Hoërskool Swartland 11 A.ril 2019

Nuusbrief vir 11 April 2019
Hoërskool Swartland

NUUS

Uit die skoolhoof se kantoor
11 April 2019
Oueraand: Baie dankie aan al ons ouers wat die geleentheid aangegryp het om ons oueraand by te woon. Goeie gesprekke het
plaasgevind en baie onduidelikhede is opgeklaar en opgelos.
Sport: Baie dankie vir elkeen se inset by Saterdag se sportdag teen Worcester Gim. U ondersteuning en meelewing word regtig
waardeer. Baie dankie aan gewillige, betrokke ouers wat help om so 'n dag moontlik te maak.
Funksie 10 April: Baie dankie vir die matriek prestasie-aand en almal wat by die reëlings betrokke was, asook almal wat dit bygewoon
het. Met mnr Arendse as 'n uitstekende motiveringspreker was die aand 'n reuse-sukses.

Skoolfonds
11 April 2019
Die opsie om voor 28 Februarie skoolfonds te betaal, en afslag te kry, is reeds verby. So ook die opsie om per kwartaal te betaal, want
die eerste kwartaal is reeds verby.
Ons merk egter dat daar ouers is wat nog geen skoolfonds vir 2019 betaal het nie. U is ook reeds almal ingelig oor die oorhandigings
aan die prokureur wat reeds na die April-rekonsiliasie sal plaasvind. Ons wil u dus vriendelik versoek om hierdie verantwoordelikheid
teenoor u kind na te kom en skoolfonds op 'n gereelde basis te vereffen. Baie dankie byvoorbaat.

Skoolfonds inbetalings
11 April 2019
Wanneer u as ouer 'n direkte inbetaling vir skoolaktiwiteite, handboeke, klere, of wat ookal maak, moet u self vir u 'n bewys van
betaling druk. Dit sal dan as u kwitansie dien. Hierdie kwitansie kan dan ook as bewys aan die betrokke saak voorgelê word,
byvoorbeeld klerebank, rugby, boekstoor, ens. Indien u die inbetaling doen, moet u by die verwysing die saak waarvoor dit betaal is,
eerste intik. Daarna u kind se naam, van en graad. Vir enige navrae kan u ons finanskantoor skakel.
Dankie vir u begrip in dié verband.

SA Wiskunde olimpiade
11 April 2019
Op 12 Maart het vier van ons leerders aan die Suid-Afrikaanse Wiskunde-olimpiade deelgeneem. Drie van die leerders het gekwalifiseer
om aan die tweede rondte gedurende Meimaand deel te neem. Dit is Meagan May (graad 12) met 50%, Thomas Theron (graad 9) met
75% en Petrie Steyn (graad 9) met 90%. Baie geluk aan hierdie leerders, en sterkte vir die tweede rondte!

Atlete presteer
11 April 2019
Tydens die SA Skole kampioenskappe in Port Elizabeth en die ASA kampioenskappe in die Paarl het ons atlete as volg presteer:
Christiaan Bester - S15 - 5km stap - 1ste
Tiaano Walters - S17 - 10km stap - 4de
Ansuné Smit - D19 - spiesgooi - 4de
Cara Bester - D17 - 5km stap - 6de
Selma du Preez - D17 - 800m - 7de
Inge von Wielligh - D17 - Diskus - 9de
Louis de Jager - S17 - 400m hekkies - 10de
Kristin van der Ross - D15 - 300m hekkies - 10de
Japie du Bruyn - S15 - 1500m hindernis - 12de
Dezre Goosen - D15 - Diskus - 17de
By die SA Tweekamp kampioenskappe in PE het Selma du Preez boonop 'n 4de plek behaal.
Baie geluk aan al ons atlete!

Swem prestasies
11 April 2019
Jessica Vorster het 28-30 Maart aan die Vlak 3 byeenkoms te Oudtshoorn deelgeneem. Sy het in drie van haar items na die finaal
deurgedring. Wel gedaan, Jessica!
Schalk Burger het 2-4 April aan die Vlak 2 byeenkoms te Oos-Londen deelgeneem. Hy het 4 goue medaljes, 2 silwer medaljes en 2
brons medaljes verower. Swartland swemklub het 'n vierde plek uit die 34 klubs behaal. Baie geluk, Schalk!

