Hoërskool Swartland 10 Mei 2019

Nuusbrief vir 10 Mei 2019
Hoërskool Swartland

NUUS

Uit die skoolhoof se kantoor
10 Mei 2019
Ons het op Saterdag 11 Mei 'n sportdag teen HS De Kuilen by hulle gronde. Baie sterkte aan ons leerders en afrigters met hierdie
uitdaging. U is een en elkeen baie welkom om ons leerders te kom ondersteun en die dag saam met ons te kom geniet. U lojaliteit en
belangstelling word altyd baie waardeer!

SAICE Wes-Kaap brugboukompetisie
10 Mei 2019
Op 4 Mei het twee brugbouspanne van HSS aan die SAICE (South African Institute of Civil Engineers) Wes-Kaap Brugboukompetisie te
Canal Walk, Kaapstad deelgeneem. Die matriekspan van HSS (Swartland 1) het bestaan uit Benjamin van Rhyn, Joubert du Bois en René
Joubert. Die gr 11-span (Swartland 2) het bestaan uit Bertus Brits, Xavier Leander en Danyàl Dicks.
Die leerders het 5½ uur gekry om met ongeveer 25 dennehoutstokkies van 600x4x4mm ’n brug te ontwerp en te bou wat nie hoër as
160mm mag wees nie en oor ’n afstand van 900mm moes strek. Daar het 28 spanne deelgeneem. Die brûe is daarna bepunt vir
estetika. Swartland 1 se brug was gekies as die mees estetese ontwerp van die dag en daarvoor het die leerders elk ’n geskenkpak
ontvang. Hulle het 24 uit 'n moontlike 25 punte verwerf.

SAICE Wes-Kaap brugboukompetisie (vervolg)
10 Mei 2019
Die brûe word geweeg en daarna getoets vir sterkte. ’n Formule, wat estetika, gewig en sterkte insluit, word gebruik om die wenbrug te
bepaal. Om die sterkte te toets word die brug op ’n apparaat geplaas en gewigte word met behulp van ’n kabel aan die brug gehang.
Slegs 5 van die 28 brûe kon meer as 100kg dra. Beide brûe van Swartland, beide van Brackenfell en dié van HS Stellenbosch.
Swartland 2 se brug van 270g, estetika van 22 uit 25, dra 162.5kg en die span eindig 3de in die kompetisie.
Swartland 1 se brug van 362g dra 237,5kg en die span eindig 2de in die kompetisie. Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die
kompetisie dat HSS ’n brug ontwerp en bou wat meer as 200kg dra. Beide spanne het 'n heerlike kontantprys ontvang. Voorwaar 'n
uitstekende prestasie van ons leerders!

Toneelspelkompetisie prestasies
9 Mei 2019
Drie van ons leerders, Jay-Cee Kotze, Jay Gordon-Turner en Graeme Watson, het op 2 Mei aan die eerste rondte van die Nasionale
Toneelspelkompetisie deelgeneem. Hulle was deel van 80 leerders wat uit 600 landswyd gekies is. Graeme Watson het deurgedring na
die tweede rondte en is onder die Top 30 van die kompetisie. Hy wen vir die tweede jaar in 'n ry 'n rol by volgende jaar se Woordfees,
asook 'n rol in 'n RSG-radiodrama. Baie geluk met hierdie besondere prestasie, Graeme!

Baxter Shakespeare school's festival 14 Mei
9 Mei 2019
Kaartjies vir hierdie gebeurlikheid op 14 Mei beloop tussen R70 en R90 en is beskikbaar by Webtickets:
https://webtickets.co.za/event.aspx?itemid=1489764775
Maak seker dat jy die regte datum, 14 Mei, kies.
Kaartjies kan ook by Pick 'n Pay gekoop word.

Rugby uitslae
9 Mei 2019
HSS vs Charlie Hofmeyr op 4 Mei 2019:
O/19A verloor 24-26; O/19B wen 40-3; O/16A wen 29-24; O/15A verloor 14-17; O/15B verloor 17-20; O/14A verloor 10-12; O/14B verloor
0-26.

