk en is ook terselfdertyd 'n toegangskaartjie. Hierdie sitplekke is egter vooraf genommer en
uitgemerk volgens die kaartjie, en is teenaan die rooitapyt waar die matrieks natuurlik van naby gesien kan word, soos in 'n
modeparade. Elke VIP toeskouer kry ook 'n komplimentêre botteltjie water, asook 'n houer met springmielies. Daar is nog 'n paar van
hierdie kaartjies oor en dis by mev Van der Westhuijzen by ons skool se finanskantoor te koop.

Hokkie afrigters 2019
13 September 2018
Ons benodig hokkie afrigters vir die 2019-seisoen. Indien u belangstel, of weet van iemand wat sou belangstel, kan u vir mnr Rowan
McLachlan 'n e-pos stuur by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Wiskunde klasse info
13 September 2018
Mnr Visser bied steeds ekstra wiskunde-klasse by die skool aan. Die dae en tye is as volg:
Maandae 15:00-16:30
Dinsdae 15:00-16:00
Donderdae 15:00-16:00
Leerders is welkom om by hom aan te meld en reëlings te tref.

Wiskunde Lenteskool gr 12
13 September 2018
Daar sal gedurende Oktober 'n Lenteskool vir graad 12-leerders aangebied word en wel vanaf Maandag 1 Oktober tot Vrydag 5 Oktober.
Die kursus behels 2 ure per dag vir die 5 dae. Tye sal ooreengekom word.
Volledige opsommings, aantekeninge en oefeninge word verskaf wat leerders tuis moet voltooi. Vir goeie resultate is dit baie belangrik
dat leerders hul volle samewerking in hierdie verband gee.
Vir verdere navrae en kostes hieraan verbonde kan u me Elsie Oosthuizen by 082 378 6830 skakel. Bevestig met haar voor of op
Donderdag 20 September 2018.

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2018
13 September 2018
Skoolfonds: R14 900 per jaar per leerder.
Per kwartaal: R3 725 per kwartaal, betaal binne die eerste 2 weke van elke kwartaal;
Maandeliks: R1 490 per maand oor 10 maande, betaal voor die 25ste van elke maand.
Koshuislosies: R25 600 per jaar per leerder, per kwartaal: R6 400; maandeliks: R2 560 per maand oor 10 maande.
Busvervoer: R2 000 per kwartaal of R800 per maand oor 10 maande.
Vir enige navrae kan mev Van der Westhuijzen (skoolfonds) en mev De Klerk (koshuislosies en busgeld) by die skool gekontak word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
13 September 2018
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

Handboeke - bestellings vir 2019
6 September 2018
Ons leerders het elkeen 'n handboeklys vir 2019 ontvang. Die bestellings vir 2019 se handboeke kan by mev Van der Westhuijzen se
kantoor ingehandig word.
U kan die bewys van u elektroniese inbetaling, saam met die bestelvorm, in 'n koevert, of die korrekte bedrag in kontant en die
bestelvorm in 'n koevert in die houer by die finanskantoor plaas.
Hoe vroeër u bestel, hoe vroeër sal die leerders die boeke kan ontvang en die 2019 akademiese jaar kan Januarie dadelik afskop.
Byvoorbaat baie dankie vir u samewerking.

KALENDER vir 13 September 2018 - 20 September 2018

14th September 2018
Wes-Boland Eisteddfod prestige
aand

15th September 2018
1968 matrieks reünie
10:00 stap deur die skool
Aand: Eie venue - Yzerfontein

15th September 2018
1988 matrieks reünie
11:00 Stap deur die skool
Aand: Eie venue

18th September 2018
Formele toetse

18th September 2018
Toutrek Wêreld byeenkoms
Kaapstad

19th September 2018
Tygerberg Eisteddfod prestige
konsert

20th September 2018
Gr 8-11 toetsreeks eindig

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
September 14 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5b9a3b0101eff873887350.pdf
Hokkie vergadering verslag 5 September
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5b9613fe1c368830378996.pdf
September 07 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5b90fc4000eb4317635539.pdf

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.
Hoërskool SwartlandNuusbrief vir 13 September 2018

Hoërskool Swartland

Malmesbury Advertising