In Sy goeie boekies

02-god-van-baie-kanseOns ken die uitdrukking: Om in iemand se goeie boekies te wees. Bv. om in die skoolhoof se goeie boekies te wees het vir ons as kinders op skool beteken, jy het guns by die skoolhoof.
Hy sal spesiale gunste aan ons bewys, omdat ons iets gedoen het wat dit verdien. Miskien het die eerste rugbyspan gewen tydens die interskole. Hy kan moontlik die skooldag verkort en die kinders afgee vir die res van die dag. As jy nou ‘n skoolkind wil “treat” dan is dit nou net die ding!

IN GOD SE GOEIE BOEKIES

Wil jy in God se goeie boekies wees? Dit kan voorwaar nie sleg wees nie! Wat kan mens doen om in God se goeie boekies te wees?

Die Jode het na Jesus gekom en ook begeer om in God se goeie boekies te wees en gevra (Joh. 6:28): “Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?”

ANV - "Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?"

CEV – “What exactly does God want us to do?"

GNB – “What can we do in order to do what God wants us to do?"

En dan kom Jesus met so ‘n eenvoudige antwoord – te eenvoudig vir hulle – nog steeds te eenvoudig vir die mens vandag. Die mense wil werk en presteer en iets groots doen om guns by God te verdien. Hoor wat antwoord Jesus: Joh. 6:29 - “Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.” D.w.s vir die mens om in God se goeie boekies te kom, om guns by God te hê, veral:
  • Die guns van vryspraak van sonde;
  • Sy kind te word;
  • Om hemel toe te gaan. Die antwoord: Geloof in Jesus!!!

  • Ø Geloof in Jesus dat dit Hý is wat vir jou sonde betaal het.
  • Ø Geloof in Jesus dat Hý in jou plek gesterf het op die kruishout.
  • Ø Geloof in Jesus dat Hý op die kruis jou sonde en siektes in Sy liggaam gedra het.

Doen die Jode dit toe? Aanvaar hulle dit toe met blydskap: “Dankie Jesus, U is die Een wat sou kom! Ons glo in U as ons Redder! Ons gaan U volg!” Nee, niks daarvan - net nog vrae en argumente ... Oor en oor moet Jesus dit vir hulle sê:

  • Joh. 6:40 – “Elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê”
  • Joh. 6:47 – “Wie in My glo, het die ewige lewe.”

Nou vra ek vir jou: Wanneer gaan jy jou argumente en slim vrae en siniese gesindheid en jou werke gerigtheid los en Jesus aanneem en die eerste tree agter Hom aan gee?

Epos Inval Gedagte Bediening

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

Malmesbury Advertising