Vrywilligers vir Jesus (4)

VRYWILLIGERS VIR JESUS (4)

Luk 9:23 Toe het Hy vir almal gesê: "As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg,”

SOEK NIE POSISIE OF POSTE OF TITELS NIE

Dis ‘n jammerte dat vele in die kerklike lewe is swaar betitelde geestelikes. Die titel is vir hulle vreeslik belangrik. Dis doktor apostel so en so, dominee en biskop en kardinaal en pous en priester en pastore en teologiese kokkedore ...

Dit laat my dink aan die kollega wat my altyd gebel het in die vorige gemeente en die draak gesteek het. Wanneer ek niks vermoedens antwoord: “Goeie môre, Piet Smit wat praat.” Dan het my met so ‘n ernstige formele stem gevra; “Is dit die hoogheilige apostel van die noorde?”

Hoe mooi en onbaatsugtig as ons uit ons hart kan sê: “Ek stel regtig nie belang in titels of posisie nie; ek wil nét die Here dien.”

Mat. 23:8 – “Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders.” Sê ek daardeur dat titels moet verval? Nee, maar kom ons wees so lief vir Jesus - net op Hom ingestel om Hom te behaag, Hom lief te hê, vir Hom te leef en te werk, dat die ander goed weinig vir ons tel.

Dit bring my by nog ‘n kenmerk van vrywilligers vir Jesus.

IS VERLIEF OP JESUS

Dit moet my en jou grootste motivering wees om Sy vrywillige volgeling te wees.

• Elke dag moet ons van vooraf verlief wees op Jesus!
• Oorweldig deur Sy goedheid, grootheid en krag ens!
• Aangegryp oor Sy totale vryspraak toe Hy vir my en jou aan die kruis gebloei het!
• Sy oor en oor vergifnis vir my herhaalde oortredinge en tekortkominge moet my en jou hart laat smelt!
• Uitverkoop aan net aan Naam: Jesus, Jesus, Jesus!!!
• Skoongeboul deur die verniet genade van God in Sy Seun, Jesus die Christus!

Elke dag wil ek juig en Hom prys en Hom toesing en dank en van vreugde ronddans omdat ek onvoorwaardelik deur God aanvaar word op grond van my geloof in die kruisdood van Jesus!

GEBED

Jesus ek aanbid U, en ek loof U as Heer

U wat hier in ons midde staan

Ek verhef en loof U Naam!

Amen.

Malmesbury Advertising