Hoërskool Swartland 12 September 2019

Nuusbrief vir 12 September 2019
Hoërskool Swartland

NUUS

Uit die skoolhoof se kantoor
12 September 2019
Begroting 2020: Ons vestig u aandag daarop dat die begrotingsvergadering met ons ouers op 7 Oktober om 19:00 in die FSsportsentrum
sal plaasvind. Tydens dié vergadering sal die voorgestelde begroting vir 2020 goedgekeur word, asook die
skoolfondsbedrag en koshuislosies vir 2020 vir goedkeuring voorgelê word. Hierdie besluit sal dan op alle ouers bindend wees. Alle
ouers is welkom om hierdie vergadering by te woon.
Akademie: Let asseblief daarop dat geen leerder sonder 'n geldige rede afwesig mag wees van skoolbywoning nie. Die toetsreeks is
afgehandel maar klasonderrig gaan beslis voort soos normaalweg. Die leerinhoud van die 4de kwartaal sal behandel word. Ons wil vra
dat u as ouers ons hierin sal ondersteun om sodoende uiteindelik goeie werksetiek by ons leerders te vestig.

Matriekafskeid: Rooitapyt- geleentheid
12 September 2019
Daar is 'n geleentheid om al die matrieks te sien by die aankoms by die matriekafskeid. Verskillende sitplekke moet egter vooraf
bespreek en gekoop word. Die VIP-pawiljoen sitplek is R60 per persoon, die VIP-stoelsitplek is R50 per persoon en 'n terrassitplek is R10
per persoon. Elke matriekleerder sal 2 gratis R10-bandjies ontvang. Matriekouers kry voorkeur om hul sitplekke te boek vanaf 12
Augustus - 26 Augustus. Daarna sal dit beskikbaar wees vir enigiemand anders. Besprekings en betalings kan by ons skool se
finanskantoor gedoen word.

Klerebank nuus
12 September 2019
Daar is tans splinternuwe erekleure dasse (die nuwe ontwerp) teen R240 elk beskikbaar.
Gedurende die res van September tot die einde van die kwartaal, is daar 'n tweedehandse klere uitverkoping by ons klerebank. Alle
items word teen R20 per item verkoop. Moenie dit misloop nie!

Voedingskema
12 September 2019
Ons bedryf tans 'n voedingskema by ons skool. Ons het tans 12 kinders wat daagliks afhanklik is van hierdie voedingskema en die getal
groei steeds. Die skool maak gebruik van vrywilligers wat bereid is om daagliks te help met kospakkies of finansiële bydraes. Indien u
belangstel om van hulp te wees, of meer inligting verlang, kontak asseblief vir Anina by 0828204525 of mev De Klerk by die skool by
022-4821469.
.

Finansies - skoolfonds
12 September 2019
Daar is slegs 3 maande oor om u 2019-skoolfonds ten volle voor 20 November 2019 te vereffen.
Maak asseblief seker daar word elke maand 'n paaiement vir skoolfonds betaal. Rekeninge wat 60 dae en langer dormant is, word vir
invordering oorhandig.
Alle ouers dra reeds kennis van die finansiële prosedure en werkswyse van die skool. Indien 'n rekening vir invordering oorhandig is, is
die rekening op ons stelsel geblok en kan ons nie verder geld na daardie rekening allokeer nie. Dan moet u by Du Plessis en Mostert
prokureurs betaal. Probeer asseblief hierdie ongemaklike situasie vermy deur getrou u kind se skoolfonds te betaal.

Eisteddfod prestasie
12 September 2019
Ashlin Nicholas het twee goue sertifikate vir sy kontemporêre klavierstukke by die Wes-Boland Eisteddfod behaal. Baie geluk met jou
pragtige prestasie, Ashlin!Wel gedaan!

Landloop prestasie
12 September 2019
Selma du Preez, D16, het 'n sesde plek behaal by die Wes-Kaap Landloopkampioenskappe in die 4km afstand. Sy is ook gekies vir die
Wes-Kaapspan vir deelname aan die SA-Skole kampioenskappe op 21 September 2019. Baie geluk, Selma, ons is trots op jou!

