Vergenoegdheid (2)

VERGENOEGDHEID (2)
(Getuienisse

(Ons mense skryf sulke mooi dinge terug en ek kan dit nie alleen geniet nie. Daarom deel ek dit met jou nadat ek toestemming verkry het by die skrywers.)

Sandra

Ai, hoe praat die Woord weer vanoggend met my, maak my oë weereens oop sodat ek besef, geld is nie belangrik nie en dat God op die regte tyd sal voorsien. Ek is dankbaar en ek vra vanoggend vergifnis vir die Here dat ek my deur omstandighede van die wêreld laat omkrap, terwyl ek so geseënd is met dit wat God my gee.
Ek het gister so kwaad geword vir SARS omdat hulle net geld vat en vat en dan betaal hulle aan die einde so min uit aan mens. Mens raak maar moedeloos as jy sien hoeveel mediese rekeninge jy kry en alles moet betaal word en die verhogings is nie daar nie, hoe verkeerd was ek nie weer nie, maar gelukkig vergewe die Here my.

RC

Jy moet my glo as ek vir jou vanoggend vertel dat dit juis Paulus is wat my vanoggend oorreed het om op te staan, God weereens te vertrou, al sien ek nou niks van Sy beloftes nie. Hy sien my desperaatheid om net met my te praat en my te laat weet dat Hy nog daar is. En hier, in die vorm van jou boodskappie, doen die Here presies dit en Hy BEVESTIG aan my alles wat Hy vanoggend vir my gesê het. Presies dit wat hier staan!!!! Dis dit wat my vanoggend oorreed het, want toe het ek alreeds die Bybel opsy gesit, nie lus om dit te lees nie en was ek besig om ‘n boek oor rotstuine deur te blaai omdat ek gevoel het die Here hoor nie. Uiteindelik het ek, oorreed deur Paulus se "vergenoegdheid", my ou Woordjie geneem, dit ondersoek, en daarna heerlik met die "Algenoegsame Voorsiener" gesels. Dankie vir jou! Liefies.

Japie Muller

Net gister vir twee mense gesê wat albei onvrede het a.g.v. verhoudinge wat nie reg is nie en kwadegevoelens, ens. - toe sê ek vrede is nie die afwesigheid van trauma nie - of die teenwoordigheid van 'n dik bankrekening, alles in jou guns, ens. nie, maar die bewustheid van die teenwoordigheid van die Here.
Meer nog - Paulus sê Hy is ons vrede.

So, wanneer ek onvrede het omdat dinge teen my werk, is omdat ek Hom nie toelaat om [vir] my vrede te wees nie. Ek konsentreer meer op my onguns / ongerief as op Hom.
Dis 'n wonderlike werklikheid wat ons gewoonlik [soos byna met alles] leer teen 'n prys. Maar dis 'n kosbare bate as jy eers geleer het dat Jesus [vir ons] vrede is.

Tog wonderlik die werking van die Here uit Hom en deur Hom VIR ONS. Kosbaar!

GEBED

Here, U is my vrede en my Bron! Ek is net van U vir alles afhanklik! Amen.

Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
Epos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën
wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in
te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar.


Unsubscribe