Vyande (1)

VYANDE (1)

Kan en mag ‘n kind van God vyande hê?

Ja, ongelukkig het die kind van God ook vyande. Spr. 16:7 – “As die HERE behae het in die weë van ‘n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.” “As die HERE behae het in die weë van ‘n man,” dan beteken dit tog die persoon behoort aan die Here.

Nou hoe is dit dan dat ‘n kind van God vyande kan hê? Moet ‘n kind van God dan nie mooi leef teenoor almal sodat almal van hom sal hou en niemand in kwaaivriendskap met hom sal verkeer nie?

Terwyl ‘n gelowige uit sy pad moet gaan om liefdevol teenoor almal oor te kom, moet ons net onthou daar is twee koninkryke. Die koninkryk van lig, waartoe die gelowige behoort en die koninkryk van duisternis, waartoe die ongelowige behoort. Hierdie twee groepe praat nie dieselfde taal en terme nie. Hulle staan nie vir dieselfde waardes nie en volg nie dieselfde heerser nie en het ook nie dieselfde eindbestemming nie. Die nie-gelowige het die duiwel as sy heerser en volg hom na terwyl die kind van God die Here navolg en vir Sý waardes leef. Dis voor die handliggend dat die twee groepe kan nie vir lank langs dieselfde vuur sit nie.

Rom. 12:18 – “as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.” Hierdie vers roep my en jou op om van ons kant alles moontlik te doen om mooi met ander saam te leef maar ongelukkig is daar op hierdie aarde mense wat voorwaar nie maklik is om mee saam te leef nie. Jy gaan uit jou pad om hulle gelukkig te hou, binne die raamwerk van die Woord, maar ... iemand het hulle genoem: “Onklaarkomstige mense wat ‘vervaardig’ is om dit vir ander moeilik te maak.”

As jy ongemaklik voel met sulke mense in jou lewe, hier is darem troos: Dit skyn te lyk dat al die ware kinders van God het vyande gehad:

  • Abraham het rondgetrek in Kanaän met vele vyande om hom.
  • Josef het net getrag om goed te doen, maar die put en tronk was sy voorland deur sy vyande se toedoen.
  • Daniël, word drie keer deur die engel Gabriël genoem “geliefde man” (Dan.9:23; 10:11, 19) maar sy vyande konkel teen hom tót hulle hom binne-in die leeukuil het.
  • Paulus, het die godsdienstige Jode as sy vyande gehad, wat hom al sy dae gegee het.
  • Jesus, ons Here en Verlosser, het hulle doodgemaak.

Watter kans het ons dan om te meen ons kan vyandskap vryspring? (1 Joh. 3:13)

GEBED

Here, help my om te midde van moeilike mense vir U te skyn. Amen.

 

 

 Piet Smit

073 447 2902
(K) 022-4872200

Epos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën
wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in
te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar.

 

 

Unsubscribe

 

More in this category: « Tweehonderd persent vas Vyande (2) »