My lewe op 'n A4 (2)

02-god-van-baie-kanseMY LEWE OP ‘N A4 (2)
(Getuienis)
Om boemelaar te wees word jy so oop en bloot gestel. Jy het die wêreld se tyd om ‘n ding te doen. Jy het gekom en gegaan soos jy gevoel het. Maar … almal sien jou.

Hul sal jou aanstaar en hul koppe skud. Spot jou. Lag jou uit. Oop en bloot voor al die ander. My prostituut lewe was heeltemal die teenoorgestelde.  Daar word skuiling gegee. Jy kry ‘n ander naam! Jy lewe ‘n totale dubbel lewe,  want hierdie lewe was nie met my familie gedeel nie. Ek het al so moeg geword om altyd te lieg oor waar ek myself bevind, dat ek net nie meer beskikbaar was vir my familie en vriende nie. Hoe minder ek van hul hoor hoe minder het ek nodig gehad om te lieg.

Ek het hard gebid en vir die Here gevra om my daaruit te haal en my gebede is verhoor. Ek het dit al hoe meer begin haat om in daardie plek te werk. Dit was soos ‘n tronk. Jy was letterlik toegesluit in die huis. Jy mag nie saam met vriende uitgaan of gaan kuier nie, dan het hul gedink jy gaan uit op ‘n “all-night” dan word jy ‘n R1000 beboet. Met my soektog na geluk, het ek net meer gehoop en vertrou op die Here. Hoe meer ek op die Here vertrou het – hoe meer het ek begin raaksien, dat die Here nie van my vergeet het nie.

Met al die verkeerde paadjies waarop ek verdwaal het, het ek ‘n klein sakbybel altyd by my gehad. Ek en ‘n vriendin het eendag weer bymekaar gekom. Bybel gelees en gebid.  My gebed was dat die Here my asb. nie weer in so ‘n plek moet inlei nie. My toekoms was onbekend maar ek het nie meer omgegee hoe dit gaan gebeur nie – maar uit moes ek uit. Nog dieselfde dag het daar ‘n man my genader en hulp geoffer. Hy het my blyplek en kos verniet voorsien, tot ek werk en blyplek kon kry.

Vir my gaan dit nie oor hoe jammer jul moet voel nie. Dit gaan oor, hoe goed God vir ons is! Ek wou baie graag my swaarkry met jul deel. Daar is ander vrouens wat inderdaad al swaarder as ek gekry het. Om daardie innige pyn in ‘n vrou se oë te kan sien, sonder ‘n traan wat van haar wang rol …

Ek wil my God loof en al die eer gee, wat my ‘n sterker vrou gemaak het en my nog elke dag hoër en hoër optel.

Spr. 22:5 – “Dorings, vangnette is op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan.”

Ek kan baie beslis getuig dat die BESTE pad om op te bly – is GOD SE PAD!

PietSmit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

Malmesbury Advertising