WAARHEEN (!)

WAARHEEN? (1)

Waarheen is die Here met ons lewens as Sy kinders op pad? Wat is God se einddoel met ons lewens hier op aarde? Die antwoord: Jesus gelykvormigheid! Baie hou nie van hierdie antwoord nie en sal dadelik sê dat dit nie hier op aarde te bereik is nie. Wel, ek kan niks anders antwoord nie, want dit is na alles wat die Skrif sê (Efe. 4:13) – “Totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;”

Verseker kan ons nooit God of Jesus wees nie. Maar in ‘n seker sin kan ons tog sóós Hy wees ...

  • Soos Hy, optree teenoor sondaars (Mat. 11:19).
  • Soos Hy, liefde openbaar onder die moeilikste omstandighede (Luk. 51:22).
  • Soos Hy, heilig en in oorwinning oor sonde leef. 1 Pet. 1:15 – “Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig word.”
  • Soos Hy, ‘n gebedswandel met die Vader hê. (Het jy ooit vir mnr. Bertram Friend van Japan Sending geken? Indien nie, moet ek jou tog eendag van hom vertel.)
  • Soos Hy, alles opoffer terwille van ander – dink aan sendelinge (David Brainerd en vele ander) wat in Sy Naam alles opgeoffer het.
  • Soos Hy, duiwels uitdryf, die siekes genees en kragtige dade doen (Mark. 16:17-18; Joh. 14:12).

Dís die uitdaging wat die Woord tot my en jou as gelowige rig. Kyk na 1 Joh. 2:6 – “Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.” (Lees asb. hierdie vers nog drie keer oor.)

Miskien, toegegee, kan ek dalk nie altyd en oral presies soos Jesus wees nie, maar ek kan te minste probeer! Die kommentaar van The People’s New Testament is o.a. die volgende oor Efe. 4:13: “If we cannot attain fully to it in the flesh, we certainly can aim at it and grow more and more into Christ's likeness.” Dis soos iemand gesê het: Mik na die sterre; miskien slaan jy die straatligte raak.”

Ook Paulus het verklaar (Fil. 3:12): “Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp.” My kommentaar dan oor Christelike volmaaktheid: Dis die voortdurende najaag om soos Christus Jesus te wees sodat ons al nader en nader aan Sy beeld kom totdat ander later Christus in my en jou herken.

Te wees soos Jesus (x2)

Ek verlang te wees soos Hy

So rein en heilig

So sag en nederig

Ek verlang te wees soos Hy

Piet Smit

073 447 2902
(K) 022-4872200

Epos  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën
wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in
te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar.

 

Unsubscribe