Netbal uitslae
9 Mei 2019
HSS vs Charlie Hofmeyr op 4 Mei 2019:
O/18A wen 30-25; O/18B verloor 12-14; O/18C gelykop 21-21; O/17A verloor 12-24; O/17B verloor 10-14;
O/16A wen 21-15; O/16B verloor 7-21; O/16C verloor 10-15;
O/15A wen 23-15; O/15B verloor 18-29; O/15C verloor 4-27; O/14A verloor 8-25; O/14B verloor 10-20; O/14C wen 10-6, O/14D verloor 5-
28.

Hokkie uitslae
9 Mei 2019
HSS vs Charlie Hofmeyr op 4 Mei 2019:
Seuns: 16B verloor 1-3, 16A verloor 0-6, 19B verloor 1-2, 19A gelykop 2-2.
Dogters: 16B wen 3-2, 16A verloor 0-1, 19B gelykop 1-1, 19A wen 4-3.

Gholf uitslae
9 Mei 2019
Op 6 Mei wen HS Swartland vir Dirkie Uys 60-18. Auden Julies is die uitblinker van die dag. Baie geluk!

Gymnastics and fitness training (advertensie)
9 Mei 2019
Artistic gymnastic club for girls in Riebeek-Kasteel. We include a recreational section for artistic and aerial skills.
Our artistic gymnasts compete for district, regional and national colours. And then we also have the fitness centre.
Our aerial skills and fitness can compete through the SA Fitness Organisation.
Uber Gruvi gymnastics is registered with the SA Gymnastic Federation.
For more information call Jo on 0818583739, situated at 9C Piet Retief street, Riebeek-Kasteel.

Eisteddfod sluitingsdatums
9 Mei 2019
17 Mei: Paarl Vallei inskrywings sluit (navrae: Mev Hunlun-van Zyl)
10 Julie: Paarl Vallei inskrywings - alle kunswerke en skryfstukke ingelewer by mev Hunlun-van Zyl

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2019
9 Mei 2019
Die volgende tariewe is vir 2019 goedgekeur:
Skoolfonds: R16 300 per jaar per leerder.
Koshuislosies: R27 700 per jaar per leerder. Geen subsidie of afslag is op koshuislosies van toepassing nie.
Busvervoergeld bly tans onveranderd op R8000 per jaar per leerder vir die vol roete. Enige verandering sal aan die betrokke ouers
deurgegee word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
9 Mei 2019
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

School Communicator Mobile App
9 Mei 2019
Besoek hierdie skakel op u selfoon en laai die skool se Communicator af. Blackberry, iPhone en Android toestelle.
http://school-communicator.com/download.php
Indien u liewer verkies om elke Vrydag 'n harde kopie van die nuusbrief op papier te ontvang, kan u kind hierdie nuusbrief elke Vrydag
by mev De Klerk se kantoor gaan afhaal. Slegs 'n beperkte aantal harde kopieë word gemaak.

KALENDER vir 10 Mei 2019 - 17 Mei 2019

10th Mei 2019
Bloedskenk
Vs HS Stellenbosch

11th Mei 2019
Rugby, netbal, hokkie vs De Kuilen
(weg)

12th Mei 2019
Spar Meisies hokkie uitdaging
(weg)
Durbanville

13th Mei 2019
Gholf vs Hopefield (weg)

13th Mei 2019
Personalia vergader 18:00

13th Mei 2019
Wêreldkennis Olimpiade 14:00

13th Mei 2019
Erekleuretoekennings

14th Mei 2019
SGOS oueraand

15th Mei 2019
ARTHSS 2019

16th Mei 2019
Vaste Bates vergader 18:00

17th Mei 2019
Uitnaweek

17th Mei 2019
Koshuiskomitee vergader 13:00

17th Mei 2019
Eisteddfod Paarl Vallei inskrywings
sluit

17th Mei 2019
Individuele foto's
Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.

Hoërskool SwartlandNuusbrief vir 10 Mei 2019

Hoërskool Swartland

 

Malmesbury Advertising