Die geknate boompie

Liewe Leser
Neem asb. kennis dat ek tot Woensdag op Piekenierskloof sal wees vir ons jaarlikse Pastore verryking en sal derhalwe nie vir u 'n boodskappie stuur nie.
Seënwense
Piet Smit

DIE GEKNAKTE BOOMPIE

'n Bergklim ervaring bly vir my altyd ‘n uitstaande gebeurtenis!. Dit is vir my in een woord net wonderlik! Die natuurskoon, die oefening, die gevoel van vryheid, die kameraadskap met die mede klimmers en die Here se grootsheid in die natuur, is iets wat nie met woorde beskryf kan word nie.

Een van die tonele bly my by. Daar is ‘n boompie wat iewers in tyd platgetrap is of seergekry het of miskien was daar ‘n rots daar oor. Gevolglik het dit gebuig net daar waar dit bo die grond verskyn. Toe het dit grondlangs, dwars oor die paadjie, verder gegroei. Maar aan die anderkant van die paadjie waar geen mense voete trap nie, het dit weer begin regop kom. Dit het my laat dink; ons word ook maar dikwels in die lewe platgetrap. Soveel voete wat oor ons trap en soos ‘n jong boompie knak ons langs die lewenspad.

Ek din  aan:

• Kinders op skool wat ‘n graad druip en ‘n jaar van hulle lewe moet herhaal.
• Of die verleentheid van ‘n ongewenste swangerskap.
• Of sommer net ‘n belediging en krenkende woord van iemand wat jou soos ‘n dwars klap tref.
• Depressie wat oor jou toesak soos die nag donkerte.
• Egskeiding.
• Jy verloor jou werk.
• Die verlies van ‘n geliefde deur die dood.
• Die beëindiging van ‘n kosbare vriendskap.

• Of in ‘n oomblik van swakheid en versoeking, val jy in sonde ...
Dit alles word verteenwoordig deur die prentjie van die gebuigde boompie daar bo teen Kasteelberg.

Hoe dikwels voel ‘n mens nie na sulke ervaringe:

• Dis verby met my!
• Ek sal nooit weer herstel nie!
• Uit hierdie ellende sal ek nooit weer kom nie!

Maar as ‘n boompie weer kan boontoe sei, dan is daar mos ook herstel vir my en vir jou! Miskien gaan jy tans deur ‘n donker wolk; wees net sterk o kind van God.

Nog‘n keer; as ‘n geknakte boompie kan boontoe groei, is daar ook herstel vir my en vir jou. ‘n Mens se liggaam en geestelike kant het ‘n natuurlike vermoë om weer te herstel met tyd. Maar benewens die natuurlike, as ons die Here aanroep, kom sy bonatuurlike krag in werking.

Staan op die belofte in Ps. 138:8 (NV) – “Die Here sal vir my alles goed laat afloop.”

MY GEBED VIR JOU

Here so dra ek elkeen aan U op wat deur die lewensomstandighede platgetrap en geknak is in die lewe. Rig U hulle weer op deur U genade en krag. Amen.

Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
Epos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in
te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar.


Unsubscribe

Malmesbury Advertising