Jou Advokaat wen elke saak (5)

JOU ADVOKAAT WEN ELKE SAAK (5)

(André Walters, is ‘n advokaat en skryf die volgende aan my. Ek voel gelei om dit met die lesers te deel om u dieper insig te gee oor hoe wonderlik is Jesus ons Hemelse Advokaat!)

Die opskrif van die boodskap vanoggend is baie interessant. Geen advokaat hier op aarde wen elke saak nie. Ons word baie keer deur ’n kliënt gevra wat ons kanse is om te wen. Dan lê ons die reg vir die kliënt uit en gee ’n opinie van hoë sterk of swak die kliënt se saak is, maar net ’n dwase advokaat waarborg dat die saak gewen sal word. Wanneer ’n kliënt dan aandring op versekering dat die saak beslis gewen gaan word is my antwoord altyd as volg.

Ek haal ’n gerapporteerde saak uit, soos die een hierby aangeheg. Dan verwys ek die kliënt na die heel einde van die saak waar die partye se advokate en prokureursfirmas genoem word. Ek verduidelik dan dat só ‘n saak ten minste R200,000.00 vir elke party kos om te voer en dat nie een van die prokureurs en advokate die kliënt sou adviseer om voort te gaan met die saak tensy daar ’n redelike kans is om te wen nie. Tog is daar in elke saak ’n party wat wen en een wat verloor. Die verloorder moet dan gewoonlik nie net sy eie regspan se kostes betaal nie, maar ook die teenkant sin.

Dan adviseer ek altyd dat indien enige prokureur of advokaat jou ooit waarborg dat die saak sonder twyfel gewen sal word, beëindig dadelik die regspan se mandaat en kry ’n ander span, want hulle lieg blatant vir jou.

Die waarborg wat die Woord vir ons gee dat Jesus (as ons advokaat) altyd wen, is dus iets baie besonders. Dalk is dit omdat die God (as Regter) bevooroordeeld is teen ons as sy kinders. Sy eie seun is verder die advokaat. In ons howe vandag moet die regter hom of haarself verskoon indien die partye aan die regter bekend is, of as die advokaat direkte familie is van die regter.

Adv. André Walters

My Kommentaar

Verstaan ons regtig die voordeel ons toegereken wanneer ons “in Christus is”? Dit beteken: Net omdat ek vir Jesus gekies het as my enigste Redder, verander my status ewe skielik!

• Ewe skielik is ek gered!
• Ewe skielik is ek ‘n kind van God!
• Is my sondes voor God gekanselleer!

Dit net oor wat ons Here Jesus aan die kruis gedoen het en ons dit met geloof aanvaar het!

Is jy in Christus?

Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
Epos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in
te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar.


Unsubscribe

Malmesbury Advertising