Die een leraar en die een boek

02-god-van-baie-kanseDIE EEN LERAAR EN DIE EEN BOEK
(Japie Muller + Piet Smit)
As mense die Een Leraar sal aanvaar - en die een waarheid van die Woord hul eie maak, sal daar o.a. nie die behoefte bestaan om vir hulle ‘n menigte leraars te versamel volgens hulle eie begeerlikhede nie.

2 Tim. 4:3 – Want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede.”

Vandag is dit hierdie wonderlike leraar en hierdie wonderlike kerk en net môre dan is dieselfde leraar en dieselfde kerk nie meer goed genoeg nie en is dit weer ‘n ander wonderlike ...

LW: Paulus sê dis 'n "gesonde leer." Bly maar by die Een Leraar en die een Boek en jy is besig met die gesonde leer. 'n Mens kan nooit geestelik "hoër" leef as jou kennis, aanvaarding, belewenis en uitleef  van die Woord nie.

Laat my so dink aan Leon Goosen se lied:

1.      Oral in die kerke sit die mense

         Besig om aan godsdiens vas te klou ...

3.      Ons luister na die een preek na die ander.

         Van die een kerk na ‘n ander val ons rond.

In plaas daarvan dat ons na Jesus luister,

Val die saad in klipperige grond.

Ek kom net weer agter, nadat die Springbokke Sondag teen Australië verloor het, die mense se kennis van skeidsregters, hul kennis van die spelers om nie te praat van hul kennis van rugby nie ...

Die oortuiging waarmee hulle praat, en met soveel vrymoedigheid - in kantore, op die sypaadjies, op die straathoeke, by die vulstasies, in besigheidsplekke - maak nie saak wie hulle hoor nie en wat ander mense se opinies is nie - ek meen daar is rugby herlewing in hierdie land!! As daar 'n verbod moet kom om nie oor rugby te praat nie, sal jy sien hoeveel rugby-martelare daar sal wees!

VRAAG:

Wanneer gaan ons kom by die plek dat ons so vasklou aan die Een Leraar en die een Boek dat ons, ons nie sal laat beweeg van al die dwalinge en nuwe geite en giere en eerder oor Jesus en Sy Woord met entoesiasme sal praat en bereid sal wees om daarvoor as martelare te sterf?

PietSmit 
073 447 2902
(K) 022-4872200
This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.
Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar. Besoek AGS Corpus Christi Malmesbury op Facebook

Malmesbury Advertising