DIE BOODSKAP VAN DR. WOUTER BASSON

DIE BOODSKAP VAN DR. WOUTER BASSON

‘n Tyd gelede moes ek ‘n boodskappie bring by ‘n groot aand geleentheid van Kaap Agri. My gedagte was om net die boodskappie te bring en dan weer pad te gee weens baie werk.

Maar daar gekom, verneem ek wie is die spesiale spreker van die aand. Niemand anders as die veel besproke dr. Wouter Basson. Net daar besluit ek om te bly en te luister. Wat ‘n goei spreker met ‘n briljante brein. Die gehoor het letterlik aan sy lippe vir ‘n uur en langer gehang.

Hy was destyds die hoof van die chemiese oorlogvoering van die ou S.A. Hy is na Amerika gestuur onder die dekmantel dat hy ‘n asielsoeker is wat probeer om weermag opleiding te ontdduik, om hulle geheime rondom chemiese oorlogvoering uit te vind. Terug in S.A. en hy word Rusland toe gestuur onder dieselfde vermomming dat hy ‘n asielsoeker is wat weermag opleding in S.A. probeer ontduik. Weereens is hy suksesvol met al hulle geheime terug in S.A. Laat 'n mens aan James Bond dink.

Na 1994 het hy geweier om amnestie te aanvaar, omdat hy beweer dat hy het niks verkeerd gedoen nie. Hy het net opdragte uitgevoer en geen mense dood gemaak nie. Maar dit het beteken dat hy vir 25 jaar in die hof vervolg is. Hy was selfs 2 keer in die tronk.

Hy praat toe die aand met sy gehoor oor konflik- en streshantering wat hy vir die afgelope 25 jaar aan sy lyf gevoel het.

SY BOODSKAP:

  1. Jy Moet Goed Voel Oor Jou Lyf

D.w.s jy moet genoeg oefening kry. Dis goed vir jou in elke opsig. Hy sê nuutste navorsing toon dit stimuleer die brein wat Alzheimer teenwerk. As jy fiks is kan jy soveel beter en langer konsentreer. In die hof is jy jou opponete een voor, wanneer dit laat raak en almal is moeg. (Rom. 12:1. Teksverse deur myself ingesit)

  1.  Jy Moet Nie Haat Nie

Dit maak dat jy nie kan reguit en nugter dink nie. Jou hele gedagte wêreld draai om die persone wat jou te nagekom het en jy loop later met bitterheid en onvergewens gesindheid. Jy kan geen logiese planne maak nie, so vasgevang is jy in haat en vergeldingsplanne. Vergewe, spreek vry, sit dit agter jou en gaan aan met jou lewe. (Kol. 3:13)

  1. Jy Gee ‘N Saak Net Een Keer Vir God

Daarna los jy dit. Jy praat nie weer daaroor nie. Jy vertel dit nie eens vir ander nie. Jy vergeet daarvan. Maar na verloop van tyd, as jy net weer sien, is die saak reg en het dit gebeur, want God is so groot en so magtig en is die Hoorder van gebed. (Ps. 65:3)

GEBED

O Here ek aanbid U as my God! In Christus het daar vir my redding gekom. Amen.

Piet Smit

073 447 2902
(K) 022-4872200

Epos  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën
wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in
te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar.

 

Unsubscribe

More in this category: « Vyande (2) WAARHEEN (!) »