Baie geluk, mnr Dyason
12 September 2019
Mnr Martin Dyason is genooi as afrigter van die O.17 SARU rugbykamp. Baie geluk!

Nasorg fasiliteit koshuise
12 September 2019
Ons kry van tyd tot tyd navrae oor 'n nasorgfasiliteit vir ons leerders. Ons het tans so 'n fasiliteit by Huis van Zyl vir dogters en Huis van
Imhoff vir seuns. Hierdie nasorgdiens is slegs vir ingeskrewe leerders van Hoërskool Swartland. Dit beloop R35 per middag - middagete,
nasorg en studeerfasiliteite ingesluit. Indien 'n leerder nie die middagete wil nuttig nie, beloop dit R15 per middag. Vir enige navrae kan
mev De Klerk gedurende skoolure by die skool gekontak word by 022-4821469 of e-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Advertensie - Gimnastiek
12 September 2019
"Uber Gruvi Gymnastics" is 'n artistiese Gimnastiekklub vir dogters, geleë in Piet Retiefstraat 9C, Riebeek-Kasteel. Hierdie gimnaste kan
vorder op distriks-, streeks- en nasionale vlak. Daar is ook 'n fiksheidsentrum beskikbaar. Hierdie gimnastiekklub is by die SA
Gimnastiek Federasie geregistreer. Vir meer inligting oor wat alles aangebied word, fooie betrokke, ens kan u vir Jo skakel by 081 858
3739.

Dermatech opedag
12 September 2019
Dermatech se opedag is 14 September van 09:00-13:00 by Blaauwbergweg 60, Blouberg.
Die tema van hierdie jaar se opedag is "Extreme makeover". Die fokus is op alle aspekte van die Skoonheid-industrie, insluitend hare,
gesondheid, velsorg, naels en grimering. Besoekers sal ook op 'n toer deur die kampus geneem word.

Hoërskole Loopbaanuitstalling
12 September 2019
Alle graad 10, 11 en 12-leerders word uitgenooi na die Hoërskole Loopbaanuitstalling op 13 en 14 September vanaf 09:00 tot 12:00. Dit
word by die Cape Gate Mall aangebied.

Matriek hersieningsessies
12 September 2019
Die Pearson Instituut Durbanville kampus nooi alle 2019 matrieks om op 28 September 2019 'n hersieningsessie by te woon om só
sukses in die eksamen te behaal. Sessies sal in Afrikaans en Engels aangebied word. Besprekings is egter noodsaaklik.
Sessie 1 - 08:30-10:30 Rekeningkunde
Sessie 2 - 10:45-12:45 Wiskunde
Sessie 3 - 13:00-15:00 Fisiese Wetenskappe
Venue: Pearson Instituut Durbanville kampus, Rogersstraat 9, Tygervallei
Koste: R100 per sessie (X-kit Achieve! Eksamen Oefenboekie vir relevante vak is ingesluit)
RSVP by 021-9148000 of stuur 'n e-pos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. voor 26 September 2019.
Besoek www.pearsoninstitute.ac.za vir meer inligting oor die instituut vir hoër onderwys inligting.

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2019
12 September 2019
Die volgende tariewe is vir 2019 goedgekeur:
Skoolfonds: R16 300 per jaar per leerder.
Koshuislosies: R27 700 per jaar per leerder. Geen subsidie of afslag is op koshuislosies van toepassing nie.
Busvervoergeld bly tans onveranderd op R8000 per jaar per leerder vir die vol roete. Enige verandering sal aan die betrokke ouers
deurgegee word.

 

, bus, rekening nommers
12 September 2019
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

KALENDER vir 12 September 2019 - 19 September 2019
12th September 2019
Gr 8-11 toetsreeks eindig
13th September 2019
Gr 9 vakkeuses voltooi
13th September 2019
Gr 12 eksamen eindig
17th September 2019
Gr 12 Drama prakties
09:00
19th September 2019
Matriekafskeid

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
September 13 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5d79ea464d28a200322457.pdf
September 06 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5d70f03babb66881700066.pdf'gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.
Hoërskool Swartland