Liefde Onbeperk

02-god-van-baie-kanseLIEFDE ONBEPERK
(Japie Muller)
1 Liefde maak die moeite maklik
liefde maak die laste lig
liefde vergeef die foute dad'lik
liefde maak die krake dig.

2 Liefde hul die hart in heelheid

liefde maak die stemme sag

liefde vul die gees met vroomheid

liefde is die mond se wag.

3 Liefde maak die kos meer smaaklik

liefde maak die bitter soet

liefde maak die pyn verdraaglik

liefde wil vir kwaad vergoed.

4 Liefde maak die oë vriendelik

liefde maak die handdruk eg

liefde maak die slegte sinlik

liefde maak die hart opreg.

5 Liefde heel die hart se wonde

liefde tem die stem se toon

liefde delg uit al die sonde

liefde maak die vuile skoon.

6 Liefde maak die winter warm

liefde maak die somer koel

liefde maak nooit iemand arm

liefde laat jou veilig voel.

7 Liefde gee meer lewenslus

liefde maak die swakke sterk

liefde sal die haat uitblus

liefde is lewe onbeperk.

(word vervolg)

 

LIEFDE ONBEPERK

(Japie Muller)

(vervolg)

8 Liefde maak die hulp heelhartig

liefde maak die langpad kort

liefde is altyd barmhartig

liefde gee om wat van jou word.

9 Liefde maak die sondaar salig

liefde maak die lewe mooi

liefde leef en wen vir ewig

liefde sal nooit klippe gooi.

10 Liefde maak die mense minsaam

liefde maak van werk 'n spel

liefde maak die kind gehoorsaam

liefde wil van seën vertel.

11 Liefde maak die saamwees innig

liefde lig die lewenslas

liefde gee die uitkoms vinnig

liefde bring ons weer in pas.

12 Liefde bring die hemel nader

liefde maak die toekoms blink

liefde gee 'n beker water

liefde laat jou vyand drink.

13 Liefde laat jou swaarder dra

liefde laat jou verder loop

liefde laat jou minder vra

liefde laat jou alles hoop.

14 Liefde maak die huis 'n hawe

liefde laat ons veilig woon

liefde is die grootste gawe

liefde kom van God se troon.

Epos Inval Gedagte Bediening

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

Malmesbury Advertising