EK twyfel in God

EK TWYFEL IN GOD

VRAAG

My vrou sukkel om swanger te word. Ons bid maar niks gebeur nie. Ek begin twyfel in God se bestaan. Kan jy my help?

MY ANTWOORD

Ek het bgrip vir jou twyfel, want kyk ons met die natuurlike oë na hierdie wêreld met al sy booshede en siektes en ellende, dan is daar vele kans om te twyfel. Ek kan nog meer vertel en byvoeg en vertel van my eie stryd en dinge waarmee ek en vele ander ook worstel. Dis nie net hierdie geslag maar dink maar aan die tyd van Paulus en waardeur hy moes gaan vir die Here se saak. Hy’s ook tereggestel (buite Bybelse gegewens). Dink aan die martelare …

Tog het hulle bly glo en God bly vertrou tot die einde. Geen wonder dat Paulus praat van: “Ek het die geloof behou.” (2 Tim. 4:7)

Johannes die Doper het in die gevangenis getwyfel en na Jesus gestuur: “Is U die Een / Messias of moet ons ‘n ander verwag?”

Ek pleit by jou om nie aanstoot te neem, omdat alles nie vir julle presies uitwerk nie. Ek het gekies om aan Jesus vas te hou ongeag wat, tot die einde.

Onthou hierdie wêreld is boos weens die sonde val. Gelukkig net tydelik. Hier sal ons verdrukking ervaar – vele tekste om dit te staaf.

  • Joh. 16:33 – “In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.”

By die dag van afrekening sal ons, die regverdiges, die ewige lewe beërf!!! Maar die ongelowiges, die ewige verderf. Kyk na 1 Kor. 15:19 – “As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.” Dis met rooi onderstreep in my Bybel.

Maar my vriend, ons kan steeds bid en God vertrou vir alles!!! Ek weet van gevalle waar mense nie kinders kon hê en daar is vir hulle gebid en toe skenk die Here vir die vrou swangerskap en die kindjie is gebore. Daar is 7 sulke gevalle in die Bybel. Ek persoonlik het vir ‘n paar sulke gevalle gebid en die Here het vir hulle kinders geskenk. Een swartman het in ons kerk in Vredendal kom getuig.

Mag die Heilige Gees jou weer optel en bemoedig in jou gees en help en bystaan.

DIE NADRAAI

Sy vrou het swanger geword en geboorte geskenk! God is goed en baie groot!

Piet Smit

073 447 2902
(K) 022-4872200

Epos  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën
wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in
te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar.

 

Unsubscribe

Malmesbury Advertising