VRAE EN ANTWOORDE DEUR ENGEL GABRIËL (2)

VRAE EN ANTWOORDE DEUR ENGEL GABRIËL (2)

(‘n Jongman aan tik verslaaf, worstel met vrae in sy hart. Ek is gevra om die rol van die engel Gabriël te speel en daarop te antwoord.)

8. My ouers verdien nie dit nie. Hoekom het die duiwel my gekies?
Voorwaar, jou ouers verdien dit nie. Die duiwel kies almal, maar hy slaag net met hulle wat vir hom “ja” sê.

9. Hoe kan dit my lewe opmors?
Deur aan te hou om tik of ander verdowingsmiddels te gebruik en jou hart toe te sluit vir die Here Jesus.

10. Hoe gaan ek ooit weer normaal aanpas in die samelewing?
Begin om na ‘n klein omgee-groepie te gaan soos jou kerk se selgroepe of die CAD (Christelike Afhanklikheid Diens) en op klein skaal weer opgeneem te word in die samelewing.

11. Wat gaan die mense van my dink?
0Dis belangriker om te vra: “Wat gaan God van my dink?” Dus, reik uit na die Here en vergeet eers van die mense.

12. Gaan ek nog vriende hê?
Daar is baie ander soos jy in soortgelyke omstandighede, wat jou vriende sal wil wees. Maar benewens hulle is daar opregte Christene wat graag jou vriende sal wil wees soos by die selgroep of die CAD.

13. Gaan mense na aan my, my kan vergewe?
God se vergifnis is in die eerste plek belangriker, maar die mense sal jou ook vergewe as daar by jou ware berou en omkeer is.

14. Hoe gaan ek weer ‘n normale gesprek voer met mense?
Wanneer jy ingeskakel is by ‘n klein groep, sal jy vinnig weer leer om met mense normaal te gesels.

GEBED

Here, ons bid vir die hordes van jongmense en selfs ouer mense wat vasgevang is in substansverslawing en elke ander soort verslawing. Verlos hulle van die kettings van die dood wat hulle bind wat hulle lewens en toekoms verwoes. In Jesus Naam, amen!



Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
Epos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën
wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in
te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar.


Unsubscribe