Verkwalik nie die Here nie (1)

VERKWALIK NIE DIE HERE NIE (1)

Hongersnood tref die land van Israel in die tyd van die Rigters en ‘n vrou met die naam van Naomi en haar man Elimeleg en hulle twee seuns Giljon en Maglon, besluit om na die land van Moab te gaan. Daar trou die seuns met twee heidense vroue. In die tyd, sterf haar man en die twee seuns.

Uiteindelik breek die einde van die hongersnood aan in Israel en Naomi besluit om terug te gaan na haar land van oorsprong met haar een skoondogter, nl. Rut.

Haar toestand was glad nie goed nie:

• Maar man het gesterf.
• Haar twee seuns is dood.
• Sy moes sleg gelyk het van verwaarlosing (Rig. 1:19).
• Net een skoondogter is by haar.
• Sy verloor haar grond.
• Sy was soos ‘n slaaf in Israel.
• Die lewe het nie vir haar uitgewerk nie.
• Sy was in ‘n toestand van depressie n.a.v. haar uitsprake (Rig. 1:13, 20, 21).

Dan begin sy die Here te verkwalik en blameer vir alles wat verkeerd geloop het in haar lewe:

• In Rut 1:13 sê sy dat die hand van die Here is teen haar uitgestrek.
• In Rut. 1:20 beweer sy dat die Almagtige, haar baie bitterheid aangedoen het.
• In vers 21 verklaar sy dat alhoewel sy vol weggetrek het, is dit die Here se skuld dat sy leeg teruggekeer het. Sy sê, dis deur God se toedoen dat sy soveel kwaad aangedoen is.

Vele doen vandag ook dieselfde. Laat dinge net verkeerd loop, dan hoor ons:

• Waar was die Here?
• Kon die Here dan nie gekeer het nie?
• Hoekom het die Here dit toegelaat?

Maar kyk ons na Naomi se verhaal dan kan ons ook vra: Wie het besluit om weg te trek uit Israel? Die Here het haar nie beveel nie en sy het nie die Here geraadpleeg nie. Sy het self besluit. Die land Israel was haar grond gebied waar Sy die Here moes vertrou het. Ons lees nie van een persoon wat gesterf het in Israel tydens die hongersnood nie. Haar besluit was een groot fout. Sy moes eerder die Here geraadpleeg het.

GEBED

Here, bewaar my van besluite wat nie uit U is nie en om U dan te blameer wanneer dinge nie uitwerk nie. Amen.

Piet Smit
073 447 2902
(K) 022-4872200
Epos This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Elke vraag / respons sal vertroulik hanteer word. As jy voel hierdie boodskappe kan vir ander tot seën 
wees, voel vry om dit aan hulle te stuur en moedig hulle aan om persoonlik in
te teken op hierdie gratis bediening. Engelse vertalings is ook beskikbaar.

Unsubscribe