Swaar tye en sterk mense (1)

SWAAR TYE EN STERK MENSE (1)

Jes. 43:1- “Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: (Hier word met God se volk gepraat. As ek en jy ook aan die Here behoort, geld al dié beloftes ook nét so vir ons.) Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!”

Jes. 43:2 – “As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.”

Die bekende prediker en skrywer, Robert Schuller het gesê: “Tough times don’t last, but tough people do last.”

Dat ons darem tans swaar tye beleef is gewis! Daar is seker nie ‘n persoon of instansie wat dit nie voel nie. Die goed wat ons nóú veral kwel in S.A. is:

• Die vlaag van plaas aanvalle en – moorde wat nou vir etlike jare hoogty vier in ons land en net aanhou en eskaleer. Selfs die Kaap, waar dit nog redeliks stil was, loop ook nou deur.

• Die misdaad in ons land is kommerwekkend hoog. Dit kaap en staak van Pretoria tot in die Kaap. ‘n Politikus het ‘n tyd gelede die bewering gemaak dat daar daagliks om en by 51 mense in S.A. vermoor word. Ek gaan gee ‘n lys in by die plaaslike polisiestasie van die goed wat hulle gesteel het tydens ‘n inbraak by ons huis. Daar sien ek ‘n predikant van Vredendal. Hullle was op pad Stellenbosch toe en wou net gou iets koop. Toe gryp een sy beursie onder sy arm uit en hardloop weg. Al sy bankkaarte en ID boekie is daarmee heen.

• Wat my persoonlik dwars in die krop steek is die grootskaalse korrupsie in die staatsdiens. Die gulsigheid van die politici op hoë vlak skrei ten hemele. Hulle ontvang reeds sulke groot salarisse met vele byvoordele, maar kort, kort hoor ons van ‘n bedrog saak van etlike miljoene teen hulle. Dis die stomme belasting betalers se geld wat gesteel word! Ek wens soms ons kon weer vir Robin Hood van Engeland of vir die Buiter van die vroeë Kaap kry om hierdie korrupte rykes op hulle plek te sit en die armes te help ...

• Brandstof pryse en ons swak geld waarde gemeet teen die Amerikaanse dollar.

• Klimaatsverandering wat so ‘n ongemaklike onsekerheid by ons almal laat.

“As jy deur die water gaan, is Ek by jou.”

GEBED


Here Jesus, in tye soos hierdie, het ons ‘n Anker nodig soos wat U alleen kan wees. ‘n Vaste Rots soos wat U vir ons is om ons geestelike huis op te bou. Help ons Here en dra ons asb. deur hierdie moeilike tye. Amen!

Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
Epos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar.


Unsubscribe