Rugby uitslae
11 April 2019
HSS vs Worcester Gim:
O/19A wen 28-13; O/19B verloor 21-26; O/19C verloor 22-24.
O/16A verloor 14-29; O/16B verloor 0-57; O/15A verloor 5-29.
O/14A verloor 5-43; O/14B verloor 7-38.

Netbal uitslae
11 April 2019
HSS vs Worcester Gim:
O/18A wen 35-33; O/18B wen 24-7; O/18C wen 23-9; O/17A wen 17-14; O/17B verloor 13-16.
O/16A verloor 10-21; O/16B verloor 8-14; O/16C verloor 12-16; O/15A gelykop 21-21; O/15B wen 21-6; O/15C verloor 2-22.
O/14A verloor 5-27; O/14B verloor 6-26; O/14C wen 17-6; O/14D verloor 2-14.

Vakveranderinge 2019
11 April 2019
Neem asseblief kennis van die volgende sperdatums:
Graad 12 - geen verdere vakveranderinge vir 2019
Graad 11 - geen verdere vakveranderinge vir 2019
Graad 10 - Mag maksimum van 2 vakke verander - sluitingsdatum 23 April 2019.

Tersiêre instansies se opedae
11 April 2019
Op 11 Mei het die volgende instansies hul jaarlikse opedae:
CPUT, Prestige Academy, AFDA
Dis vir graad 11 en 12 leerders.

Jobshadowing Pathcare
11 April 2019
Daar is 'n 'jobshadowing' geleentheid by Pathcare beskikbaar vir graad 11 en 12 leerders op 26 April 2019.
Verdere navrae by juf C Greeff.

Eisteddfod sluitingsdatums
11 April 2019
17 Mei: Paarl Vallei inskrywings sluit (navrae: Mev Hunlun-van Zyl)
10 Julie: Paarl Vallei inskrywings - alle kunswerke en skryfstukke ingelewer by mev Hunlun-van Zyl
18 April: Wes-Boland alle inskrywings sluit (mev B Turner)

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2019
11 April 2019
Die volgende tariewe is vir 2019 goedgekeur:
Skoolfonds: R16 300 per jaar per leerder.
Koshuislosies: R27 700 per jaar per leerder. Geen subsidie of afslag is op koshuislosies van toepassing nie.
Busvervoergeld bly tans onveranderd op R8000 per jaar per leerder vir die vol roete. Enige verandering sal aan die betrokke ouers
deurgegee word.
Skool, koshuise, bus, rekening nommers
11 April 2019
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

School Communicator Mobile App
11 April 2019
Besoek hierdie skakel op u selfoon en laai die skool se Communicator af. Blackberry, iPhone en Android toestelle.
http://school-communicator.com/download.php
Indien u liewer verkies om elke Vrydag 'n harde kopie van die nuusbrief op papier te ontvang, kan u kind hierdie nuusbrief elke Vrydag
by mev De Klerk se kantoor gaan afhaal. Slegs 'n beperkte aantal harde kopieë word gemaak.
KALENDER vir 11 April 2019 - 18 April 2019

11th April 2019
FSS private uitverhuring
Duiweskou

12th April 2019
Rugby O/19A en B kamp te
Grabouw
Grabouw

13th April 2019
Boland Landloop Porterville

15th April 2019
Personalia vergader 18:00

15th April 2019
Gholf vs Porterville (tuis)

15th April 2019
Gospelweek

17th April 2019
Vaste Bates vergader 18:00

17th April 2019
Boland rugbyproewe
Malmesbury

18th April 2019
Uitnaweek

18th April 2019
Uitnaweek

18th April 2019
Uitnaweek
18th April 2019

Uitnaweek
18th April 2019
Koshuiskomitee vergader 13:00

18th April 2019
Eisteddfod Wes-Boland
inskrywings sluit

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae
April 05 Nuusbrief
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5ca5b93504bc7213824548.pdf

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.
Hoërskool Swartland

Malmesbury Advertising