Hoërskool Swartland 11 Julie 2019

Nuusbrief vir 11 Julie 2019
Hoërskool Swartland

NUUS

Uit die skoolhoof se kantoor
11 Julie 2019
Baie welkom terug aan elkeen van u vir die derde kwartaal van 2019.
Ons hoop dat ons weer soos elke kwartaal op elke lid van die Rockie-span se samewerking sal kan staatmaak. Dis 'n vol en woelige
kwartaal wat voorlê maar ons sien uit na baie hoogtepunte. Baie sterkte aan elke ouer, leerder en personeellid van ons skool.

Sportdag vs Strand
11 Julie 2019
Komende naweek het ons 'n tuis sportdag teen Strand. Die program vir die dag is op Bronne / "Resources" op hierdie Communicator.

Skoolfoto's
11 Julie 2019
Ons vestig u aandag daarop dat u kind die individuele- en klasfoto-bestelling ontvang het. Die sluitingsdatum vir hierdie bestellings is
12 Julie 2019. Lees asseblief al die instruksies op die koevert. Die bestelling en die korrekte bedrag geld moet by mev P van der
Westhuijzen by ons finanskantoor inbetaal word. Geen tjeks of kaartbetalings kan aanvaar word nie. Dankie vir u samewerking.

Finansies - wie se inbetaling?
11 Julie 2019
Die volgende inbetaling is in die skool se rekening gedoen en is vir ons onbekend:
- op 03/07/2019: Verwysing - Langeberg Mall - R1 630
Die volgende betaling is in Huis van Imhoff se rekening gedoen en is ook onbekend:
- op 03/04/2019: Verwysing - Mynardville - R2 800
Indien u enige van hierdie betalings herken, sal ons dit waardeer indien u die skool se finanskantoor sal skakel.

Koor: Sing in Harmonie
11 Julie 2019
Die Sing in Harmonie geleentheid vind op Sondagaand 18 Augustus in die Hugo Lamprecht sentrum in Parow plaas. Koorlede wat hul
hoeveelheid kaartjies bespreek of aangedui het, is verantwoordelik vir die inbetaling van daardie kaartjies teen R200 per persoon. Die
skool was verplig om die gelde in te betaal vir die versekering van die sitplekke. Lede kan die kaartjies by ons skool se finanskantoor
betaal.

Dramaklas fondsinsameling
11 Julie 2019
Die dramaklas van ons skool gaan in Augustus op 'n toer na Montagu om hul talent te gaan deel. 'n Groep van hulle het besluit om 'n
fondsinsameling by MyChefs in Malmesbury te hou. Al die wins van die aand sal vir hierdie toer aangewend word. Die kaartjies kos R300
per persoon en moet by die skool se finanskantoor bespreek word. Dis 'n opwindende aand met heerlike kos, vermaak en 'n gemaklike
atmosfeer. Ons wil graag vra dat u ons dramaleerders hierin ondersteun. Skakel gerus ons finanskantoor vir verdere inligting en navrae.

Skoolfonds (1)
11 Julie 2019
Ons wil u aandag daarop vestig dat onbetaalde rekeninge van 60 dae en langer aan ons prokureurs vir invordering oorhandig sal word.
Daar is heelwat ouers wie se rekeninge in hierdie kategorie val. Die volgende oorhandigingsdatum is Maandag 15 Julie 2019. Indien u
lanklaas skoolfonds betaal het, maak asseblief seker u betaal voor 13 Julie sodat u hierdie prosedure kan voorkom. Kom asseblief u
verpligting jeens u kind se opvoeding na. Baie dankie aan diegene wat wel getrou hul skoolfonds betaal.

Skoolfonds (2)
11 Julie 2019
Skoolfondsstate:
Ouers moet asseblief let op die datum onderaan die state. Die datum van rekonsiliasie is daarop. Geen direkte betalings ná hierdie
datum sal op die staat verskyn nie. Indien u 'n elektroniese betaling vanuit 'n ander bank as Nedbank op die laaste dag van die maand
doen, verskyn dit eers op die daaropvolgende maand se staat. U moet dit asseblief in ag neem. Dankie vir u begrip.

Netbal prestasies
11 Julie 2019
Ansuné Smit en Kristin van der Ross het albei die Wes-Kaap by die Nasionale All ages toernooi in hul onderskeie ouderdomsgroepe
verteenwoordig. Kristin se span het slegs teen Gauteng verloor en 'n silwer medalje verower.
Ansuné se span het 4 gewen, 5 verloor, 1 gelykop gespeel en het 10de uit die 19 spanne geëindig. Hulle het ook die spangees video
kompetisie gewen.
Ansuné is verder tot lid van die SA O/21-span verkies wat 11-14 Julie regoor Suid-Afrika gaan toer en kompeteer. Baie geluk met hierdie
besondere prestasies en baie sterkte, Ansuné, dis werklik 'n uitsonderlike prestasie!

