Notice: Undefined property: stdClass::$imageGeneric in /home/atmalmesburyco/public_html/components/com_k2/views/item/view.html.php on line 663

Verdagtes na reeks inbrake op Yzerfontein vasgetrek

Die gemeenskap van Yzerfontein was dankbaar en verlig toe die WhatsApp boodskap Saterdag oggend die baie goeie nuus bring dat drie inbrekers gevang is. Die Buurtwag het baie boodskappe van dank, waardering en gelukwensing ontvang. Hierdie sukses is te danke aan weke lank se onbaatsugtige werk van die operasionele groepe in samewerking met die Polisie, YAR, die Plaaswag en die Munisipale wetstoepassing. Daar was baie tyd spandeer in die beplanning van operasies, die evaluering van die beweging en modus operandi van die verdagtes se spore die dag na die misdaad vir lang afstande gevolg is. Dan was daar die ure van min slaap, die koue trotseer en waar lede van die operasionele groepe hul lywe aan gevaar blootstel het. Ons as 'n gemeenskap kan nie genoeg dankie se aan die mense nie. Ons sal graag elkeen wat betrokke in die afgelope tyd by die naam bedank, maar die lys is te lank.

Ons is ook baie dank verskuldig aan lede van die Plaaswag wat hul lywe en hul toerusting aangebied het in die tyd van inbrake. Hul “drone” was ingespan Hulle het in die tye gedurende die nagte observasie in die dorp kom doen en was betrokke toe die diewe amper in die dorp vasgetrek is. Hulle rol in die vastrek van die verdagtes Saterdag was van onskatbare waarde deur onder andere hul identifisering van 'n wegkom voertuig en die agtervolging daarvan. Hulle kennis van die terrein was ook 'n groot hulp.

Ons was dankbaar toe Genl Maj Jordaan, bevelvoerder van Milnerton Cluster van die SADP, op hul inisiatief die Buurtwag bestuursvergadering van 25 Junie kom bywoon het . Dit was vir ons inspirerend om te kon ervaar dat die polisie hoër vlak ook bekommerd is oor die misdaad toename in Yzerfontein en daarby betrokke geraak het. Hul boodskap was dat die polisie in noue samewerking met die gemeenskap daadwerklik sal probeer om die misdadigers vas te trek. Dit was ook daadwerklik die geval. Die polisie se mannekrag is aangevul uit ander stasies. Hulle het kort padblokkades uitgevoer, patrollies en observasie gedoen en hulle kon dadelik bereik word. Tydens die operasie Saterdag het van die polisie beamptes hul werk skof vrywillig verleng om te help toe die misdadigers gejag is. Polisie beamptes uit Vredenburg en polisie reserviste van Darling was ook behulpsaam tydens die operasie.

Ons kan die Yzerfontein Armed Response personeel al beskou as ‘n integrale deel van ons operasionele optrede. Skakeling tussen hulle en ons patrollies snags is deel van die prosedure. Hulle was deurentyd betrokke wanneer hul benodig was soos ook Saterdag tydens die operasie. Ons gee dank en erkenning aan die groot rol wat Yzerfontein Armed Response ten opsigte van ons veiligheid gee.

Ons het ook baie groot waardering vir die Munisipale Wetstoepassing onder leiding van Streeksinspekteur Maruis Humphreys vir hul bystand tydens die operasie van Saterdagoggend.