BERGKLIM ONTBYT: LAER GROT

BERGKLIM ONTBYT: LAER GROT
(Saterdag 19 Oktober 2019)

Hierdie is die laaste oproep en herinnering:

Ons wil DV Saterdag die 19de Oktober 2019, weer gaan bergklim op Kasteelberg tot by die Laer Grot en daar ontbyt eet. Dit vind plaas op die plaas Kloovenburg. Mnr. Pieter du Toit het my toestemming vergun om ‘n groep op te neem. (Nie toelaatbaar vir publiek.) Ons beweeg langs ‘n stroompie onder bome op en swaai dan teen ‘n roete op langs die krans na ons bestemming. Hierdie laaste gedeelte is nogal steil en vereis dat jy sal fiks wees. Maar dis vir my elke keer ‘n asemrowende belewenis! Ons behoort die middag weer by die huis te wees.

VERTREK TYD: 06:30 Saterdagoggend 9 September 2017 (Dan is ons klaar oorgepak en gebid – daag dus voor 06:30 op asb.) Moenie laat wees nie asb. (sonsopkoms 06:00)

 

VERTREK VANAF: Die AGS Vriend van God Malmesbury (Baroccastr. 19)

NEEM SAAM:
• Eie ontbyt en ‘n half liter water. Die maklikste is wors en ‘n braai broodjie wat ons bo kan braai. Mense het selfs al eiers bo-op die berg gebak. Ek sal sorg vir die rooster / roosters. Ons maak koffie bo op die berg. Neem jou eie goedjies daarvoor saam asb. Dis die lekkerste ontbyt, wanneer ons terugsit en daar van bo, oor die asemrowende vallei, tuur. Nie die beste restaurant het daardie uitsig nie!
• Tekkies of goeie stap skoene
• Langbroek (losserig – ‘n stywe denim is baie ongemaklik) en moue afgerol vir bosse wat krap. Dames wat ‘n kousbroek verkies, is welkom om so te doen.
• Hoed vir die son + sonskerm, sou die son warm wees.
• Mens weet nooit wat die weer kan maak nie. Iets warms vir die ingeval ...
• Handskoene is altyd ‘n hulp.
• Insekwerende olie of aanspuitmiddel
• Kleinerige rugsak
• Toilet papier.

OPSIONEEL:
• Verkyker
• Kamera

NEEM KENNIS:
Ons ry per voertuig (eie vervoer) vanaf die kerk tot by die plek waar die staptog begin en ons parkeer die motors binne die kamp van die pompkamer (naby Kloovenburg se opstal), buite sig van verbygaande verkeer. Daar begin die staptog.

Kom met ‘n mooi gesindheid teenoor mens en die natuur! Geen ander vure, rook of rommel strooi, alkohol of verdowingsmiddels of musiek nie. Ons beweeg as ‘n groep – niemand gaan vooruit of kom agterna nie. Hierdie reël moet baie streng toegepas word. Ons wil dit geniet, maar terselfdertyd is veiligheid ‘n hoë prioriteit en staan almal onder die besluite van die leier. Daar kan net een leier wees. Indien jy nie kans sien nie, is jy nie welkom nie.

Indien baie mense wil saam gaan, kan ons in kleiner groepies opdeel wat saam beweeg.
Kontak my asb. so gou doenlik as jy wil saamgaan, sodat ons kan beplan rondom die vervoer vir die wat nie vervoer het nie.

Noodhulp toerusting sal beskikbaar wees.

Navrae: Piet Smit by 073 447 290