Die mens so groot - so magteloos

02-god-van-baie-kanseJa, die mens – is darem slim! Die kroon van God se skepping word deur God in staat gestel om baie groot en wonderlike dinge te doen en te ontdek. Die kennis vermeerder teen 
‘n geweldige spoed en die een ontdekking lei net tot nog groter ontdekkings. Jy voel om te vra: Waar gaan dit heen? Die mens kan homself byna op die skouer klop vir al die verbysterende groot tegnologiese ontwikkelinge:
  • Die mens plant die eerste hart van ‘n skenker oor in die van ‘n ander sterwende mens en hy oorleef – dis amper vergete so lank gelede. (3 Des. 1967)
  • Die mens stuur ‘n ruimteskip na die maan en Neil Armstrong klim uit en loop daar rond en versamel materiaal en bring dit suksesvol terug aarde toe. Dis so lank gelede, meeste mense kan nie eens meer onthou watter jaar dit was nie. (21 Jul. 1969)
  • Satelliete deurklief die hemelruim en word gebruik om sein verspreiding te doen.
  • Daar is nie ‘n plekkie op aarde wat nie met Google Earth op internet in detail bekyk kan word nie.
  • Ons skryf feitlik nie meer briewe en pos dit nie – dis te stadig, te omslagtig en te outyds – ons stuur ‘n epos boodskap binne ‘n paar sekondes teen geringe koste.
  • Selle word gekloon en surrogaat moederskap is moontlik.
  • Mikrobiologie maak dit moontlik dat die mens tot in die kern van die menslike en dierlike en plant selle kan indring en die DNA van die sel kan bestudeer.
Die mens het ‘n hoogs ontwikkelde superwese geword wat in staat is om met sy fenomenale tegnologiese uitvindsels en ontdekkings die mees verbysterde dinge te vermag.

EN TOG ...

Een vulkaniese krater begin aktief as in die lug te blaas en ewe skielik staan die mens in al sy wysheid magteloos om die passasiersvliegtuie oor Europa die lug in te stuur en is miljoene mense gestrand en kan nie hulle bestemmings bereik nie.

Aardverwarming, weens die toedoen van die mens wat so slim is, bedreig die toekoms van die aarde en nog eens staan die mens radeloos met sy hare in sy hande.

Luk 21:25 - “En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, …’

Luk 21:26 - “en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom.”

Mag die radeloosheid en vrees elkeen weer dring om op te kyk na Hom wat alleen Almagtig is en in Wie se hand ons elkeen se asem is en Wie hom alleen kan red!

Epos Inval Gedagte Bediening

Piet Smit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook by http://www.facebook.com/group.php?gid=45835613272

Malmesbury Advertising