Wees 'n drie-derdes aanbidder (3)

WEES ‘N DRIE-DERDES AANBIDDER (3)

Geen Inkonskwentheid

Hier is ‘n uitdaging vir elke ware aanbidder van God (Joh. 4:23); daar mag nie by ons inkonsekwenthede wees nie. Onthou ons lewens is ‘n oopboek vir ander.

Ons lees van inkonsekwenthede in die menslike lewe in Jak. 3:9-12. Lees dit asb.:

• Jak. 3:9 – “Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.”
• Jak. 3:10 – “Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.”
• Jak. 3:11 – “‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?”
• Jak. 3:12 – “‘n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of ‘n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.”

Kom ons pas dit toe op ons elkeen se lewe in ons alledaagse wandel met die mense om ons:

• Ek kan nie mense willens en wetens seermaak nie.
• Ek kan nie mense sleg sê soos ek wil en dan Sondag met dieselfde tong die Here kom aanbid in die gemeente nie.
• Ek kan nie op mense afpraat asof hulle my onderdane is nie.
• Ek kan nie neerhalend van ander praat nie.
• Ek mag ook nie neerhalend praat van dit wat vir ander baie kosbaar is nie.
• Ek kan nie ander verkleineer om elke hoek en draai net omdat ek ‘n groot mond het, en ander nie kans sien of te ordentlik is om terug te praat nie.
• Ek kan nie spottaal gebruik om ander belaglik te laat voel, maar Sondag wil ek die Here kom prys met luide galme nie.

Wees ‘n driederdes aanbidder! Gees, siel en liggaam aanbid en vereer die Here altyd en oral onder alle omstandighede sonder ophou.

1 Thess. 5:23 – “En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!”

GEBED

Here, ek kies om daardie soort aanbidder van U te wees. Ander moet nie oor my lewe val nie maar U goedkeuring moet daarop val! Amen.

Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
Epos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in
te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar.


Unsubscribe

Malmesbury Advertising