Hoërskool Swartland 10 Januarie 2019

Nuusbrief vir 10 Januarie 2019
Hoërskool Swartland

NUUS

Uit die skoolhoof se kantoor (1)
10 Januarie 2019
Baie welkom terug aan elkeen van u wat deel van 'n splinternuwe 2019 gaan uitmaak. Ons is dankbaar vir elkeen wat veilig vakansie
gehou het en terug in die tuig is. Die nuwe skooljaar is vol interessante uitdagings en baie geleenthede. Ons hoop dat u gou sal inskakel
by ons skool se aktiwiteite en dat u kind werklik op vele terreine sal groei en ontwikkel. 'n Spesiale woord van welkom aan elke nuwe
gesin wat hierdie jaar by ons aansluit. U is meer as welkom om sommer vinnig by ons bedrywighede in te skakel. Laastens, baie sterkte
aan u elkeen - ons vat hande en ondersteun ons kinders heelhartig!

Uit die skoolhoof se kantoor (2)
10 Januarie 2019
Soos u alreeds op verskillende sosiale platforms verneem het, is ons trots om te kan spog met 10 A-gemiddeldes onder ons 2018
matrieks. Ons wil graag die volgende matrieks van 2018 gelukwens met hul pragtige uitslae:
Karel Botha, Stefanie Eksteen, Michaela du Toit, Ana Coetzee, Johan Frank, Ané Spies, Hugo Schreuder, Franco Rheeder, Anje Botha en
Erich Engelbrecht.
Ons is natuurlik ook trots op al ons ander matrieks wat pragtig presteer het en hul Senior Sertifikaat-eksamen geslaag het. Baie sterkte
aan elkeen van julle vir 'n suksesvolle verdere loopbaan.

Identiteits- dokumente
10 Januarie 2019
Leerders wat 16 jaar en ouer is en nog nie 'n identiteitsdokument het nie, moet asseblief so spoedig moontlik SELF daarvoor aansoek
doen. Die naaste Binnelandse Sake kantore aan ons, is in Atlantis of Paarl. Die kinders het dit nodig om aansoek te doen vir 'n rybewys,
asook vir hul graad 12 eindeksamens.

Buitemuurse program
10 Januarie 2019
Die buitemuurse program vir kwartaal 1 is onder Bronne / "Resources" op hierdie communicator.

Graad 10 tweedehandse handboeke (Eng)
10 Januarie 2019
Ons het 'n hele stel tweedehandse Engelse graad 10 handboeke by die kantoor teen 'n baie billike prys beskikbaar. Indien u weet van
iemand wat nog sou belangstel kan u mev Hamman by die kantoor kontak.
Mev De Klerk het ook 'n graad 8 Afrikaanse Lewensoriëntering handboek in haar kantoor teen R80.

HSS soek steeds 'n 'container'
10 Januarie 2019
Ons is op soek na 'n 'container' waarin ons al die atletiektoerusting veilig kan bêre. Ons wil vriendelik vra dat, indien u 'n kontak het, of
weet van 'n kontak wat ons kan nader, dat u die skool se kantoor in kennis sal stel. 'n Tweedehandse een in 'n goeie toestand sal ook
werk, ons wil net 'n goeie prys beding. Baie dankie byvoorbaat!

Korrels en Kaf
9 Januarie 2019
Die nuutste Korrels en Kaf skoolkoerant is by die volgende 'link' / skakel beskikbaar:
http://korrelsenkaf.edublogs.org
Dis 'n pragtige uitgawe. Baie geluk aan mev Hunlun-Van Zyl en haar leerders met 'n puik projek!

E-posse verander
9 Januarie 2019
Let asseblief daarop dat die e-posse aan die skool waar org.za aan die einde staan, van 29 November af verander het na co.za
Mev De Klerk se e-pos van This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. verander heeltemal na: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Kwartaaldatums 2019
9 Januarie 2019
Eerste kwartaal: 9 Januarie - 15 Maart
Tweede kwartaal: 2 April - 14 Junie
Derde kwartaal: 9 Julie - 20 September
Vierde kwartaal: 1 Oktober - 4 Desember

Skoolfonds, koshuislosies en busgeld: 2019
9 Januarie 2019
Die volgende tariewe is vir 2019 goedgekeur:
Skoolfonds: R16 300 per jaar per leerder. Indien die volle bedrag vir die jaar voor of op 28 Februarie 2019 betaal word, sal dit R15 400
beloop (R900 afslag).
Koshuislosies: R27 700 per jaar per leerder. Geen subsidie of afslag is op koshuislosies van toepassing nie.
Busvervoergeld bly tans onveranderd op R8000 per jaar per leerder vir die vol roete. Enige verandering sal aan die betrokke ouers
deurgegee word.

Skool, koshuise, bus, rekening nommers
9 Januarie 2019
Skoolfonds: (Navrae: Mev P van der Westhuijzen)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland, NEDBANK Malmesbury,takkode 154605, rekeningnommer 103 982 7438
Koshuislosies vir dogters: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Zyl, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 1311
Koshuislosies vir seuns: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Huis van Imhoff, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 983 0463
Busvervoer na en van Riebeek: (Navrae: Mev D de Klerk)
Rekeningnaam: Hoërskool Swartland busdiens, NEDBANK Malmesbury, takkode 154605, rekeningnommer 103 982 9058
By die verwysing moet u asb u kind se leerdernommer (skoolfonds) OF naam en van volledig intik.

School Communicator Mobile App
9 Januarie 2019
Besoek hierdie skakel op u selfoon en laai die skool se Communicator af. Blackberry, iPhone en Android toestelle.
http://school-communicator.com/download.php
Indien u liewer verkies om elke Vrydag 'n harde kopie van die nuusbrief op papier te ontvang, kan u kind hierdie nuusbrief elke Vrydag
by mev De Klerk se kantoor gaan afhaal. Slegs 'n beperkte aantal harde kopieë word gemaak.

Welkom by die Hoërskool Swartland Kommunikeerder
9 Januarie 2019
Hierdie Kommunikeerder is 'n gebruikersvriendelike program wat inligting aktief in die rigting van die ouers stoot.
http://www.swartlandhs.co.za/Algemene_nuus/School%20Communcator%20Launch%20Eng_Afr.pdf

KALENDER vir 10 Januarie 2019 - 17 Januarie 2019

10th Januarie 2019
Subkom. Bem, beeld, sport,
kultuur vergader
18:00

12th Januarie 2019
Toutrek te HTS Bellville

12th Januarie 2019
Atletiek afrigtingskliniek (tuis)
A-veld

14th Januarie 2019
Klippie konsert 18:00

15th Januarie 2019
Interkleure swemgala

16th Januarie 2019
Tennis 2de S en D vs Curro (tuis)

17th Januarie 2019
BL skakel met personeel en gades
FSS
18:00

17th Januarie 2019
Netheid inspeksie

HULPBRONNE bygevoeg in die afgelope 7 dae

Buitemuurse program 1e kwartaal
http://downloads.d6communicator.com//downloads/resources/245_resource_5c35e02caa1fe020198101.docx

Wil jy die nuus kry soos dit gebeur? Kliek hier om die lessenaar kommunikeerder af te laai.

Hoërskool SwartlandNuusbrief vir 10 Januarie 2019

Malmesbury Advertising