Vrae en antwoorde deur engel Gabriël

VRAE EN ANTWOORDE DEUR ENGEL GABRIËL (1)

(‘n Jongman aan tik verslaaf, worstel met vrae in sy hart. Ek is gevra om die rol van die engel Gabriël te speel en daarop te antwoord.)

1. Wat het my besiel om dit te doen?
Almal op hierdie aarde vra hierdie vraag een of ander tyd as hulle droog gemaak het. Dit wys net, spyt kom altyd te laat!

2. Hoekom met my, want dis nie hoe my ouers my groot gemaak het nie?
Jou ouers het jou goed groot gemaak, maar dis jý wat ‘n bose besluit geneem het om af te wyk van jou ouers se voorbeeld en goeie opvoeding.

3. Wat het ek verkeerd gedoen om dit te verdien?
Die Bybel sê (Gal. 6:9): “Wat jy saai, sal jy maai.” Jy het gesaai toe jy die tik begin gebruik het en nou maai jy eenvoudig die gevolge.

4. Sielkundiges sê dis my ouers se skuld. Wie kan mens deesdae glo?
Jy moet besef alle mense is onvolmaak. Dus, kan jy niemand glo nie. Jy kan nét mense glo, wanneer hulle in ooreenstemming met die Bybel praat. Slegs die Bybel is God se waarheid. In jou geval, sal jy eendag voor God alleen staan en sal jou ouers nie vir jou rekenskap gee oor jou gebruik van tik nie.

5. Hoe kan dit verkeerd wees, dis dan so lekker?
Lekker maak nie dat dinge noodwendig reg is nie. Die duiwel maak dat sonde gewoonlik baie lekker lyk en is. Maar op die ou end bring dit die dood van die hel mee. Spr. 14:12 – “Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.” Dis dalk vir ‘n oomblik lekker, maar mediese feite bewys dat dit jou liggaam aftakel tot die punt dat jy ‘n vroeë dood sal sterf.

6. Ek kan dit hanteer. Ek het niemand se hulp nodig nie.
Dis maar net ‘n manier van praat en dink om jou self te regverdig en aan te hou met die verkeerde. Die feite is: As jy nie dringend hulp kry nie, gaan jou hele lewe en toekoms daarmee heen wees. Jy kan jouself nie help om uit die wurggreep van tik te kom nie.

7. Daar is niks fout met my nie. Los my uit.
God het die mens mooi en goed geskape, maar deur die toedoen van die Satan, is die hart van die mense besoedel met die geneigdheid tot die verkeerde. Daarom kies mense dikwels die verkeerde. So was jou kesue om tik te gebruik ‘n verkeerde keuse en nou is dit besig om jou te vernietig.

GEBED

Here, wees genadig oor elkeen wat worstel met ‘n afhanklikheids probleem. Breek die bande wat hulle bind in Jesus Naam! Amen!

Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
Epos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën
wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in
te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar.


Unsubscribe