Netbal uitslae
11 Julie 2019
Interdistrikstoernooi 4 - 6 Julie:
- Zéte Adams het as lid van die O/14-weskusspan deelgeneem en hierdie span het 5de geëindig.
- Mané en Danél Visser het as lede van die O/15-weskusspan deelgeneem en hierdie span het 6de geëindig.
- Kiné Davids het as lid van die O/16-weskusspan deelgeneem en hierdie span het 6de geëindig.
- Inge von Wielligh, Micheala van der Westhuizen en Marnic Ligthart het as lede van die O/17-weskusspan deelgeneem en dié span het
5de geëindig.
- Liezel van der Merwe en Mikayla Ritter met me Sanet Joubert as afrigter het as lede van die O/18-span 'n brons medalje gewen.
Baie geluk aan ons netbalspelers!

Selma presteer in Biathle
11 Julie 2019
Selma du Preez het op 15 Junie aan die SA Biathle kampioenskappe (hardloop en swem) in Durban deelgeneem en 'n 3de plek verwerf
vir dogters O/17.
Sy is ook in die SA-span opgeneem wat gedurende Oktober aan die Biathle Wêreldkampioenskappe in Amerika gaan deelneem. Baie
geluk, Selma, en baie sterkte met die besondere uitdaging!

Eisteddfod prestasies
11 Julie 2019
Lucia van der Spuy, graad 8, is uitgenooi na die Gala-aand van die Paarl Vallei Eisteddfod wat op 10 September sal plaasvind. Sy word
vereer as die beste leerder in beide Afrikaans en Engels onvoorbereide lees in haar ouderdomsgroep. Baie geluk met jou prestasie,
Lucia!

Hokkie prestasies
11 Julie 2019
Leandri Agenbag is in die Boland O/18C hokkiespan ingesluit wat aan die streekskampioenskappe deelgeneem het.
Hassaanah Skippers is in die Boland O/16A hokkiespan ingesluit wat aan die Interstreekkampioenskappe deelgeneem het.
Baie geluk aan hierdie dogters!

Rugby uitslae van toernooi
11 Julie 2019
Die uitslae van die toernooi gedurende die vakansie is as volg:
O/14A: HSS 51 Weston 7; HSS 7 Brackenfell 22
O/15A: HSS 0 Bellville 60; HSS 14 HTS Bellville 0
O/16A: HSS 24 HTS Bellville 5; HSS 7 Nico Malan 22
O/19A: HSS 15 Stronghurst 45; HSS 29 Laborie 15

Kickboxing prestasies
10 Julie 2019
Francois Botes en Patrick Muldoon het as deel van die 'Scorpions All Styles Martial Arts Kickboxing Academy' groep op 27 April aan die
'World Association of Kickboxing Organization' se SA-byeenkoms te Oudtshoorn deelgeneem. Hulle het onderskeidelik goue, silwer en
brons medaljes in die onderskeie ouderdomsgroepe en kategorieë behaal. Baie geluk met jul pragtige prestasie!

Tersiêre instansies inligting
10 Julie 2019
Universiteit van Stellenbosch se sluitingsdatum vir aansoeke vir 2020: 30 Junie 2019
Prestige Academy opedag: 27 Julie van 09:00 - 15:00
Prestige Academy Winterwerkswinkel: 2 - 5 Julie 2019
Funza Lushaka-beurs vir onderwys - aansoeke sluitingsdatum: 31 Julie 2019

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2019
10 Julie 2019
Die volgende tariewe is vir 2019 goedgekeur:
Skoolfonds: R16 300 per jaar per leerder.
Koshuislosies: R27 700 per jaar per leerder. Geen subsidie of afslag is op koshuislosies van toepassing nie.
Busvervoergeld bly tans onveranderd op R8000 per jaar per leerder vir die vol roete. Enige verandering sal aan die betrokke ouers
deurgegee word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
10 Julie 2019
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

School Communicator Mobile App
10 Julie 2019
Besoek hierdie skakel op u selfoon en laai die skool se Communicator af. Blackberry, iPhone en Android toestelle.
http://school-communicator.com/download.php
Indien u liewer verkies om elke Vrydag 'n harde kopie van die nuusbrief op papier te ontvang, kan u kind hierdie nuusbrief elke Vrydag
by mev De Klerk se kantoor gaan afhaal. Slegs 'n beperkte aantal harde kopieë word gemaak.

KALENDER vir 11 Julie 2019 - 18 Julie 2019

13th Julie 2019
Sportdag vs Strand (tuis)
HSS
Gr 8E-klas aan hekdiens

16th Julie 2019
Rugby vs New Orleans (tuis)
HSS

16th Julie 2019
WOW-spelkompetisie
Te Schoonspruit

17th Julie 2019
Rapporte aan ouers

17th Julie 2019
BL Subkom. Dissiplinêr vergader
18:00

18th Julie 2019
BL Subkom. Bem., beeld, sport,
kultuur vergader
18:00

18th Julie 2019
Netheid-inspeksie

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
Sportdag vs Strand (tuis) 13 Julie
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5d2452d835b90345185027.doc

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.
Hoërskool Swartland

More in this category: Hoërskool Swartland 18 Julie 2019 »